Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,578 episodes available.
March 10, 2021Monitor 10 Maart 2021 - Deel 2Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk het verlede jaar in vergelyking met 2019, met sewe persent gedaal. Die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, sê reisgers soek meer unieke en volhoubare ervarings, en as vakansies in die buitelug. Ons vind uit hoe vorder die inisiatief van South Africa Day om dorpe en plekke dwarsoor Suid-Afrika te vernuwe....more45minPlay
March 10, 2021Monitor 10 Maart 2021 - Deel 1Nuwe wysigings aan die Kieswet kom onder die soeklig in die parlement. Anelia Dodd verbonde aan die Universiteit van Limpopo se Departement Handelsreg gee raad oor wat mense se opsies is indien jy finansieel of andersins seer gekry het weens die swak toestand van paaie. Ons praat met 'n afgetrede siviele ingenieur oor hoe om 'n slaggat reg te maak....more39minPlay
March 09, 2021Monitor 9 Maart 2021 - Deel 2Meer as 'n honderd krokodille is nog soek nadat hulle in die Hazyview-omgewing in Mpumalanga ontsnap het. Bykans 100 mense word in Kaapstad weens onwettige straatrenne in hegtenis geneem....more44minPlay
March 09, 2021Monitor 9 Maart 2021 - Deel 1'n Verslag oor seksuele oortredings in die weermag dui op 'n kultuur van ligte vonnisse en 'n onvriendelike slagofferomgewing. Die Verenigde Nasies gaan Suid-Afrika help om die groot agterstand van asielaansoeke teen 2024 uit te wis....more41minPlay
March 08, 2021Monitor 8 Maart - Deel 2Reaksie op SANRAL se waarskuwing aan motoriste dat hulle nie hulle voertuiglisensies sal kan hernu as hulle uitstaande e-tolskuld het nie. Die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se vroueorganisasie, dr. Phumzile Mlambo-Ngucka, meen spesiale kwotas moet ingestel word om die aantal vroue in leierskapposisies te vermeerder. Die hertog en hertogin van Sussex se omstrede onderhoud met Oprah Winfrey is in Amerika uitgesaai. Verskeie opposisiepartye in die parlement dring daarop aan dat die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, uit haar amp verwyder word....more46minPlay
March 08, 2021Monitor 8 Maart - Deel 1Verskeie universiteite begin met die registrasie van studente vir die 2021 akademiese jaar. Ons bespreek Pous Franciscus se geskiedkundige besoek aan Irak. Durban het die helfte minder besoekers in die 2020 feesseisoen gehad vergeleke met 2019. Die VN se Hoëkommisaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na die moord op honderde burgers in Ethiopië se Tigraystreek....more40minPlay
March 05, 2021Monitor 5 Maart 2021 - Deel 2Suid-Afrikaanse mediese praktisyns kla hulle word geintimideer deur die mediese skema, DISCOVERY, weens die beweerde wangebruik van mediese terapeutiese kodes. Marienebioloë is opgewonde oor haaie wat in die donker gloei....more47minPlay
March 05, 2021Monitor 5 Maart 2021 - Deel 1Solidariteit kry 'n lasbrief om op die wapenvervaardiger, Denel, se bates beslag te lê. 'n Ooreenkoms om skooluniforms goedkoper te maak, word wyd verwelkom. Opposisiepartye in die Johannesburg Metroraad eis 'n ondersoek na die bedanking van die stadsbestuurder, Ndivo Lukwareni....more42minPlay
March 04, 2021Monitor 4 Maart 2021 - Deel 2Nuwe navorsing wys dat mense wat die coronavirusvariant, 501Y.V2, opgedoen het, 'n vlak van immuniteit daarteen ontwikkel het. Ons praat met prof. Tess van der Merwe oor Wêreld ObesiteitsdDag en die jongste navorsing. 'n Platform is bekendgestel wat daarop gemik is om enige verdagte werksplasing na te gaan, om seker te maak dit is nie vals nie....more46minPlay
March 04, 2021Monitor 4 Maart 2021 - Deel 1SKOOR gaan bewerings van rassisme teen Eskom se bestuurshoof ondersoek. Meer as 450 leerlinge in Eerste Rivier in Kaapstad, ontvang onderrig op 'n veld langs Ou Faureweg. En Human Rights Watch is min beïndruk met die Turkse president se lang verwagte Menseregte Plan van Aksie....more41minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,578 episodes available.