Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Kaapstad Metroraad sê munisipale regulasies geld vir alle inwoners wat ook haweloses insluit. Dit volg nadat die metroraad mense begin beboet het wat sypaadjies versper en skuilings bou in gebiede wat nie daarvoor toegewys is nie. Corbin August doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê sy is nie verbaas met die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS nie. Die navorsing is in Mamelodi in die Ooste van Pretoria bekend gemaak. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, insluitend die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koningkryk, Japan en Rusland. Suid-Afrika was die enigste Afrika-land wat aan die opname deelgeneem het. Liela Magnus doen verslag.
    3 min
  • Monitor
    Die kampvegter wat as 'n Boesman identifiseer, Piet Berendse van die Oos-Kalahari, is een van die trekpleisters by vanjaar se Vryfees in Bloemfontein. Berendse leer kinders om spoor te sny en as't ware die veld te lees. Hy het aan Annelene Moses gesê die vaardighede word so lewendig gehou, omdat dit aan die jonger generasie oorgedra word.
    5 min
  • Monitor
    Suid-Afrika se eerste gebaretaal onderwysersprogram is Maandag in Pretoria begin en gaan voornemende gebaretaal onderwysers en hulponderwysers in dowe skole oplei. Dit word gedoen deur die Embury Instituut vir Hoër Onderwys en die Ontwikkelings Instituut vir Dowes en Blindes. Die instellings is dit eens dat hierdie tipe opleiding groot verligting behoort te bring vir die meer as vier miljoen dowe en hardhorende Suid-Afrikaners.
    6 min
  • Monitor
    'n Enkelmoeder van Khayelitsha buite Kaapstad het vra Twitter-gebruikers om ander mense te help. Dit volg nadat die 32-jarige Thabisa Xhelithole verlede maand op die sosiale media platform, Twitter, 'n tien rand elektrisiteits betaling versoek het. Sy het 'n foto van haar voorafbetaalde elektrisiteitsmeter met die lesing nul kilowatt uur ook geplaas. Sy het sedertdien veel meer gekry wat sy gevra het. Carmel Loggenberg Roberts doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte is pal in die nuus vir die verkeerde redes, maar nou is daar goeie nuus. 'n Ma wat aangeneem het dat haar seun dood is nadat hy ses jaar gelede vermis geraak het buite hulle huis, is met hom herenig. Jane en haar seun, Denzil Daniels, het gister in Kaapstad aangekom. Dit is nadat sy na eSwatini moes reis om Denzil terug te bring. Ons Wes-Kaapse korrespondent, Carmel Loggenberg Roberts het meer besonderhede.
    3 min
  • Monitor
    Leon van Nierop was onlangs omring deur troeteldiere in die teater. Hy het darem heelhuids uitgekom, en vertel van sy ervaring..
    5 min
  • Monitor
    SA Rugby en die Springbokke loods hulle Gesigte op Nommers-veldtog vir die komende rugby wereldbekertoernooi wat September in Japan begin. Vincent Mofokeng en Anita Visser het met die Springbok flank, Pieter-Steph du Toit, slot Marvin Orie, en die mediabestuurder van die Springbokke, Rayaan Adriaanse gepraat.
    15 min
  • Monitor
    Monitor het verlede week gevra dat luisteraars hulle geliefde woorde instuur. Maaifoedie en kakkerlak is van die gunstelingwoorde wat ingestuur is. Baie luisteraars het ook gevra na die herkoms van hierdie woorde. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha praat oor die herkoms van hul geliefde woorde.
    3 min
  • Monitor
    Die Universiteit van Kaapstad maak gereed om die oorblyfsels van nege geraamtes aan hulle afstammelinge in Sutherland in die Noord-Kaap te oorhandig. Die universiteit was besig met 'n ouditproses van sy geraamte-argief toe die beendere verlede jaar in sy versameling ontdek is. Volgens argeoloë en ander kundiges aan die universiteit, dateer die beendere uit die negentiende eeu. Annelene Moses het meer besonderhede......
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners