Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,397 episodes available.
July 07, 2021Monitor 7 Julie 2021 - Deel 2Die Afrika-staatsman, dr. Kenneth Kaunda, se dood laat ons terugdink aan sy geskiedkundige ontmoeting met die Suid-Afrikaanse eerste minister, John Vorster, in 1975. Nuwe wetgewing word binnekort in Noorweë van krag, wat bepaal dat jy enige manipulering van sosiale media-beelde of foto's moet verklaar....more42minPlay
July 07, 2021Monitor 7 Julie 2021 - Deel 1Jesse Duarte van die ANC klap die sweep oor mededingende faksies in die party. Gauteng se provinsiale tesourie verloor meer as R6-miljoen se belastingbetalersgeld weens 'n foutiewe transaksie met Microsoft. Die sanger André Schwartz skryf 'n liedjie oor sy noue ontkoming met Covid-19....more40minPlay
July 06, 2021Monitor 6 Julie 2021 - Deel 2Nuwe navorsing wys dat Ivermektien nie Covid-19-pasiënte uit die hospitaal hou nie. Nog kinderontvoerings in Nigerië....more43minPlay
July 06, 2021Monitor 6 Julie 2021 - Deel 1Optrede gevra teen ondersteuners van oudpresident Zuma, wat Vlak 4-inperkingsregulasies blatant oortree. Die net span stywer om die Guptas....more40minPlay
July 05, 2021Monitor 5 Julie 2021 - Deel 2Oudpresident Jacob Zuma probeer sy vonnis tot tronkstraf met nog 'n regsaksie verydel. Ons berig oor die rekord hoë temperature wat in die VSA en Kanada beleef word....more45minPlay
July 05, 2021Monitor 5 Julie 2021 - Deel 1Oudpresident Jacob Zuma hou vol dat hy die oppergesag van die reg respekteer. Ons praat met die singende dokter, Wilhelm Lichtenberg, oor 'n roerende brief wat hy oor sy vrou se Covid-siekte geskryf het....more36minPlay
July 02, 2021Monitor 2 Julie 2021 - Deel 2Daar is kommer oor die beskikbaarheid van Covid-19-toetse in Gauteng. Die kunste word nog ‘n vuishou toegedien met die jongste inperkingsregulasies. In Manilla het die Taal-vulkaan uitgebars. ‘n Standbeeld om prinses Diana te vereer, is onthul. Ons vra hoe die Chinese president se stelling geïnterpreteer moet word dat diegene wat die land bedreig, se koppe teen ‘n muur van staal vermorsel sal word....more44minPlay
July 02, 2021Monitor 2 Julie 2021 - Deel 1D-dag sluip nader vir oudpresident Jacob Zuma om homself oor te gee aan die polisie, maar sy ondersteuners wil niks hiervan weet nie en dreig selfs met oorlogvoering. Kenners meen die Openbare Beskermer se dae is getel. Die belastingindiening-seisoen vir individue en trusts het gister geopen. In Johannesburg sit verskeie inwoners van Westdene bykans 'n week lank sonder elektrisiteit. 'n DA-raadslid meen dis weens 'n gebrek aan die opgradering van infrastruktuur in die stad se voorstede. ‘n Padvervoer- en –verkeerskonsultant meen nie die AARTO-wetgewing wat gister in werking getree het, is 'n geldmaakfoefie nie....more43minPlay
July 01, 2021Monitor 1 Julie 2021 - Deel 2Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting tree vandag in werking om onder meer die gebruik van mense se persoonlike inliting te reguleer. Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, ontken dat die regering roekeloos was deur nie vlugte van Indië te keer om die Delta-variant van die Coronavirus na Suid-Afrika te bring nie....more43minPlay
July 01, 2021Monitor 1 Julie 2021 - Deel 1Die Openbare Beskermer steun die minderheidsuitspraak oor oudpresident Jacob Zuma in die Konstitusionele Hof. Die AARTO-wet oor verkeersoortredings tree vandag in werking - of dalk nie....more45minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,397 episodes available.