Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Eskom gaan weer eens aansoek doen om vrygestel te word van minimum emissiestandaarde by baie van sy kragsentrales. Dit beteken besoedelingsbeheermaatreels soos deur die departement van Omgewingsake voorgeskryf sal - soos in 2013 - weer uitgestel word. Eskom sê hy sukkel om die standaarde toe te pas, en sal as deel van sy aansoek ook 'n openbare deelnameproses loods. Die Sentrum vir Omgewingsregte moedig mense aan om die openbare vergaderings by te woon en beswaar teen Eskom se aansoek aan te teken. Anita Visser praat met die hoof van die sentrum se besoedelings- en klimaatveranderingsprogram, Robyn Hugo.
    4 min
  • Monitor
    Is daar Afrikaners vir die toekoms? - dis die vraag wat Solidariteit Akademies gaan navors het. By my in die ateljee is Connie Mulder, die Hoof van Solidariteit se Navorsings-instituut, asook dr Dirk Hermann, die Bestuurshoof van die organisasie:
    19 min
  • Monitor
    President Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimilusplan se koste vir Suid-Afrika word bereken op sowat 43-miljard rand. Die Nasionale Studente Finansieringsplan oftewel NSFAS, gaan die regering uiteindelik tot 60 miljard rand kos. Die DA se Alf Lees waarsku dat die regering se finansiële waarborg van 59-miljard rand aan staatsbeheerde instellings die staat se skuldlas gaan verhoog tot 60 persent van die Bruto Binnelandse Produk. Intussen is die staatsinkomste onder groot druk en die ekonomie groei stadig. Dit alles beloop nagenoeg 162-miljard rand wat Suid-Afrika se belastingbetalers sal moet opdok. Anita Visser praat met Professor Jannie Rossouw, Hoof van die Skool vir Ekonomiese en Sake Wetenskappe by WITS en die hoof-ekonoom by die Efficient groep, Dawie Roodt....
    16 min
  • Monitor
    Die Verening van Staatsamptenare sê die regering se kat-en-muis-speletjies met die toekoms van staatsdienswerkers, is onaanvaarbaar. Die vakbond het so gereageer op gister se aankondiging deur die minister van Staatsdiens en Administrasie, Ayanda Dlodlo, dat die regering nie beplan om meer as 30-duisend staatsdienswerkers af te lê nie. Dit ondanks vroeere mediaberigte wat tot paniek in die sektor gelei het. Dlolo sê hulle oorweeg vrywillige skeidingspakkette pleks van afleggings. Die Vereniging se hoofbestuurder, Ivan Fredericks sê hulle is ongelukkig oor die regering se aankondigings in die media sonder die nodige oorlegpleging.....
    4 min
  • Monitor
    'n Aansoek is gister by die Wes-Kaap Hooggeregshof ingedien waarin die Universiteit Stellenbosch Regskliniek, Summit Financial Partners en 10 van hul kliënte, regterlike ingryping versoek. Dit hou verband met onwettige skuld-invorderingspraktyke van na bewering meer as 'n miljard rand. Ons praat nou hieroor met Stephan van der Merwe, die Senior Prokureur en Notaris Publiek by die US Regskliniek..
    9 min
  • Monitor
    Magnus Malan se familie beoog volgens mediaberigte regstappe na die publikasie van Chris Steyn en Mark Minnie se boek, "Seuns van Bird-eiland". Anita Visser het met Llewellyn Curlewis, 'n regskenner aan die Universiteit van Pretoria gepraat.
    7 min
  • Monitor
    Die land is steeds aan't praat oor die Magnus Malan pedofilie skandaal. Alet van Rensburg-Wright van die SAUK se veel-bekroonde TV program, FOKUS, sê egter daar was ook al in die verlede reeds bewerings oor bande tussen drie oud-Nasionale Party ministers en die veroordeelde pedofiel Gert van Rooyen. Anita Visser het met haar gepraat.
    13 min
  • Monitor
    Mense wat op die oewer van die Vaalrivier bly sê hulle kan nie meer toekyk hoe die water besoedel word nie. Johan de Klerk, die eienaar van die hengelbesigheid Twin Series Fishing, het 'n video op sosiale media geplaas waarin hy sê die water is so besoedel dat dooie visse en voëls orals op die walle van die rivier lê. Anita Visser het met hom gepraat.
    6 min
  • Monitor
    Die Vaalrivier-streek se waterprobleme is 'n groot kopseer vir die inwoners, sedert rioolwater vanaf die Emfuleni waterwerke in die rivier gestort is. Johan de Klerk, die eienaar van 'n hengel-onderneming, het met Vincent Mofokeng gepraat...
    3 min
  • Monitor
    Onwettige delwers in Kleinsee en Port-Nolloth in die Noord-Kaap dring daarop aan dat die regering hulle permitte gee. Hulle sê die gebied waar hulle delf is nie gevaarlik nie - omdat dit bogronds in die diamantryke myndorpie is. Hulle sê voortslepende botsings met die polisie verhoed hulle om te delf. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi besoek Kleinsee en het diè verslag saamgestel…
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners