Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Rolprent oor 'n Indiese meisie wat haar drome vir banderplankry volg, "Deep End", is net die jongste van 'n reeks flieks wat die Indiese kultuur in Durban uitbeeld. "Deep End" se regisseur, Eubelus Timothy, beskryf dit as 'n nuwe plaaslike kulturele beweging, soortgelyk aan dit wat voorheen onder Afrikaanse rolprente plaasgevind het. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.
    5 min
  • Monitor
    Suid-Afrika het nou sy eie waarskuwingstelsel om jou oor uiterste weerpatrone of omstandighede in te lig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het dit saam met die Nasionale Rampbestuursentrum ontwikkel. 'n Senior weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Jacqueline Riet, het aan Hendrik Martin gese^ die nuwe stelsel is gemik op die waarskynlike impak wat weer op mense se lewens kan he^.
    6 min
  • Monitor
    'n Opspraakwekkende nuwe boek wat die onderduimshede van Ace Magashule blootlê is op die winkelrakke beskikbaar. Izak du Plessis het met die skrywer van die boek Gangster State: Unraveling Ace Magashule's Web of Capture, Pieter-Louis Myburgh, gepraat.
    21 min
  • Monitor
    Die wetenskap kan 'n uiters belangrike rol speel om mense in kusgebiede te help om beter voor te berei op orkane en siklone. Trouens, Idai, wat soveel verwoesting in Mosambiek gesaai het, is drie dae voor die tyd al voorspel, danksy gesofistikeerde weerstelsels. Izak du Plessis het met prof Francois Engelbrecht hieroor gepraat.
    12 min
  • Monitor
    Agri SA het Vrydag met 'n Amerikaanse afvaardiging in Pretoria ontmoet, om grondonteiening te bespreek. Agri SA wil hê dat die Trump-administrasie druk op die ANC-regering plaas, om nie produktiewe landbougrond by boere af te vat nie. Dit volg op die ANC in die Noord-Kaap se skok-aankondiging vroeër, dat die party 'n lys saamgetel het om 30 produktiewe plase in die provinsie sonder vergoeding te gryp. Die lys is egter die volgende dag herroep. Omri van Zyl, die uitvoerende hoof van Agri SA, brei uit...
    8 min
  • Monitor
    Inwoners van Nieu- Seeland, en veral Christchurch, het gister hulde gebring aan die 50 slagoffers van die massamoord Vrydag in 2 moskees. Professor Douglas Pratt van die Universiteit van Auckland, spesialiseer in Islamo-fobie, en ekstremisme in al sy vorms insluitend terreur en ons skakel nou regstreeks oor na hom in Nieu-Seeland..
    11 min
  • Monitor
    Hoewel daar sedert Desember miljoene rand se perlemoen in die Wes-Kaap gekonfiskeer is tydens vyf klopjagte, gaan stropery onerverpoos voort. Die vraag is groot, en die sindikate moet voorsien. Inwoners aan verskeie kusdorpies, het aan Monitor gesê hulle is raadop, en word boonop geïntimideer deur stropers wat toenemend gemaklik raak op die land se strande. In een van die dorpies het Hendrik Smith*, wat betrokke is by verskeie pogings teen perlemoenstropery, ons 'n kykie gegee na hoe dit op sy dorp werk. Hy het Marlinee Fouche geneem na een van die plekke waar die stropers die see binnegaan.

    * Skuilnaam
    6 min
  • Monitor
    Die storm wat die Britse parlementslid, Jacob Rees-Mogg, ontketen het op die BBC se TV program, Question Time, wil eenvoudig nie gaan lê nie. Rees-Mogg, het - onder meer - gesê dat die Afrikaners wat tydens die Ango-Boere oorlog in konsentrasiekampe geplaas is, daar was vir hul eie beskerming. Anita Visser het met die geskiedkundige, Fransjohan Pretorius, daaroor gepraat.
    14 min
  • Monitor
    Die Joernalis, Hilton Tarrant, het Maandag gewaarsku dat beurtkrag slegs 'n klein ontwrigting sal wees in vergelyking met beurt water wat ons voorland is. Hy het in sy berig veral verwys na die Nasionale Water en Sanitasie meester plan wat hy as 'n sombere lees ervaring beskryf het. Ons praat nou met Prof Mike Muller van Wits Universiteit se Skool vir Regeerkunde in Johannesburg oor die water-situasie...
    17 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Ginekoloë het vandeesweek 'n verklaring uitgereik om hul steun aan Caster Semenya toe te sê. In die mediavrystelling, spreek die vereniging sy kommer uit oor die beplande mediese bestuur van atlete wat volgens hulle - eties gesproke - verdag is. Anita Visser het met 'n verteenwoordiger van die vereniging, dr Haynes van der Merwe gepraat.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners