Wanneer hedendaagse kliënte finansiële instellings evalueer, vergelyk hulle nie meer verskillende banke nie, hulle vergelyk ervarings. Alles in hul lewe as verbruikers is beter as ooit, die inligting is onmiddelik beskikbaar en hulle slim digitale dienste wat hulle daagliks gebruik word deur hul slimfoon afgelewer. Die bespreking van 'n vlug, die beplanning van 'n vakansie, inkopies aanlyn - dit is alles maklik, vinnig en naatloos. Maar wat is die toekoms van banke, met al die nuwe digitale banke wat uitskiet en sekere dienste byna gratis dienste lewer? Vanoggend praat ons met die hoof- ekonoom van die Efficient Group, Dawie Roodt....