Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Total Shutdown beweging sê Kaapstad sal vandag tot stilstand gedwing word. Een van die organiseerders, Nadia Mayman De Grass, sê daar is nie aan een van hulle eise wat 'n jaar gelede gemaak is, voldoen nie.
    5 min
  • Monitor
    Inheemse plante en kruie word deur die eeue heen deur die Khomani-San by Askham in die Noord-Kaap gebruik, om 'n gesonde leefstyl te handhaaf. Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het 'n inheemse kweekhuis begin waar die plante en kruie gepreserveer en geoes kan word. Annelene Moses berig.
    3 min
  • Monitor
    Honderde voormalige inwoners van Distrik Ses in Kaapstad was in 'n vrolike luim tydens die amptelike geleentheid waar Kaizersgracht sy oorspronklike naam, Hanoverstraat, teruggekry het. Die geleentheid op Erfenisdag is deel van 'n veldtog wat die kollig plaas op die stadige pas van grondhervorming vir diegene wat, ingevolge destyds se berugte Groepsgebiedewet, kragdadig van die grond af verskuif is. Gustav Greyling doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Vandeesweek is nasionale testamente week. Een regsgeleerde wat hom toespits op testamente, is Dawie Coetzer. Hy sê slegs 30 persent van Suid-Afrikaners het testamente.
    12 min
  • Monitor
    President Cyril Ramaphosa sê die regering sal 'n nuwe benadering bespreek vir besliste optrede teen geslagsgeweld, tydens 'n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering. Ramaphosa vra onder meer dat meer aandag aan seuns gegee word. 'n Kriminoloog in die Departement van Maatskaplike Werk en Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, prof. Christiaan Bezuidenhout, sê dat albei geslagte dieselfde opvoeding behoort te kry.
    4 min
  • Monitor
    SANPARKE sê hy is bekommerd oor die stroop van verskeie plantspesies in die Richtersveld in die Noord-Kaap. Die vermoede is dat 'n sindikaat met sy wortels in die Verre Ooste verantwoordelik is vir die stropery. Die jongste gestroopde vetplant is Conophytum, waarvoor duur in Europa en China betaal word. Conopyhytum is 'n beskermde plant. Reginald Witbooi het die Ricthersveld besoek.
    3 min
  • Monitor
    Een van die voormalige internasionale tennisster, Bob Hewitt, se verkragtingslagoffers, Olivia Jasriel, sê ou wonde is van vooraf oopgekrap toe sy laasweek moes hoor dat Hewitt op 23 September op parool vrygelaat sou word sonder dat sy of die twee ander slagoffers deur die Departement van Korrektiewe Dienste se paroolraad gekontak is. Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het Sondag 'n ommekeer gemaak deur die nasionale kommissaris van korrektiewe toesig te beveel om die besluit om Hewitt op parool vry te laat, te hersien. Jasriel sê sy voel verraai deur 'n stelsel wat duidelik geen agting het vir die slagoffers van seksuele misdade nie. Este de Klerk het met haar gepraat.
    6 min
  • Monitor
    'n Honneursstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand, Lauren den Besten, het op die ouderdom van 14 uitgevind dat sy aan Alopesie, oftewel haarloosheid, ly. Binne 'n kwessie van drie maande, het sy al haar hare verloor. Ons is in die middel van Alopesie bewusmakingsmaand, en Den Besten, het haar verhaal met ons gedeel...
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners