Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Miljoene Suid-Afrikaners neem aan hengel deel, wat dit 'n gewilde tydverdryf maak.
    Een van die hengel fasette wat die vinnigste groei is spesie-hengel vir karp, 'n vis wat landwyd in varswater voorkom. In karp-spesie hengel, gebruik vissermanne en vroue spesiale metodes om slegs groot karpe te teiken .
    Alle rassegroepe het vir dekades al aan karphengel deelgeneem, behalwe swart Suid-Afrikaners. Maar, soos Darren Taylor berig, is dit besig om vinnig te verander…..
    8 min
  • Monitor
    Emily Hobhouse, Vera Brittain en Edith Dickenson: drie kampvegters vir vroue-regte met een ding in gemeen - die Anglo-Boereoorlog. Die stryd, wat ook as die Suid-Afrikaanse oorlog bekend staan, het vandag 120 jaar gelede uitgebreek. Terwyl Boeregeneraals soos De Wet en De La Rey tradisioneel as die helde van die oorlog beskou is, voel historici die tyd het nou aangebreek om vroue se rol in die oorlog te gedenk. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig vanuit Bloemfontein..
    10 min
  • Monitor
    Die Sweedse aktivis, Greta Thunberg is vir die Nobel-prys vir Vrede benoem na 'n merkwaardige jaar waarin die 16-jarige tiener se veldtog om skoolkinders te mobiliseer vir omgewings-aktivisme tot wêreldwye prominensie gegroei het. Sy word uit sekere oorde geloof, maar uit ander skerp gekritiseer vir haar reguit boodskappe aan regerings en wêreldleiers om op te tree teen die klimaat-krisis. Este de Klerk het hierdie verslag saamgestel.
    14 min
  • Monitor
    Verskeie organisasies, soos die Vryheidsfront Plus en die Afrikanerbond het die Menseregtekommissie van vooroordeel in die rassismesaak teen Eben Etzebeth beskuldig. Etzebeth toer op die oomblik saam met die Springbokke in Japan vir die Wereldbekertoernooi. Die Menseregtekommissie het Vrydag 'n klag by die gelykheidshof ingedien na inwoners van Langebaan Etzebeth van rassisme beskuldig het. Anita Visser het met die voorsitter van die MRK, professor Bongani Majola, en ook die hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan Bosman, gepraat.
    15 min
  • Monitor
    'n Knellende droogte het boere van die Oos-Kaap op hul knieë. Lamtyd het aangebreek, maar die voerskure is leeg. En volgens die Oos-Kaapse departement van water en sanitasie sê die Nqwebadam by Graaff-Reinet is 1,23 persent vol. Ons praat nou hieroor met Corene Conradie van die waterkrisiskomitee op Graaff-Reinet.
    18 min
  • Monitor
    Die Ndlovu-jeugkoor het met hulle deelname aan America's Got Talent die land se verbeelding en harte aangegryp. Hulle het nou wel nie met die eerste prys weggestap nie, maar is beloon met 'n kontrak van Simon Cowell, een van die vervaardigers van die program en self 'n musiekvervaardiger. Izak du Plessis het met die Ndlovu-jeugkoor se koorleier, Ralf Smitt, gepraat.
    10 min
  • Monitor
    Koerante het gister beweer dat die leier van die DA, Mmusi Maimane, vir maande met 'n Toyota Fortuner wat deur die gewese baas van Steinhof, Markus Jooste geskenk is, rondgery het - selfs ná Steinhof se dramatiese ineenstorting. Maimane word ook binne sy party gedruk om te verklaar wie 'n huur-huis in Kaapstad vir hom betaal. Dit het intussen bekend geword dat die huis aan 'n Kwazulu-Natalse Sakeman, Wessel Jacobs behoort, wat 'n vriend van Maimane is en 'n trustee van sy familie trust is. Die adjunk-leier van die EFF, Floyd Shivambu, kom ook nie weg van beweringe dat hy geld van die gelikwideerde VBS Mutual bank gebruik het om vir 'n luukse voertuig te betaal nie. Ons praat nou met 'n politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit, Theo Venter...
    11 min
  • Monitor
    Gister 50 jaar gelede het 'n kragtige aardbewing in die Boland die dorpe Tulbagh, Ceres en Wolseley byna verwoes. Elf mense is dood en talle wonings en historiese geboue is vernietig. Die aardbewing in 1969, wat 6,3 op die Richterskaal gemeet het, het destyds die gemeenskap verbysterd gelaat. Dit is die sterkste aardbewing in menseheugenis wat Suid-Afrika getref het. Este de Klerk het die verslag saamgestel met behulp van argiefmateriaal.....
    9 min
  • Monitor
    James Bond-aanhangers vier hierdie week die historiese herdenking van toe die eerste James Bond-rolprent, "Dr No", in 1962 vrygestel is. 'n Dosent in Film en Kommunikasiekunde by die Vanderbiljlpark-kampus van Noordwes Universiteit, Phil Pretorius, sê die span agter die rolprente het 'n suksesresep beet waarby gehore wêreldwyd aanklank vind.
    7 min
  • Monitor
    Die gevolge van klimaatsverandering verhoog hooikoors en allergieë wêreldwyd. Die verwagting is dat stuifmeelvlakke in die atmosfeer teen 2050 kan vervierdubbel en die mens se gesondheid negatief kan beïnvloed. Dit is hoekom die hoof van die Allergie-eenheid by die Longinstituut aan die Universiteit van Kaapstad, Prof Jonny Peter, wat verantwoordelik is vir die monitering van stuifmeel in Suid-Afrika, pleit dat die saak aandag moet geniet.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners