Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die afgelope paar weke word daar debat gevoer oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan te implementeer. Die plan beloof om Suid-Afrika se gesondheidsorg fundamenteel te verander. Terwyl argumente ten gunste van die NGV fokus op die ongelykhede in die bestaande stelsel, draai die argumente daarteen om die praktiese aspekte en volhoubaarheid van die implementering. Este de Klerk doen verslag.
    9 min
  • Monitor
    Die Gelykheidshof het die doelbewuste vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak en diskriminasie teen swart mense verklaar. In sy uitspraak, het Regter Phineas Mojapelo gesê die swaai van die vlag wakker seer en kwade gevoelens aan - en dit is vernietigend van ons nie-rassige demokrasie. Maar wat is die implikasies van die uitspraak? Este de Klerk doen verslag.
    7 min
  • Monitor
    Die wolbedryf in Suid-Afrika is tot stilstand geruk, weens volgehoue droogte-toestande, die uitbreek van bek- en klouseer vroeër vanjaar, en China se streng invoermaatreëls vir wol. Dit bepaal dat die wol eers vir 'n paar maande in sekere toestande geberg moet word, voordat dit uitgevoer kan word. Wolprodusente en wol-agente in Suid-Afrika staar nou ernstige kontantvloei-probleme in die gesig. Verskeie nasionale wolveilings is deur wol-agente afgestel weens kontantvloei-kwessies. Die Vrystaatse Landbou-ekonoom, dr Johan Willemse sê boere en uitvoer-agente in die wolbedryf het dringend oorbruggingsfinansiering nodig.
    6 min
  • Monitor
    "Daar heers n verwronge beeld oor Sjina se voornemens in Afrika." SO glo Gert Grobler, gewese ambassadeur in onder meer Tokio en Madrid, wat tans aan die CHêSJANG Normal University in die stad, SJHINWHA in SUID-OOS Sjina, klas gee oor Suid-Afrikaanse buitelandse beleid: Hy is dan ook vanoggend MONITOR se ateljee gas.
    19 min
  • Monitor
    'n Suid-Afrikaner in Melbourne is lid van n span rekonstruktiewe plastiese sjirurge wat 'n nuwe tegniek ontwikkel het, wat van groot nut kan wees vir kwadrupleë en mense met ernstige rugstring beserings. Dr Natasha van Zyl is verbonde aan Austin Health sentrum in Melbourne, wanwaar sy met MONITOR gepraat het:
    4 min
  • Monitor
    Terug na gister se uitspraak in die Pretoriase Hoog geregshof, waar 'n tussentydse interdik toegestaan is aan President Ramaphosa oor aanbevelings vervat in die Openbare Beskermer se verslag oor skenkings aan sy 2017 verkiesings veldtog. Mkhwebane het vroeër bevind dat Ramaphosa die Parlement DOELBEWUS mislei het. Die aanbevelings in die O.B. se verslag is dus opgeskort, totdat 'n GEREGTELIKE hersiening daaroor afgehandel is. Vir meer daaroor, praat ons nou met dr Piet Croucamp van Noordwes Universiteit se Vaal Driehoek kampus:
    13 min
  • Monitor
    Borskanker is die algemeenste kanker onder vroue wêreldwyd. Dit is veral aan die toeneem in ontwikkelende lande, waar die meerderheid gevalle in 'n reeds gevorderde stadium gediagnoseer word. Kenners waarsku ook dat meer en meer jonger vroue, asook mans, met die kanker gediagnoseer word. Este de Klerk doen verslag.
    14 min
  • Monitor
    Die ANC sê hy neem kennis van eposboodskappe wat skynbaar aan die media uitgelek is en wat besonderhede gee van president Cyril Ramaphosa se veldtog om die leierskap van die ANC in 2017. Maar die party sê hy is nie bewus van enige onwettige optrede met Ramaphosa se veldtog of die van enige ander kandidaat nie. Suzanne Paxton het met 'n politieke ontleder van Unisa se departement politieke studies, prof Dirk Kotze, gepraat.
    8 min
  • Monitor
    Die burgerregte-organisasie, Afriforum, het gister strafregtelike aanklagtes van korrupsie en geldwassery teen die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, aanhangig gemaak. Die aanklagtes is gegrond op bevindinge van die Openbare Beskermer in 2018 dat 'n sportprodukteverskaffer, Sedgars Sport, Mbalula se gesinsvakansie na Dubai in 2016 gefinansier het. Mbalula was toe die Minister van Sport. Este de Klerk het met die hoof van Afriforum se teen-korrupsie eenheid, Monique Taute, gepraat.
    4 min
  • Monitor
    'n Video van die Rustenburg Hoërskool wat Bohemian Rhapsody van Queen opvoer, het sosiale media gaande. Die skool het Maandag die video op hulle Facebook-blad gedeel en teen Woensdag is die video al 600 000 keer gekyk. Boonop is die brein agter die inisiatief niemand anders nie as Ralf Schmitt, dieselfde man wat verantwoordelik is vir die Ndlovu jeugkoor se vertonings op America's Got Talent. Monitor het met Schmitt gepraat voor hy op 'n vliegtuig geklim het om 'n advertensie saam met die Ndlovu Jeugkoor in Kaapstad gaan skiet het.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners