Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Daar word daagliks in die media oor die Mokgoro-ondersoek, die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie berig. Maar hoe groot is hierdie ondersoeke op sosiale media? Die direkteur van Acumen Media, Tonya Khoury, het aan Jean Esterhuizen gesê die staatskapings-kommissie is verreweg die gewildste onderwerp onder sosiale media gebruikers.
    4 min
  • Monitor
    Ons praat met Piet le Roux, die hoof van Sakeliga, en Roelof Botha, die ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep, oor die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos..
    19 min
  • Monitor
    Izak du Plessis praat met Peter Marais oor sy aanwysing as die VF Plus se premierskandidaat vir die Wes-Kaap.
    10 min
  • Monitor
    Die multi-miljoen rand projek van die Sarah Baartman Herinneringsentrum op Hankey in die Oos-Kaap, sloer al vier jaar, om verskeie redes. Die 165 miljoen rand ontwikkeling sou werk aan plaaslike inwoners verskaf, die ekonomie 'n hupstoot gee, en die Khoi-ikoon Sarah Baartman vereer. Maar tot dusver het dit net ontevredenheid meegebring, berig Veronica Fourie.
    4 min
  • Monitor
    Wedvlugduiwe maak hul gewoonlik nie by ander mense tuis nie, maar dit gebeur dikwels genoeg om nie te groot bohaai daaroor te maak nie. Wanneer jy egter familie van FA Venter is en die duif keer elke dag terug sodat daar 'n verhouding tussen julle ontwikkel, dan kry die storie 'n ander kleur. Gerhard Jooste van Durbanville in die Wes-Kaap het sy storie aan Izak du Plessis vertel.
    6 min
  • Monitor
    Besoekers aan die Overberg-distrik in die Wes-Kaap, is geskok deur intensiewe perlemoenstropery wat oop en bloot op die strande plaasvind - veral in die Pearly Beach omgewing. Verskeie anonieme luisteraars wat hulle persoonlike ervarings met ons deel, is gefrustreerd met die swak vordering in die stryd teen perlemoenstropery. Marlinee Fouche het meer...
    6 min
  • Monitor
    Die weermag is onlangs in die Overstrand-distrik in die Wes-Kaap ontplooi, as versterking in die stryd teen die stropery. Die weermag is intussen weer aan die gebied onttrek. Marlinee Fouche berig voorvalle van stroprery het weer hervat, en dat die regering nou internasionale hulp inroep, vir 'n meer volhoubare stryd.
    8 min
  • Monitor
    President Cyril Ramaphosa vier vandeesmaand sy eerste jaar as ANC-president. Hy is op 18 Desember verlede jaar by die ANC se 54ste verkiesingskonferensie met 'n skrale meerderheid oor Nkosazana Dlamini-Zuma tot die posisie verkies. Hoewel dit nog twee maande sou neem voordat hy as President by Jacob Zuma oorgeneem het, het die land reeds in daardie stadium 'n magdom verwagtinge aan hom gestel. Izak du Plessis en Suzanne Paxton neem Ramaphosa se eerste jaar in oënskou....
    15 min
  • Monitor
    Seksuele- en ander trauma laat dikwels permanente emosionele en fisiese letsels agter. Een van hulle, staan bekend as vaginisme. Dis 'n mediese toestand, waar die vrou se vagina onwillekeurig in 'n spasma trek, en enige vorm van penetrasie uiters pynlik maak. Soveel so, dat selfs in-vitro bevrugting onmoontlik is. Uit gesprekke met vroue wat hieraan ly, blyk dit egter dat heelparty dokters nie eens hiervan bewus is nie. Marlinee Fouche het met 'n paartjie gaan praat wat daagliks hiermee gekonfronteer word...
    7 min
  • Monitor
    'n Kliniese Seksioloog van die DISA gesondheidsentrum in Sandton, Professor Elna McIntosh, antwoord verskeie vrae oor vaginisme. Dis 'n toestand wat seksuele omgang of enige ander vorm van vaginale penetrasie by vroue uiters pynvol en dikwels onmoontlik maak.
    17 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners