Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.
January 29, 2019MonitorIzak du Plessis praat met Bun Booyens, George Claassen en Francois Redelinghuys oor die geloofwaardigheid van die media....more22minPlay
January 28, 2019MonitorPolitieke partye vry kliphard na die steun van bruin kiesers in die Wes-Kaap. Die provinsie word die afgelope jaar of twee gekenmerk deur politieke woelinge wat kiesers na die een of ander rigting toe kan beïnvloed, volgens politieke ontleders. Om duidelikheid hieroor te kry praat Izak du Plessis met drie politieke kommentators. Heindrich Wyngaard, Christo van der Rheede en Christian Martin....more23minPlay
January 25, 2019MonitorVerskeie lande reageer op Venezuela se opposisie leier, Juan Guaidó, wat hom as tussentydse president verklaar het. Landburgers betoog teen President Nicolas Maduro se regering en vra dat 'n verkiesing gehou moet word. Maduro is op 10 Januarie as president ingehuldig. Johannes Myburg, 'n joernalis by die nuusagentskap, Agence France Presse in Sao Paulo in Brasilië, het aan Jean Esterhuizen gesê die situasie in Venezuela is gespanne....more5minPlay
January 25, 2019MonitorDaar word daagliks in die media oor die Mokgoro-ondersoek, die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie berig. Maar hoe groot is hierdie ondersoeke op sosiale media? Die direkteur van Acumen Media, Tonya Khoury, het aan Jean Esterhuizen gesê die staatskapings-kommissie is verreweg die gewildste onderwerp onder sosiale media gebruikers....more4minPlay
January 24, 2019MonitorOns praat met Piet le Roux, die hoof van Sakeliga, en Roelof Botha, die ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep, oor die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos.....more19minPlay
January 23, 2019MonitorIzak du Plessis praat met Peter Marais oor sy aanwysing as die VF Plus se premierskandidaat vir die Wes-Kaap....more10minPlay
January 22, 2019MonitorDie multi-miljoen rand projek van die Sarah Baartman Herinneringsentrum op Hankey in die Oos-Kaap, sloer al vier jaar, om verskeie redes. Die 165 miljoen rand ontwikkeling sou werk aan plaaslike inwoners verskaf, die ekonomie 'n hupstoot gee, en die Khoi-ikoon Sarah Baartman vereer. Maar tot dusver het dit net ontevredenheid meegebring, berig Veronica Fourie....more4minPlay
January 18, 2019MonitorWedvlugduiwe maak hul gewoonlik nie by ander mense tuis nie, maar dit gebeur dikwels genoeg om nie te groot bohaai daaroor te maak nie. Wanneer jy egter familie van FA Venter is en die duif keer elke dag terug sodat daar 'n verhouding tussen julle ontwikkel, dan kry die storie 'n ander kleur. Gerhard Jooste van Durbanville in die Wes-Kaap het sy storie aan Izak du Plessis vertel....more6minPlay
December 21, 2018MonitorBesoekers aan die Overberg-distrik in die Wes-Kaap, is geskok deur intensiewe perlemoenstropery wat oop en bloot op die strande plaasvind - veral in die Pearly Beach omgewing. Verskeie anonieme luisteraars wat hulle persoonlike ervarings met ons deel, is gefrustreerd met die swak vordering in die stryd teen perlemoenstropery. Marlinee Fouche het meer......more6minPlay
December 21, 2018MonitorDie weermag is onlangs in die Overstrand-distrik in die Wes-Kaap ontplooi, as versterking in die stryd teen die stropery. Die weermag is intussen weer aan die gebied onttrek. Marlinee Fouche berig voorvalle van stroprery het weer hervat, en dat die regering nou internasionale hulp inroep, vir 'n meer volhoubare stryd....more8minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.