'n Internasionale navorsingspan het twee aardagtige planete, wat om 'n nabygeleë ster wentel, ontdek. Die ster, waarom twee moontlik bewoonbare planete wentel, is 12 ligjare van die aarde af. Wetenskaplikes glo die twee planete is in die perfekte sone om water op hul vermoedelik rotsagtige oppervlaktes te laat vloei en poele vorm. Annelu le Roux doen verslag...
Die San-gemeenskap van Smidtsdrift in die Noord-Kaap gaan voort om in die wildernis te woon. Die groep het besluit om nie te trek met die res van die gemeenskap na Platfontein, toe die anders in 2003 verskuif was nie. Hulle het besluit om eerder agter te bly. Sedertdien woon hulle in armoede. Sommige inwoners bly nou in 'n saal, terwyl ander in tente leef. Bert Katjorro doen verslag.
Monitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde.
In vandag se Fliekrubriek kyk Leon van Nierop onder andere na een van die wêreld se mees geliefde animasiereekse, Toy Story, waarvan daar nou 'n vierde aflewering is.
Suid-Afrika se ambassadeur in Kopenhagen, Zindzi Mandela, het deur haar beweerde rassistiese uitlatings op Twitter, ernstige vrae gelaat oor of sy hoegenaamd vir haar pos geskik is. Trouens, in sekere Suid-Afrikaanse kringe word haar kop ge-eis. Anita Visser het hierdie verslag saamgestel en met 'n kenner oor die saak gepraat.
Terwyl die debat oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank hierdie week nog opslae gemaak het na aanleiding van Ace Magashule se stelling dat die bank se mandaat uitgebrei gaan word om op werkskepping te fokus, is daar ook 'n debat in Brittanje aan die gang oor die land se sentrale bank. Die gonswoorde in Londen is "quantitative easing" - in Afrikaans vertaal as kwantitatiewe verruiming. Anita Visser het met die hoofekonoom by die Efficient-groep, Dawie Roodt, gepraat.
Die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika het bevind dat werkskeppingsprogramme wel jongmense help om werk kry. Dit word as bemoedigend beskou, veral gesien in die lig van die onlangse inkrimping van die ekonomie. Metzi van der Merwe doen verslag.
Identiteitsbedrog deur middel van E-posse het vanjaar met 62 persent toegeneem. Dit is die bevindings vervat in die maatskappy Mimecast se jongste kuber sekuriteitsverslag. Heino Gevers van Mimecast sê 88 persent van die respondente wat aan die navorsing deelgeneem het, het aangedui dat hulle inligting al op 'n slinkse manier in die kuberruim gesteel is..
Geoloë het die grootste ondersese vulkaan naby die eiland Mayotte in die Indiese Oseaan gevind. Die deursnit van die vulkaan is sowat 5 kilometer. In November verlede jaar was daar seismiese aktiwiteit in die omgewing en nou glo wetenskaplikes dit was die geboorte van die ondersese vulkaan. Jean Esterhuizen doen verslag.
5 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.