Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    KOOL GAS 07:14 MONITOR 28 5 2019

    [TAKE PKG
    INCUE: DIE BELASTING IS
    OUTCUE: TE KAN IMPLEMENTEER
    DURATION:5'41"]

    []

    INTRO = 'n Koolstof-belasting sal van 1 Junie gehef word. President Cyril Ramaphosa het die wetgewing Sondag onderteken. Dit maak Suid-Afrika een van 40 lande wat 'n koolstofprys-program aanvaar het. 'n Klimaatsveranderingskonsultant wat die regering raad gegee het met die skryf van die wetgewing, Roelof van Huysteen, van die maatskappy, Promethium Carbon, s^e die belasting word reeds sedert 2010 in Suid-Afrika voorsien.

    OUTRO: Roelof van Huysteen, 'n klimaatveranderings konsultant by Promethium Carbon het met Metzi van der Merwe gepraat.

    Metzi van der Merwe mon 27 5 2019
    6 min
  • Monitor
    Die Inxuba Yethemba Munisipaliteit in die Oos-Kaap het onlangs 'n kennisgewing van Eskom ontvang dat massa-kragonderbrekings vanaf 4 Junie toegepas sal word, indien die munisipaliteit nie sy betalings-ooreenkoms met die kragreus nakom nie. Die munisipaliteit, wat die dorpe Cradock en Middelburg insluit, skuld Eskom reeds sowat 98-miljoen rand. Die Inxuba Yethemba Munisipale bestuurder, Xolela Msweli, sê die munisipaliteit het reeds voordat die kennisgewing uitgereik is, met Eskom vergader om die saak te bespreek.
    7 min
  • Monitor
    Ons eerste stel ondersoek in na ons boere se gereedheid om die legio geleenthede in die internasionale landboumark te ontgin. Die regering se 5-jaar landbousektorplan kom ook onder die vergrootglas.
    20 min
  • Monitor
    Wanneer hedendaagse kliënte finansiële instellings evalueer, vergelyk hulle nie meer verskillende banke nie, hulle vergelyk ervarings. Alles in hul lewe as verbruikers is beter as ooit, die inligting is onmiddelik beskikbaar en hulle slim digitale dienste wat hulle daagliks gebruik word deur hul slimfoon afgelewer. Die bespreking van 'n vlug, die beplanning van 'n vakansie, inkopies aanlyn - dit is alles maklik, vinnig en naatloos. Maar wat is die toekoms van banke, met al die nuwe digitale banke wat uitskiet en sekere dienste byna gratis dienste lewer? Vanoggend praat ons met die hoof- ekonoom van die Efficient Group, Dawie Roodt....
    6 min
  • Monitor
    Tanzanië het die gebruik van plastieksakke vanaf 1 Junie verban. Die land het ook reisigers gewaarsku dat plastieksakke nie vanaf 1 Junie die land binnegelaat sal word nie. Wêreldwyd het plastiekproduksie die afgelope 50 jaar van 15 miljoen ton tot 348 miljoen ton gestyg. Daar word geskat dat 13 000 stukkies plastiekrommel in elke vierkante kilometer van die see gevind kan word. Suid-Afrikaners is ook skuldig, en gebruik byna 'n 140 kilogram plastiek per persoon per jaar, waarvan net minder as die helfte herwin word, sê 'n Navorsings-professor verbonde aan die Universiteit van Noordwes, Henk Bouwman...
    6 min
  • Monitor
    Die Antarktiese yslaag is ONSTABIEL, volgens Britse en NOORSE wetenskaplikes wat 25 jaar se satteliet data bestudeer het. Die gevolge hiervan kan KATASTROFIES wees vir die mensdom. By my in die ateljee vanoggend is die klimatoloog, professor Francois Engelbrecht van WITS universiteit om daaroor te praat:
    17 min
  • Monitor
    Baie plattelandse dorpies het hulle bestaan te danke aan die landboubedrywighede in die gebied. Maar wat is die landbousektor se verantwoordelikheid om te verseker dat die ekonomie in die dorpe bly groei? Dis een van die vrae wat ons in die uitsending gevra het. Ons kyk ook na die kwaliteit van ons graanprodukte en ons vind uit of agri-toerisme sterk staan.
    18 min
  • Monitor
    Die uitsending begin met China se besluit om die verbod op wol- en diereprodukte uit Suid-Afrika te lig, na 'n bek-en-klouseer uitbreking vroeër vanjaar. Ons verskuif dan die aandag na 'n model om grondhervorming in landelike gebiede te bespoedig, en ons hoor by kenners wat ons ná die verkiesing kan verwag wat grondhervorming betref.
    19 min
  • Monitor
    'n Onlangse studie toon dat groot dele van Mosambiek se flora gestroop word, en dit lei weer tot meer rampspoedige oorstromings. 'n Omgewingskundige van die Noordwes Universiteit, Prof Juaneè Cilliers, sê bome en plante help om erosie te voorkom, en om oorstromings te beperk. Sy sê ontbossing veroorsaak dat die afvloei van reenwater versnel...
    3 min
  • Monitor
    Vergeet van die gevare van kanker. Teen 2050, sal antibiotika weerstandigheid meer mense doodmaak as enige kankersel. Boonop is daar sedert die tagtiger jare geen nuwe klasse van anti-biotika ontwikkel nie. Die goeie nuus is egter dat n chemiese ingenieur, dr SOPHIE COX van die Universiteit van BIRMINGHAM en haar kollega professor Laura Piddock tans navorsing doen oor die ontwikkeling van n steriele soort heuning wat as n antibiotika gebruik kan word. Vir SY indrukke daaroor, praat ons nou met professor Erik Strauss, n chemiese bioloog aan die Universiteit van STELLENBOSCH:

    *******Die konsep van heuning as natuurlike antibiotika is nie nuut nie. Ek sien dat wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van LUUND in Swede reeds in 2014 navorsing hieroor gedoen het.......wat is nuut omtrent die Britte se navorsing?
    9 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners