Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Amnestie Internasionaal het met die #SignTheSmileOff-veldtog begin om druk op die regering uit te oefen om die onderwysstelsel reg te ruk. Die glimlag moet van oud-Eerste Minister Hendrik Verwoerd se gesig gevee word omdat die stelsel swak resultate lewer. Die lede van die veldtog eis dat die Suid-Afrikaanse regering dringend gehalte basiese onderwys aan Suid-Afrikaanse kinders bied soos wat die grondwet vereis. Metzi van der Merwe doen verslag.
    6 min
  • Monitor
    Anita Visser het ook met dr Francois Naude, van die Instituut vir Kinderonderrig by die Universiteit van Johannesburg, gepraat.
    11 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is tevrede met die eerste maand van die belastingseisoen. Die diens sê in 'n verklaring dat meer as 'n miljoen opgawes reeds via elektroniese platforms ingedien is. Teen Maandag is sowat vyf-komma-vyf miljard rand reeds aan belastingbetalers terugbetaal, met 'n gemiddelde wagtyd van net sewe dae. Belastingbetalers kan van vandag af ook by die SAID se takke hulle opgawes indien. Hendrik Martin het met die SAID se uitvoerende hoof vir sake- en individuele belasting, Leon Potgieter, gepraat.
    5 min
  • Monitor
    Die voormalige premier van die Wes-Kaap en tussen 2007 en 2015, leier van die D.A, Helen Zille, is by die Instituut vir Rasse aangeleenthede aangestel as 'n senior BELEIDS ontleder. Vir meer hieroor, praat ons met die uitvoerende Hoof van die Instituut VIR RASSE AANGELEENTHEDE, FRANS CRONJE:
    14 min
  • Monitor
    Ons het vroeër in die program berig oor die Adviespaneel, oor grondhervorming en landbou se aanbevelings, wat pas bekend gemaak is. Agri SA, die DA en die Vryheidsfront Plus, is ongelukkig oor die aanbevelings oor grond-onteiening sonder vergoeding en veral dat Artikel 25 van die Grondwet verander moet word. Die Advies- paneel sê egter daar moet streng gehou word, by die sperdatums vir die inwerking- treding van die aanbevelings, maar dat grond- onteiening op so 'n wyse moet plaasvind, dat dit nie voedsel- sekerheid bedreig nie. Ons praat nou met die president van Agri SA, Dan Kriek....
    17 min
  • Monitor
    Die Distrik Ses-werkskomitee wag in spanning dat die Grondeisehof volgende maand beslis oor die regering se hantering van duisende eisers wat op restitusie hoop. Die komitee het die Ministerie van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling hof toe gesleep omdat die departement versuim het om 'n behoorlike plan vir restitusie teen die gegewe spertyd op te stel. Die voorsitter van die komitee, Shahied Ajam, sê die lang proses nader nou sy einde.
    4 min
  • Monitor
    Bestaan die Stellenbosch se mafia? Dis die antwoord wat die joernalis, Pieter du Toit, loop soek het met die skryf van sy boek, "The Stellenbosch Mafia - Inside the Billionaires Club". Pieter is dan ook ons ateljee gas vandag op te praat oor die dorp, wat hy beskryf as n kruis tussen Silicon Valley en die Hamptons - 'n dorp wat 90 residensiele eiendomme het wat meer as 20 miljoen elk werd is, 'n dorp waarvan hy 'n boorling was:.
    21 min
  • Monitor
    Onwettige delwers is nie 'n nuutjie in Namakwaland nie. Die afgelope jaar het dit egter erg toegeneem. Dit het die gemeenskap van Kleinzee in die Noord-Kaap in verskillende kampe geplaas, elkeen met sy eie behoeftes en verwagtinge. Izak du Plessis het met 'n paar van die delwers gepraat tydens 'n besoek aan Kleinzee.
    10 min
  • Monitor
    Die toerismebedryf wil sy koolstof voetspoor verklein deur vyfduisend Spekbome te plant. Die inisiatief is die breinkind van SA Toerisme en die Suider-Afrikaanse Toerisme Diensvereniging, oftewel SATSA. Die bedryfshoof van SATSA, Hannelie Du Toit, sê hulle wil die effek van koolstof-vrystelling deur passasiersvliegtuie teenwerk.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners