Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,537 episodes available.
February 03, 2021Monitor 3 Februarie 2021 - Deel 1Die wynprodusente-organisasie, VinPro, gaan voort met regstappe teen die regering. Intussen het die Biervereniging van Suid-Afrika die gedeeltelike opheffing van drankverbod verwelkom. Die DA woordvoerder vir watersake in die Mangaung Metro, Rossouw Botes, sê die aanhoudende gebrek aan waterdienslewering duur voort in weerwil van goeie reën. Ons kyk na die benoemings vir die Nobelprys vir Vrede en hoe dié proses werk....more44minPlay
February 02, 2021Monitor 2 Februarie 2021 - Deel 2Die president verslap sekere Vlak 3-regulasies. Ons praat breedvoerig hieroor met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Ons het die jongste nuus oor die gebeure by die Zondo-kommissie....more39minPlay
February 02, 2021Monitor 2 Februarie 2021 - Deel 1Die eerste besending coronavirus-entstof daag op. Solidariteit Helpende Hand stel R43-miljoen beskikbaar aan Afrikaanse studente....more41minPlay
February 01, 2021Monitor 1 Februarie 2021 - Deel 2Agri Noord-Kaap waarsku dat oorvol damme in die provinsie tot oorstromings kan lei. Die eerste besending van die AstraZeneca/Oxford Universiteit entstof sal vanmiddag in die land aankom. Ons praat hieroor met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. Pieter van den Berg bespreek die afgelope naweek se sport....more46minPlay
February 01, 2021Monitor 1 Februarie 2021 - Deel 1Die premier van Noordwes, Job Mokgoro, sê hy het nog nie 'n skorsingsbrief van die ANC se tussentydse provinsiale komitee ontvang nie. 'n Kenner sê die kriminalisering van die verspreiding van vals nuus, sal nie die verspreiding daarvan keer nie. Groot getalle mense betoog teen die sluiting van strande in Kaapstad. Vyf matriekleerlinge reis na Antarktika vir 'n opvoedkundige avontuur....more43minPlay
January 29, 2021Monitor 29 Januarie 2021 - Deel 2Ons praat met 'n politieke ontleder oor die hofbevel dat oudpresident Zuma voor die Staatskapingskommissie moet verskyn. Te midde van baie reën, kan 'n waterskaarste in die land ontstaan. Leon van Nierop resenseer 'n dokumentêr oor die opgang en val van Tiger Woods....more41minPlay
January 29, 2021Monitor 29 Januarie 2021 - Deel 1'n Drukgroep sê die regering skryf misdaad verkeerdelik toe aan die publiek wat wapens besit. Suid-Afrika se vroue krieketspan pak Pakistan vanmiddag....more39minPlay
January 28, 2021Monitor 28 Januarie 2021 - Deel 2Die reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte gaan 'n proses bestuur vir toegang tot die middel Ivermektien vir menslike gebruik in beheerde omstandighede om Covid-19 te behandel. Die godsdienstige organisasie, Freedom of Religion South Africa, vra die hof om die verbod op godsdienstige byeenkomste op te hef. 'n Studie is begin om die volhoubaarheid van mariene ekotoerisme te bepaal. Wat is 'n langboomlys, en hoe stel jy dit saam?...more45minPlay
January 28, 2021Monitor 28 Januarie 2021 - Deel 1Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, versoek dat Vlak 3 inperkingsmaatreëls verslap moet word. Die Kaapstad Metro vra inwoners om alternatiewe maniere te oorweeg om hulle geliefdes te begrawe. 'n Ongeïdentifiseerde getuie by die Staatskapingskommissie, wat as Me. K bekendstaan, onthul dat die Staatsveiligheidsagentskap 'n parallelle privaat sekuriteitsdiens vir die persoonlike gebruik van oudpresident Jacob Zuma in werking gestel het. Die Vryheidsfront Plus gaan 'n klag by die Openbare Beskermer indien nadat die Gautengse onderwysdepartement miljoene rand bestee vir die ontsmetting van skole....more41minPlay
January 27, 2021Monitor 27 Januarie 2021 - Deel 2President Cyril Ramaphosa pleit by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, vir 'n meer regverdige verspreiding van Covid-19-entstof. 'n Toetslopie in die gebruik van 'n nuwe reddingskapsule by mynskagte, word suksesvol in Suid-Afrika uitgevoer....more45minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,537 episodes available.