Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.
February 25, 2019MonitorDie storm wat die Britse parlementslid, Jacob Rees-Mogg, ontketen het op die BBC se TV program, Question Time, wil eenvoudig nie gaan lê nie. Rees-Mogg, het - onder meer - gesê dat die Afrikaners wat tydens die Ango-Boere oorlog in konsentrasiekampe geplaas is, daar was vir hul eie beskerming. Anita Visser het met die geskiedkundige, Fransjohan Pretorius, daaroor gepraat....more14minPlay
February 22, 2019MonitorDie Joernalis, Hilton Tarrant, het Maandag gewaarsku dat beurtkrag slegs 'n klein ontwrigting sal wees in vergelyking met beurt water wat ons voorland is. Hy het in sy berig veral verwys na die Nasionale Water en Sanitasie meester plan wat hy as 'n sombere lees ervaring beskryf het. Ons praat nou met Prof Mike Muller van Wits Universiteit se Skool vir Regeerkunde in Johannesburg oor die water-situasie......more17minPlay
February 21, 2019MonitorDie Suid-Afrikaanse Vereniging vir Ginekoloë het vandeesweek 'n verklaring uitgereik om hul steun aan Caster Semenya toe te sê. In die mediavrystelling, spreek die vereniging sy kommer uit oor die beplande mediese bestuur van atlete wat volgens hulle - eties gesproke - verdag is. Anita Visser het met 'n verteenwoordiger van die vereniging, dr Haynes van der Merwe gepraat....more6minPlay
February 19, 2019MonitorDie Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nie verder deurdringende reën wat oorstromings kan veroorsaak nie. Verskeie dele van die land het die afgelope week en naweek erge oorstromings ervaar. Die waarnemende uitvoerende hoof van weer en klimaatdienste by die Weerdiens, Tshepo Ngobeni, sê die erge reën vir die tyd van die jaar is normaal. Liela Magnus doen verslag....more2minPlay
February 19, 2019MonitorGeorganiseerde landbou is intussen dankbaar oor die reën. Die voorsitter van TLU SA, Louis Meinjies, het aan Metzi van der Merwe gesê dit is veral nodig om die ondergrondse water aan te vul....more5minPlay
February 18, 2019MonitorWat maak mense gelukkig? Ons wetenskapkorrespondent George Claassen sê sosiale wetenskaplikes en medici op die terrein van psigiatrie doen al dekades lank navorsing hieroor, en kom tot interessante gevolgtrekkings......more7minPlay
February 06, 2019MonitorDie ambassadeurs van Duitsland, Nederland, Switserland en Amerika asook die Hoë Kommissaris van Brittanje ontken dat hulle 'n voorskriftelike brief oor korrupsie in SA aan president Cyril Ramaphosa gestuur het. Dit volg na 'n berig in Sunday Times hoe die lande glo regstreeks aan Ramaphosa voorskryf hoe hy korrupsie in SA moet hanteer. Die departement van buitelandse sake en die ANC het skerp hierop gereageer. Die lande het in 'n gesamentlike verklaring aangedui dat die dokument ter sprake 'n besprekingsagenda was tydens 'n beleggingsvergadering met Ramaphosa. Izak du Plessis praat daaroor met die oudambassadeur Dawie Jacobs en die politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood...more10minPlay
February 05, 2019MonitorOnderrig van Graad 11 en 12 leerlinge by die Hoërskool Driehoek in Vanderbiljpark word die week hervat. Drie leerlinge is Vrydag dood toe 'n loopvlak by die skool ineengestort het. 'n Vierde kind het die naweek in die hospitaal gesterf. Negentien van die beseerde leerlinge word steeds in die hoësorg-eenheid behandel. Marlinee Fouche doen verslag....more4minPlay
February 04, 2019MonitorDie gemeenskap in Vanderbijlpark is steeds geskok na die ineenstorting van 'n loopvlak by Hoërskool Driehoek, wat vier leerlinge se lewens geëis het. Daar is vroeër berig oor drie leerlinge wat in die voorval dood is. 'n Vierde leerling is gisteroggend in 'n hoësorg-eenheid oorlede na hy saam met meer as twintig ander leerlinge hospitaal toe geneem is. Annari du Plessis van die "Go Purple"-stigting, sê die stigting en sy traumasentrum in Vanderbijlpark help met emosionele berading aan diegene wat deur die voorval geraak is. Annelu le Roux doen verslag....more4minPlay
February 04, 2019MonitorDie Congress of the People sê die party gaan 'n klagte van haatspraak teen lede van Black First Land First indien. Dit volg na aanmerkings wat glo deur die woordvoerder van BLF, Lindsay Maasdorp, gemaak is na vier kinders gesterf het toe 'n loopvlak Vrydag by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het. Annelu le Roux doen verslag....more7minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.