Die storie van 'n jong gay troepie wat sukkel om sy seksualiteit tydens sy diensplig in die tagtigerjare te aanvaar - is as die beste rolprent by die Silwerskermfees aangewys. Regisseur Christiaan Olwagen, wat ook vantevore as beste regisseur by die fees aangewys is vir die fliek "Johnny is nie dood nie", is ook weereens met die eer beloon. Olwagen het by die fliek se Silwerskermfees-première aan Anna-Marie JANSEN VAN VUUREN vertel waar "Kanarie" se inspirasie vandaan gekom het.
Die Landbouweekblad/AgriSA grondberaad dui dalk op 'n keerpunt in die grondbebat in Suid-Afrika. Die beraad van twee dae het verskillende maniere ondersoek oor hoe kommersiële boere hul plaaswerkers en die gemeenskap gehelp het om self te begin boer. Die uitdagings vir swart opkomende boere is ook bespreek. Liela Magnus doen verslag.
Die rolprent "Stropers" het onlangs 'n staande applous by die Cannes-rolprentfees geniet, voordat dit sy eerste Suid-Afrikaanse buiging by die Silwerskerm-filmfees in Kampsbaai gemaak het. Dit gaan oor die magstryd tussen twee seuns in 'n geisoleerde Afrikaner-boeregemeenskap. Die 15-jarige Alex van Dyk het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren vertel van die donker rol wat hy vertolk het as 'n verwaarloosde weeskind.
President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse president, Donald Trump, gekritiseer omdat hy hom met die grondvraagstuk in Suid-Afrika bemoei het. Trump het onlangs getwiet dat Suid-Afrika reeds wit boere se grond sonder vergoeding begin onteien het. Trump het glo ook sy minister van buitelandse sake gevra om na die saak te kyk. Die nasionale parlement het onlangs 'n openbare deelnameproses afgehandel oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet wat onteiening van grond sonder vergoeding glo sou kan vergemaklik. Hendrik Martin doen verslag.
Wat sal 'n moeder so ver dryf dat sy die lewe van haar eie kind neem? Die vraag word nou in 'n rolprent ondersoek. Die fliek "Ellen, die Ellen Pakkies storie" het sy Suid-Afrikaanse buiging by die Silwerskermfilmfees in Kampsbaai gemaak, en Anna-Marie Jansen van Vuuren was daar...
Wat sal ''n moeder so vêr dryf dat sy die lewe van haar eie kind sal neem? Dit was die vraag wat op menigte Suid-Afrikaners se lippe was – EN nou in ''n rolprent ondersoek word. Die fliek “Ellen, die Ellen Pakkies storie” het sy Suid-Afrikaanse buiging by die Silwerskermfilmfees in Kampsbaai gemaak waar dit met drie groot toekennings vereer is: Jill Levenberg as beste aktrise vir haar rol as Ellen terwyl Jarrid Geduld wat Abie Pakkies speel ook aangewys is as beste akteur. Die skrywer Amy Jephta het ook met die toekenning vir beste draaiboek van 'n speelfilm by die fees weggestap. Anna-Marie Jansen van Vuuren was daar.
Venezuela word heel moontlik die wêreld se eerste moderne mislukte staat. Dit is die mening van die senior direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Besigheidskool, Professor Lyal White. Hy het aan Marlinee Fouche gesê die land is nie net in 'n ekonomiese krisis gewikkel nie, maar ook 'n humanitêre een.
Intussen sê professor Sary Levy-Carciente aan die Sentrale Universiteit van Venezuela, en 'n Direkteur van die Nasionale Akademie van Ekonomiese Wetenskap, dat almal in die land geraak word deur die ineenstorting. Sy het aan Marlinee Fouche gesê ander lande kan baie uit Venezuela se foute leer, veral wanneer eiendomsreg en populisme ter sprake kom.
Venezuela gaan heel moontlik die wêreld se eerste moderne mislukte staat word. Dit is die mening van die senior direkteur van die Universiteit van Johannesburg se Besigheidskool, Professor Lyal White. Hy het aan Marlinee Fouche gesê die land is nie net in 'n ekonomiese krisis gewikkel nie, maar ook 'n humanitêre een.
"Almal in Venezuela word geraak deur die ekonomiese ineenstorting," sê Professor Sary Levy-Carciente aan die Sentrale Universiteit van Venezuela, en 'n Direkteur van die Nasionale Akademie van Ekonomiese Wetenskap. Sy het aan Marlinee Fouche gesê ander lande kan baie uit Venezuela se foute leer, veral wanneer eiendomsreg en populisme ter sprake kom...
5 min
About Monitor
From the publisher's feed
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.