Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Vandeesweek plaas die media die fokus op die belangrikheid van 'n testament - en die dokument is nie sommer een wat jy SELF vinnig kan opstel nie, al het jy min geld en besittings om na te laat. Só waarsku die Uitvoerende Hoof van die Fidusiere Instituut van Suid-Afrika, Louis van Vuuren.
    14 min
  • Monitor
    'n Jaar gelede is die Britse openbare betrekkinge maatskappy, Bell Pottinger, onder administrasie geplaas na 'n skandaal as gevolg van sy verbintenis met die Gupta-familie en sy aktiwiteite in Suid Afrika. De maatskappy bestaan nie meer nie. Maar die gevolge van Bell Pottinger se aktiwiteite - oftewel sy nalatenskap van skade - duur ongelukkig nog voort. Gillian de Gouveia doen verslag…
    6 min
  • Monitor
    Die mede-skrywer van die boek “The boys of Bird Island”, Chris Steyn, sê sy het nie vir haar lesers weggesteek dat sy met 'n voormalige lid van die Burgerlike Samewerkingsburo getroud was nie. Steyn het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê ondersoekende joernalis Jacques Pauw het verskeie feite foute gemaak in sy resensie van die boek. Volgens haar het sy respek vir Pauw se joernalistieke vernuf, maar dat hy eers voor sy eie deur moet vee, voordat hy vir oorlede speurder Mark Minnie van slordige speurwerk aankla.
    10 min
  • Monitor
    Wêreldwyd word daar vandag gefokus op die voorkoming van selfdood. Volgens die Suid-Afrikaanse Angs en Depressie Groep is daar in ons land elke dag 23 geslaagde selfmoorde en 460 pogings daartoe. Professor Alban Burke, hoof van die Sentrum vir Sielkunde-Voorligting aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Anita Visser oor die universiteit se nuwe program om jongmense te verhoed om hulle eie lewens te neem.
    25 min
  • Monitor
    Die gebruik van plofstowwe in transito-rooftogte bekommer sowel die polisie as akademici. Sedert 1997, is kontant-in-transito-rooftogte deel van die alledaagse nuushooftrekke in Suid Afrika. Maar oor die laaste paar maande lyk dit of die rowers hulle werkswyse verander het en meer astrant begin raak. Gillian de Gouveia het die verslag saamgestel…
    9 min
  • Monitor
    September is Erfenismaand. In Suid-Afirka met sy elf amptelike tale, mag ons dalk politieke politieke en ekonomiese gebreke ly, Maar wat taal en kultuur betref het ons baie om ons mee besig te hou. 'n Nuwe taal maak n Nuwe wêreld oop" is dan ook die credo van die 38-jarige Karien Brits, bestuurder van taal by die ATKV. Sy is onder meer betrokke by die MEERTALIGHEIDS projek in Soweto. Vir haar onderstreep dit dan ook die belangrikheid van taal as n versoeneningsmiddel. Anita Visser het met haar gepraat...
    11 min
  • Monitor
    Die Nasionale Vergadering het die wysiging op die wet op Bevoegdhede, Voorregte en Vrywaring aanvaar. Die wet bepaal wanneer en hoe 'n parlementslid, tydens 'n sitting of komitee vergadering verwyder moet word. Die wysiging volg op 'n beslissing deur die Konstitusionele hof dat artikel 11 van die wet ongrondwetlik is. Die artikel het toegelaat dat enige persoon wat ontwrigtend is verwyder en in hegtenis geneem kan word, wat ook lede van die parlement insluit. Zalene Merrington berig.
    4 min
  • Monitor
    Al word lente gewoonlik met blomme en vreugde vereenselwig - is die seisoensverandering ook sinoniem met depressie. 'n Psigiater verbonde aan die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep - SADAG - Dr Rykie Liebenberg het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat dit 'n baie besige tydperk vir sielkundiges en psigiaters. Volgens haar is "lig" en "vitamien D" altwee faktore wat 'n rol speel in depressie.
    5 min
  • Monitor
    Die gesin van die agt jarige, Melissa Kanguya van Platfontein net buite Kimberley, wil hê haar moordenaars moet agter tralies sit. Kanguya is Saterdag begrawe, nadat sy vir 'n week vermis was. Sy is glo verkrag en aangerand. Fresto Mangumbu het die begrafnis bygewoon.
    3 min
  • Monitor
    Minstens 800 honde word elke week in Suid-Afrika met die verbode plaagdoder, Aldicarb, vergiftig. Dit is volgens die gifkenner, Gerhard Verdoorn, wat sê die gif, wat algemeen bekend staan as Two Step of halipirim, is verantwoordelik vir ten minste honderd moorde per jaar in Johannesburg alleen. Jamaine Krige het na die strate gegaan om te sien hoe maklik hierdie gif beskikbaar is.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners