Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Meer as vyf en veertig duisend besoekers het verlede jaar die eerste Comic Con Africa bygewoon. Dit is so gewild dat hulle vanjaar 'n groter lokaal gekry het om aan die aanvraag te voldoen. Strokiesprent liefhebbers, aanhangers van sogenaamde "pop culture" en superhelde gaan die naweek weer skouers skuur by die gewilde expo. Maar hoekom is die wereld van rekenaarspeletjies, strokiesprente en superhelde nog steeds, so gewild? Ons het met die inhoudsbestuurder van Comic Con Africa, Patrick Duvenage hieroor gepraat....
    8 min
  • Monitor
    By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen met die in Amerika. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek "Saving my Sons", wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontlik om te kan kommunikeer. Metzi van der Merwe het hierdie verslag saamgestel. (Kyk ook elders op RSG se webblad vir inligting of potgooie oor outisme).
    9 min
  • Monitor
    OUTISME

    By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen hiermee. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek Saving my Sons, wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontlik om te kan kommunikeer.

    Metzi van der Merwe mon 15 9 2019
    9 min
  • Monitor
    Verskeie regters het gereageer op bewerings dat die regbank korrup is. Die leierskap van die regbank het aangedui dat hulle, met groot kommer kennis neem van die bewerings waaroor die afgelope weke skerp in die hoofstroom- en sosiale media berig is. Este de Klerk doen verslag.
    8 min
  • Monitor
    Suid-Afrikaners in Nederland het in Amsterdam vergader vir 'n optog teen geslagsgeweld in Suid-Afrika. Die beweging is deur Keö Borejszo op Facebook begin, waar Suid-Afrikaners in Nederland uitgenooi is na die betoging. Dit volg na duisende Suid-Afrikaners landwyd uitgepraat het teen die voortgesette geweld teen vroue en kinders. Annelu le Roux doen verslag.
    6 min
  • Monitor
    Verskeie gedenkdienste word hierdie week vir die ontslape Springbokvleuel, Chester Williams, gehou. Williams is Vrydag op die ouderdom van 49 aan 'n hartaanval oorlede. Anita Visser het met Heindrich Wyngaardt, 'n voormalige kollega maar ook die skrywer van rugbyboeke oor Peter de Villiers, Errol Tobias en Ashwin Willemse gepraat.
    8 min
  • Monitor
    Die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering het pas 'n beraad in Toulouse, Frankryk bygewoon, waar die nuutste inligting bspreek is sodat riglyne vir beleid geskep kan word. Professor Francois Engelbrecht van Wits Universiteit se Global Change Institute was daar en is self ook betrokke by die skryf van die dokument, met 'n spesifieke fokus op die implikasies van klimaatsverandering vir Afrika. Anita Visser het met hom gepraat.
    14 min
  • Monitor
    Suid-Afrika is die afgelope week in 'n greep van geweld. Xenofobiese aanvalle in Gauteng het wyd voorgekom, en geweld teen vroue en kinders - en vragmotorbestuurders - het opnuut opgang gemaak. Vroue-drukgroepe het selfs begin vra dat geweld teen vroue en kinders as 'n noodtoestand in die land verklaar word, en vandag en more vind verskeie optogte in solidariteit in Suid-Afrika plaas. Ons samelewing sien en ervaar geweld, en die emosies wat daarmee gepaard op vlakke wat ons nie altyd onmiddellik besef nie. Ons praat nou met twee kundiges hieroor -- 'n sosioloog van die Departement van Ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Fort Hare, professor Andries Bezuidenhout, en 'n trauma-berader, Yvonne Retief, wat ook die voorsitter is van die Traumatiese Voorval-Verminderings Organisasie in Suid-Afrika.
    22 min
  • Monitor
    Ons fokusgesprek is Xenofobie. Vandeesweek het ons weereens die plundery van winkels wat aan buitelanders behoort in verskeie dele van Gauteng beleef. Die polisie moes bontstaan om oproeriges in Turfontein, Germiston, Jeppestown, Alexandra, Malvern, asook die middestad self en dan in PRETORIA, onder beheer te bring. Die afgelope naweek is vragmotors op die N3 in Ashburton en die N2 naby Port Shepstone in Kwa-Zulu-Natal aan die brand gesteek. Dit nadat die Stigting vir Suid-Afrikaanse Vragmotorbestuurders beloof het om hoofroetes te ontwrig. Ons gaste vanoggend is Professor Anthoni van Nieuwkerk van Wits en die Ugandees, EMILY NINSIEMA, wat die afgelope 5 jaar 'n droogskoonmakery in Westdene, Johannesburg bedryf......
    23 min
  • Monitor
    Navorsers aan die Universiteit van East Anglia in Brittanje waarsku dat mense met tipe twee diabetes nie Omega 3 aanvullings moet neem nie. Anita Visser het die vetsugkenner, professor Tess van der Merwe van die Universiteit van Pretoria, gevra wat die Britte se navorsing hieroor behels het.
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners