Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Vandag is dit wêreldbevolkingsdag, die dertigste viering van die dag, wat in 1989 geloods is, toe die aarde maar net vyf miljard mense gehad het. Vandag staan daardie syfer op 7,7 miljard. En om dit in 'n historiese konteks te plaas - slegs een eeu gelede, was daar maar net een komma nege miljard aardbewoners. Volgens vooruitskouings van die Verenigde Nasies, sal ons teen die jaar 2100 10,9 miljard mense wees. Vir meer oor hoe dit ons afstammelinge gaan raak, het Anita Visser met Doris Viljoen van die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Toekomskunde, asook die filosoof, professor Anton van Niekerk, verbonde aan dieselde universiteit gepraat.
    18 min
  • Monitor
    Die tweede bydrae in 'n reeks van twee oor die langdurige droogte wat boere van Sutherland en die res van die Karoo nou al vir jare in 'n wurggreep het. Izak du Plessis het Sutherland besoek om uit te vind wat die impak van so 'n droogte op die boere is.
    14 min
  • Monitor
    'n Besliste plan om 'n oplossing vir die kwessie van bendegeweld te vind sal na verwagting deur die veiligheidsgroepering van die kabinet bespreek word. Ten minste elf mense is die afgelope naweek in Philippi-Oos vermoor. Twee ander is in Hanover Park op die Kaapse Vlakte dood. Anita Visser het met die DA se woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz, en Lucinda Evans, die voorsitter van die Mitchellsplein gemeenskapspolisiëringsforum gepraat. Maar eers, hierdie verslag van Carmel Loggenberg Roberts.
    18 min
  • Monitor
    'n Knellende droogte het Karooboere in 'n wurggreep beet. Veeboere van Sutherland beskou dit as die langste droogte wat hulle ken. Izak du Plessis was op Sutherland om uit te vind watter sielkundige impak die langdurige droogte op boere en die gemeenskap het.
    16 min
  • Monitor
    President Donald Trump was die ENIGSTE van die G-20 leiers by die onlangse OSAKA beraad, wat WEIER om hom te verbind tot die stryd teen klimaats verandering. Trouens, by DIE beraad in Japan, was die Amerikaanse president boonop besig om druk te plaas op leiers van Brasilie, Turkye, Australie en SAUDI ARABIE om die Parys ooreenkoms te ignoreer. Dit alles was onder bespreking in Hamburg, Duitsland, van waar professor Francois Engelbrecht, klimaatkundige aan WITS UNIVERSITEIT, die naweek terug gekeer het.
    21 min
  • Monitor
    Leon van Nierop herstel nog na hy saam met Spiderman tussen geboue deur kerjakker het.
    5 min
  • Monitor
    Die droogte in die Kalahari het 'n skaapboer gedwing om 'n ander manier te vind om aan die lewe te bly. Hans Knoesen het na drie seisoene se min of geen reên, besluit die trop wilde kamele wat op sy plaas rondhardloop en amok maak, kan 'n bron van inkomste wees. Hy het sy navorsing gedoen en besef dat kameelmelk die antwoord op sy probleme kan wees. Anita Visser het met hom gepraat...
    6 min
  • Monitor
    Die Solidariteit-beweging het die aanvaarding van ʼn mosie oor grondonteiening in Suid-Afrika deur die Nederlandse parlement verwelkom. Die mosie spreek hom sterk uit teen die stappe wat geneem word om die onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika moontlik te maak. Anita Visser praat met Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans.
    4 min
  • Monitor
    Al gehoor van 'n Thana-toeris? Dis is een van die nuwe woorde wat in die eerste Suid-Afrikaanse toerisme woordeboek opgeneem is. Dit is saamgestel deur die Nasionale Direkteur van 'n nie-winsgewende organisasie vir toerisme in Suid-Afrika, Elsabe Engelbrecht.
    4 min
  • Monitor
    'n Waterskeiding-beslissing is onlangs in die Johannesburgse Arbeidshof gelewer, wat werkgewers twee keer sal laat dink oor hul opsies rakend die bedanking van werknemers, wat dissiplinêre verhore in die gesig staar. Johan Olivier van die regsfirma, WEBBER WENTZEL, het aan MONITOR verduidelik hoekom DIE beslissing so belangrik is:
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners