Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die wêreld se eerste lewer-oorplanting van 'n MIV-positiewe ma na haar kind, wat nie die virus het nie, is in Suid-Afrika uitgevoer. Daar is regoor die wereld daaroor berig. Die medici het die operasie duidelik nie sonder wroeging gedoen nie en ook binne die konteks van 'n desperate situasie - trouens hulle het die besluit beskryf as 'n Salomo-besluit. Anita Visser het met Prof Anton van Niekerk - die hoof van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch - gepraat.
    9 min
  • Monitor
    Die Gautengse polisie het Dinsdag 'n saak van poging tot moord geopen ná 'n skietvoorval in Westbury, wes van Johannesburg. Dit het gebeur enkele ure na die minister van Polisie, Bheki Cele, se besoek aan die buurt waartydens hy belowe het dat die polisie se taktiese reaksie-span ontplooi sal word om sulke voorvalle te voorkom. Die gemeenskap betoog reeds twee weke lank oor bende- en dwelmverwante misdaad in die gebied. Anita Visser het met rolspelers in dienbuurt gepraat.
    18 min
  • Monitor
    In Julie vanjaar het die voorsitter van die Sernick Groep en die Vrystaatse 2016 Boer van die Jaar, Nic Serfontein, 'n pleidooi aan President Cyril Ramaphosa gerig om kommersiële boere te betrek by sy planne vir grondhervorming. Die gevolg was dat Ramaphosa hom betrek het by 'n paneel van net tien raadgewers oor hervorming. In sy ope brief aan Ramaphosa wat goeie vrug vir hom gedra het, skryf Serfontein: "My motivering vir die skrywe van die brief is nie vrees om my plaas te verloor nie, maar dat ek oor die afgelope drie jaar eerstehands ervaar het watter hel opkomende boere deurgaan weens die feit dat hulle oor die afgelope 24 jaar deur die regering versaak is." Nic was ook vanoggend Monitor se ateljeegas.....
    19 min
  • Monitor
    Dit was oud-president Bill Clinton se huldeblyk aan die bokser Mohammed Ali, waarby Ton Vosloo aanklank gevind het: "He decided that not his race nor the expectation of others, would strip him of his power to tell his own story." En dis presies wat Naspers se gewese grootbaas gedoen het met sy boek, Oor Grense. Anita Visser het met hom gepraat.
    18 min
  • Monitor
    Ons hoofstorie vanoggend is die betogings en geweld wat die afgelope ruk in verskeie woonbuurte in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en Noord-Kaap plaasvind onder die vaandel, SHUTDOWN. Dit is daarop gemik om bedrywighede in sekere woonbuurte tot stilstand te dwing uit verset teen onder meer bendegeweld en dwelmmisbruik in die gebiede. Ons het vroeer gehoor dat dat paaie in en om die Westbury-woonbuurt reeds gesluit is weens geweld wat sedert vroeg vanoggend daar uitgebreek het. Buitebande word gebrand en na verneem word het die polisie reeds op betogers gevuur. Ons gaste is Shahim Ismael, 'n gemeenskapsleier, Tilly Michaels van die plaaslike polisiëringsforum en 'n anti-dwelm aktivis Eldoradopark, Dereleen James. Hier is deel een van die onderhoud....
    16 min
  • Monitor
    Deel 2 van die storie oor betogings in Westbury in Johannesburg waar inwoners betoog teen bendegeweld en dwelmmisbruik in die gebiede. Ons het vroeer gehoor dat paaie in en om die Westbury-woonbuurt reeds gesluit is weens geweld wat sedert vroeg vanoggend daar uitgebreek het. Hier is Deel 2 van die onderhoud....
    13 min
  • Monitor
    Krieket Suid-Afrika en die SAUK het 'n venootskap aangekonding vir die nuwe 2018 T20- krieket liga. Die venootskap gee die SAUK eksklusiewe uitsaai-regte vir die Sub- Sahara streek. Die venootskap sal vir drie jaar geld. Die SAUK se finansiële hoof, Yolande van Biljon sê die ooreenkoms laat die SAUK toe om in krieket liefhebbers se befhoetes te voorsien en om luisteraar- en kykers gehore te groei.
    3 min
  • Monitor
    Die joernalis, Stephan Hofstatter se boek, Licence to Loot is gisteraand in Johannesburg te midde van oproer en betogings bekend gestel. Anita Visser praat met die gebore Oostenryker oor die vele onthullings in sy boek wat vir groot reaksie sorg...
    19 min
  • Monitor
    Vandag is Internasionale Alzheimers Dag. Wêreldwyd is daar sowat 44 miljoen mense wat aan die toestand ly. Gewoonlik kry die pasiente - relatief gesproke - heelwat media aandag, maar die familie-lede wat saam deur die toestand worstel, se verhale word minder dikwels vertel. Werner Zybrands is n munisipale dienste konsultant wat op Bettiesbaai, Wes-Kaap woon. Sy vrou, Bibette, is 10 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer, alhoewel Zybrands sê die eerste tekens van Alzheimers het hy reeds 16 jaar gelede by sy vrou opgemerk. MONITOR het hom gevra om sy verhaal met ons te deel.....
    12 min
  • Monitor
    Die Konstitusionele hof het eergister beslis dat mense dagga mag gebruik, besit en kweek ....solank dit in die privaatheid van hulle wonings geskied. Maar wat presies beteken dit in die praktyk, en waar word die streep getrek? Ons praat nou met 'n strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, dr. Llewellyn Curlewis.....
    8 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners