'n Ope brief aan die president om dringend die onderbefondsing van skuilings vir mishandelde vroue te hanteer.; Sakeliga versoek dat die regering vlak twee inperkingsregulasies moet wysig.; Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het bekendgemaak dat Suid-Afrika se padverkeerswetgewing hersien word, om die toegelate bloedalkoholvlak tot 0% te verlaag.; Die parlementslid, Floyd Shivambu, het 'n wetsontwerp ter tafel gelê om die Suid-Afrikaanse Reserwebank te nasionaliseer.; en die Universiteit van Pretoria het 'n kommunikasie hulpmiddel ontwikkel wat gestremde mense sal help om in 'n hof te getuig.