Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Manlike aktiviste teen seksuele- en ander vorme van geweld, beland dikwels in die spervuur tydens optogte of veldtogte, waar hulle deur vroue uitgejou of weggejaag word. Dit, ondanks pogings om mans aan te moedig om betrokke te raak. Marlinee Fouche berig hulle waarsku dat die optrede mans ontmoedig. Aktiviste meen dat mans nie net vroue moet beskerm nie, maar ook mekaar...
    5 min
  • Monitor
    'n Bekgeveg het die naweek op Twitter gewoed oor die feit dat die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, oor geen tersiêre kwalifikasie beskik nie. Op sosiale media stel baie voor dat Steenhuisen se matriekuitslae bekendgemaak word sodat daar ook met homs - soos in die geval van Julius Malema - die spot gedryf kan word. Ander vra hoekom President Jacob Zuma se gebrek aan onderrig soveel opslae gemaak het, maar dat die DA nou verkies om hom by Steenhuisen te skaar? Maar die party sê Steenhuisen se gebrek aan tersiere onderrig is irrelevant. Anita praat met die oud-adjunk minister en afgetrede leier van die Vryheidsfront Plus, Dr. Pieter Mulder en Emeritus Prof. Erwin Schwella van die Universiteit Stellenbosch.....
    11 min
  • Monitor
    Die Nasionale Kommersiële boer wat vanjaar deur die Landbou Skrywersvereniging en verskeie maatskappye as die top presteerder in die land aangewys is, is Pieter Graaff van Witzenberg Eiendomme naby Ceres in die Wes-Kaap. Graaff sê hy was heel verbaas toe hy van die nominasie hoor...
    4 min
  • Monitor
    Geweld teen vroue, emosioneel of fisies, gaan dikwels gepaard met afsondering en manipulasie. Die gevolg, is dat hulle dikwels alle kontak verloor met familie en vriende, hulle werk verloor en in afsondering leef. Vanoggend deel ons die storie van een so 'n vrou, wat dit reggekry het om uit die bose kringloop te ontsnap. Marlinee Fouche berig haar boodskap is eenvoudig: Jy is nooit alleen nie...
    8 min
  • Monitor
    Onlangse navorsing wat gedoen is oor die befondsing van skuilings vir slagoffers van onder meer geweld, het verskeie aktiviste warm onder die kraag. Vir die meeste slagoffers van geweld, is effektiewe skuilings die vertrekpunt tot 'n nuwe lewe. Hoewel party skuilings daarin slaag om vroue weer suksesvol in die samelewing te integreer, het ander nie kos vir hulle inwoners nie.
    8 min
  • Monitor
    16 Dae van aktivistme teen geweld teen vroue en kinders het gister in die land afgeskop. Oor die volgende 15 dae, gaan maatskappye en politici hulle aandag fokus op aktivisme teen die geweld. Vir die res van die jaar, is daar egter organisasies wat elke dag met die werklikheid gekonfronteer word. Marlinee Fouche het by hulle gaan gaan uitvind wat gebeur agter die skerms en of die veldtog hoegenaamd vrugte lewer...
    6 min
  • Monitor
    Nuwe navorsing wat in die vakjoernaal Cell Reports gepubliseer is, skep hoop vir hartlyers. Die Britse Hartstigting doen navorsing oor 'n merkwaardige Meksikaanse tetra-vis, wat in staat is om skade aan sy hart te herstel. Jaarliks sterf 1 uit elk 5 mense aan hartverwante oorsake in Suid-Afrika. Ons praat nou met ons wetenskap-korrespondent George Claassen....
    6 min
  • Monitor
    Die aanlyn nuusblad, Daily Maverick, se Scorpio ondersoek-eenheid het gister nuwe onthullings bekendgemaak oor hoe EFF-leiers direk voordeel getrek het by die plundering van die VBS Bank. Ons praat nou hieroor met 'n ondersoekende joernalis by Scorpio, Pauli van Wyk....
    10 min
  • Monitor
    Die Ierse astro-fisikus en kosmoloog Jocelyn Bell-Burnell is met die Breakthrough Prize van 3 miljoen dollar - of sowat 42 miljoen rand - beloon. In 1974 is die Nobelprys in Fisika NIE aan haar toegeken nie, maar eerder haar studieleier by Cambridge, Anthony Hewish. Ons praat nou hieroor met ons wetenskap-korrespondent George Claassen...
    6 min
  • Monitor
    'n Storm het op sosiale media losgebars, met die nuus dat Momentum Versekering NIE Nathan Ganas, wie in Maart 2017 in sy oprit deur kapers in Durban doodgeskiet is, se lewensversekering polis van 2,4 miljoen rand gaan uitbetaal nie. Die Ombudsman vir Versekering het Momentum gelyk gegee, omdat Ganas nie in goeder trou inligting verskaf dat hy aan diabetes gelei het, toe hy die polis in 2014 uitgeneem het nie. Ganas se weduwee gaan egter appelleer teen die Ombudsman se beslissing. Maar hoekom is dit nie maar net nog 'n geval van 'n versekeraar wat alles probeer om nie 'n eis uit te betaal nie? Die bedryfshoof van Momentum, Johann Le Roux....
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners