Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.
June 26, 2019MonitorSA Rugby en die Springbokke loods hulle Gesigte op Nommers-veldtog vir die komende rugby wereldbekertoernooi wat September in Japan begin. Vincent Mofokeng en Anita Visser het met die Springbok flank, Pieter-Steph du Toit, slot Marvin Orie, en die mediabestuurder van die Springbokke, Rayaan Adriaanse gepraat....more15minPlay
June 21, 2019MonitorMonitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde....more3minPlay
June 21, 2019MonitorDie Universiteit van Kaapstad maak gereed om die oorblyfsels van nege geraamtes aan hulle afstammelinge in Sutherland in die Noord-Kaap te oorhandig. Die universiteit was besig met 'n ouditproses van sy geraamte-argief toe die beendere verlede jaar in sy versameling ontdek is. Volgens argeoloë en ander kundiges aan die universiteit, dateer die beendere uit die negentiende eeu. Annelene Moses het meer besonderhede.........more4minPlay
June 21, 2019Monitor'n Internasionale navorsingspan het twee aardagtige planete, wat om 'n nabygeleë ster wentel, ontdek. Die ster, waarom twee moontlik bewoonbare planete wentel, is 12 ligjare van die aarde af. Wetenskaplikes glo die twee planete is in die perfekte sone om water op hul vermoedelik rotsagtige oppervlaktes te laat vloei en poele vorm. Annelu le Roux doen verslag......more4minPlay
June 21, 2019MonitorDie San-gemeenskap van Smidtsdrift in die Noord-Kaap gaan voort om in die wildernis te woon. Die groep het besluit om nie te trek met die res van die gemeenskap na Platfontein, toe die anders in 2003 verskuif was nie. Hulle het besluit om eerder agter te bly. Sedertdien woon hulle in armoede. Sommige inwoners bly nou in 'n saal, terwyl ander in tente leef. Bert Katjorro doen verslag....more2minPlay
June 21, 2019MonitorMonitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde....more3minPlay
June 21, 2019MonitorIn vandag se Fliekrubriek kyk Leon van Nierop onder andere na een van die wêreld se mees geliefde animasiereekse, Toy Story, waarvan daar nou 'n vierde aflewering is....more5minPlay
June 18, 2019MonitorSuid-Afrika se ambassadeur in Kopenhagen, Zindzi Mandela, het deur haar beweerde rassistiese uitlatings op Twitter, ernstige vrae gelaat oor of sy hoegenaamd vir haar pos geskik is. Trouens, in sekere Suid-Afrikaanse kringe word haar kop ge-eis. Anita Visser het hierdie verslag saamgestel en met 'n kenner oor die saak gepraat....more15minPlay
June 14, 2019MonitorMen in Black International is spesiaal vir die langnaweek uitgereik. Leon van Nierop resenseer dit in sy weeklikse fliekrubriek....more5minPlay
June 14, 2019MonitorTerwyl die debat oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank hierdie week nog opslae gemaak het na aanleiding van Ace Magashule se stelling dat die bank se mandaat uitgebrei gaan word om op werkskepping te fokus, is daar ook 'n debat in Brittanje aan die gang oor die land se sentrale bank. Die gonswoorde in Londen is "quantitative easing" - in Afrikaans vertaal as kwantitatiewe verruiming. Anita Visser het met die hoofekonoom by die Efficient-groep, Dawie Roodt, gepraat....more6minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.