Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Prokureur het die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal in Durban gedwing om 'n pasiënt te behandel vir wie hulle na bewering nierdialise geweier het omdat spore van dagga in sy gestel gevind is. Die SAUK het verlede week met die 44-jarige man gepraat, wat net drie weke om te lewe gegee is tensy hy benadeling sou ontvang.
    3 min
  • Monitor
    Verskeie Tuks-studente en -personeellede is omgekrap oor die manier waarop die universiteit selfdood-gevalle en pogings tot selfdood hanteer. Hulle het gister 'n stil plakkaatoptog by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus gehou om aandag hierop te vestig. Hulle griewe sluit in dat die beraders by die Universiteit volgens hulle of oorwerk of onbekwaam is, en by tye te besig is om studente binne 'n redelike tydperk te sien. Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.
    8 min
  • Monitor
    Die vier grootste selfoonmaatskappye sal vandag voorleggings maak aan die Mededingings Kommissie se ondersoek na data pryse. Die kommissie, wat in Pretoria sit, het reeds gehoor dat data in Suid-Afrika sowat sewe keer duurder is as die goedkoopste data in Afrika. Arm mense word ook uitgebuit deur kleiner hoeveelhede data te koop, omdat dit al is wat hulle kan bekostig. Liela Magnus doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Duisende matrikulante het vandeesweek begin met hulle eindeksamen en die meeste van hulle maak daagliks gebruik van openbare vervoer, om by die skool uit te kom. In die Wes-Kaap is daar groot kommer dat matrikulante nie betyds by hul eksamenlokale sal uitkom nie. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant, sê treine word gevandaliseer en gevolglik is daar te min treine wat ry. Hy sê die openbare vervoer bedryf soos die MyCiTi busdiens en taksie operateurs, moet planne instel om te verseker, dat matrikulante betyds by hul eksamenlokale uitkom.
    4 min
  • Monitor
    Landbou-tegnologie word daagliks meer gevorderd, en kan glo 'n positiewe impak hê op volhoubaarheid, voedselsekerheid en omgewingsbewaring. Tydens 'n landwye konferensie is nuwe tegnologie bekendgestel, wat die onderhoud en bestuur van plantasies, boorde en wingerde, kan vergemaklik. Marlinee Fouche berig dat die tegnologie gebruik maak van hommeltuie en algo-ritmes, om boere 'n beter idee te gee wat op hulle plase gebeur....
    3 min
  • Monitor
    Die begrafnisdiens van oud-minister Pik Botha gaan volgende week Dinsdag vanuit die NG Kerk in Wonderpark, Pretoria plaasvind. Die 86-jarige Botha is vroeg Vrydag in sy slaap by sy huis in Pretoria dood, nadat hy die afgelope paar weke siek was. Hy was op 'n stadium die langsdienende Minister van Buitelandse Sake in die wêreld. Hy het die amp beklee tydens die bewind van John Vorster, P.W. Botha, en F.W. de Klerk. Hy het ook van 1994 tot 1996, in oudpresident Nelson Mandela se kabinet gedien. MONITOR het die volgende POLITIEKE huldeblyk saamgestel..
    12 min
  • Monitor
    Die Sunday Times Sondagkoerant het in gister se uitgawe erken dat hy vals berigte geplaas het oor moorde in Cato Manor by Durban, 'n geheime ondersoekeenheid in die Inkomstediens, en die deportasie van Zimbabwiërs. Die koerant het om verskoning gevra en ingestem om die prysgeld terug te gee wat met toekennings vir die berigte gewen is. Ons praat nou verder hieroor met die veteraan-joernalis, skrywer en politieke kommentator Max du Preez..
    8 min
  • Monitor
    Die rolprent "Kanarie" het die afgelope week drie internasionale toekennings ingepalm. In Chicago is dit aangewys as die beste fiksie-speelfilm, terwyl dit onderskeidelik as "Beste internasionale film" en "Beste speelfilm" by Atlanta se LGBT-rolprentfees "OUT" in die VSA bekroon is. "Kanarie" se storie is gegrond op die komponis Charl-Johan Lingenfelder se eie ervaring in die Suid-Afrikaanse weermagkoor. Lingenfelder het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat hy deur die musiek vlerke aan sy karakters wou gee.
    7 min
  • Monitor
    Die SAUK se finansiële bestuurshoof, Yolande van Biljon, was gister deel van die SAUK-direksie wat sy 2017/2018 finansiële state aan die Parlement voorgelê het. Vandag vergader die openbare uitsaaier se topbestuur met verskeie vakbonde - onder meer BEMAWU, om die uitsaaier se finansiële herstrukturering te bespreek. Die SAUK sê op sy beurt die huidige salarisrekening is onvolhoubaar hoog. Vir die jongste hieroor, praat Anita Visser met die finansiele bestuurshoof, Yolande van Biljon...
    7 min
  • Monitor
    Voorvalle van kinder-ontvoerings, soms met noodlottige gevolge, was die afgelope tyd gereeld in die nuus. 'n Onlangse skool-uitstappie na Johannesburg het byna deel geword van die statistiek. Marlinee Fouche het twee hoërskool leerlinge raakgeloop wat beweer dat daar 'n poging aangewend is om hulle te ontvoer. As hulle NIE kop gehou het nie, kon hulle moontlik vandag vermis gewees het. Die meisies, onderskeidelik 15 en 17 jaar oud, was saam met 'n skoolgroep by die Westgate winkelsentrum in die Gautengse Wesrand, toe 'n man in sy middel-twintigs een van hulle aan die arm beet gekry het...
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners