Geen Suid-Afrikaanse duif was onder die tien voorste duiwe in die Miljoendollar-duiwewedvlug wat Saterdag plaasgevind het nie. Tweeduisendvierhonderd duiwe is Saterdagoggend vroeg naby Hopetown losgelaat om vir hulle eienaars 'n deel van die miljoendollar los te vlieg tot in Linbropark in Johannesburg. Die eienaars het hulle duiwe se tuiskoms op 'n groot skerm by die Hyatt Hotel in Sandton dopgehou, sê Martin Beneke van die Beneke Konsortium.