Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Kleinsee aan die Noord-Kaapse Weskus loop deur onder onwettige delwers. So sê die inwoners van die dorpie wat voorheen aan die diamantmaatskappy De Beers behoort het. Dit het so erg geword dat duisende delwers verlede jaar op die dorp toegesak het. Izak du Plessis het die dorp besoek en die verslag saamgestel.
    11 min
  • Monitor
    President Cyril Ramaphosa sê hy gaan dringend die howe nader om die bevindings van die Openbare Beskermer se verslag oor hom, te hersien. Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind dat Ramaphosa die parlement doelbewus mislei en sy uitvoerende etiek geskend het toe hy 'n vraag oor 'n skenking van 500-duisend rand van Bosasa vir sy 2017 presidensiële veldtog, beantwoord het. Sy het ook aanbeveel die president se veldtog moet ondersoek word vir moontlike geldwassery. President Ramaphosa het aanvanklik gesê die geld is aan sy seun betaal vir werk wat hy gedoen het, maar het later gesê dit is sonder sy medewete vir sy presidensiële veldtog geskenk. Liela Magnus doen verslag ....
    23 min
  • Monitor
    Die Spaanse tennisspeler, Roberto Agut, het sy ramparty gereël tydens die halfeindstryd op Wimbledon - maar toe moes hy self in een van die halfeindstryde speel! Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat daarom oor ramparty en ander ram-woorde.
    3 min
  • Monitor
    More is die vyftigste herdenking van die maan landing. Trouens, die wêreld se oe was op 16 JULIE 1969 al gerig op die John F Kennedy lanserings platform 39 A, in Florida, waar die Saturnus 5 vuurpyl, die moederskip, COLUMBIA, die lug in sou stuur. Die EERSTE fase van Apollo 11 se maan reis het begin. MONITOR het met die hulp van Ntokozo Khanyile van die SAUK se klank argief, Monica van Deventer van die SAUK se KOERANT argief en die produksie regisseur, Ditron GODFREY die volgende verslag saam gestel:
    11 min
  • Monitor
    Ons bly by die MAAN landing, wat more 50 jaar gelede plaas gevind het, toe Neil Armstrong die EERSTE mens geword het om op die maan te loop. 20 minute na Armstrong, het Buzz Aldrin DIESELFDE gedoen. Wat MIN Suid-Afrikaners egter weet, is dat PLAASLIKE ingenieurs op n manier betrokke was by die Amerikaanse ruimte agentskap, NASA, se VOORBEREIDINGS om op die maan te land. Wyle George oftewel MONTY Pratley was n ingenieur van Krugersdorp, wat PRATLEY GOM ontwikkel het - DIE gom was dan ook deel van ander RUIMTE sendings, soos wat Pratley se kleinseun, ANDREW, gister aan MONITOR vertel het:
    3 min
  • Monitor
    Steeds by môre se historiese maanlanding - ons sluit aan by MONITOR se vorige storie oor Pratley stopverf. Die Munt gaan die Suid-Afrikaanse konneksie met NASA herdenk en vir meer daaroor, praat ons nou met Richard Stone, produk bestuurder by die MUNT:
    4 min
  • Monitor
    Die mense wat hom en sy span te nagekom het, gaan aan die pen ry. So sê die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal Johan Booysen. Booysen en sy eenheid van Cato Manor is sewe jaar gelede aangekla van rampokkery en 'n rits ander aanklagte. Die aanklagte was die gevolg van politieke inmenging. Die aanklagte word vandag teruggetrek en ander word terugverwys vir ondersoek. Dit bring 'n einde aan 'n swaard wat sewe jaar lank oor Booysen se kop gehang het. Hy het in 'n eksklusiewe onderhoud met Izak du Plessis vertel hoe die saak hom en sy gesin emosioneel geraak het.
    11 min
  • Monitor
    Oud-president Jacob Zuma kry hierdie week die geleentheid om op bewerings van korrupsie te reageer wat teen hom by die Zondo Kommissie van Ondersoek na Staatskaping gemaak is. Volgens sy regspan ontken Zuma al die bewerings, en beskou dit as 'n poging om hom te verneder. Anita Visser het met die strafregkenner, professor Llewellyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria, gepraat.
    7 min
  • Monitor
    Die SAUK sal binne die volgende tien dae tussentydse verligting van die regering ontvang, en sal die balans binne 45 dae kry. Dit is deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Stella Ndabeni-Abrahams, aangekondig toe sy haar begrotingsrede gedoen het. Die platsak openbare uitsaaier sukkel steeds om 'n regeringswaarborg te kry, wat sal toelaat dat hy geld van kommersiële banke kan leen. Annelu le Roux doen verslag.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners