Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Oud-woordvoerder van senior weermaglede wat destyds om amnestie by die Waarheids- en Versoeningskommissie aansoek gedoen het, Generaal Dirk Marais, verwerp die beweringe dat apartheidsministers soos Magnus Malan deel van 'n pedofolie-netwerk was. Marais was die woordvoerder van Malan en offisiere soos Georg Meiring, Constand Viljoen en Jannie Geldenhuys. Die beweringe word gemaak in die boek, "Die seuns van Bird Island" deur 'n oud-polisieman Mark Minnie en 'n ondersoekende joernalis, Chris Steyn wat die naweek bekendgestel is.
    2 min
  • Monitor
    Leon Wessels, 'n oud-kollega van Generaal Magnus Malan in PW Botha kabinet, betreur intussen die beweringe van 'n pedofolie-ring in die boek "Die Seuns Van Bird-eiland". Hy gee toe dat hoewel hy hoop dit word nie deur sensasie gedryf nie, die bewerings nie onder die mat gevee behoort te word nie. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.
    3 min
  • Monitor
    Generaal Magnus Malan was 'n pedofiel wat aan seksorgries met jong seuns op Bird-eiland naby Port Elizabeth deelgeneem het. Dit is nou volgens die skrywers van die boek: "Die Seuns van Bird Island", deur die voormalige speurder, Mark Minnie, en 'n ondersoekende joernalis, Chris Steyn. Die skrywers beweer dat nog 'n kabinetslid van oud-president PW Botha en 'n sakeman se name genoem word as deel van die seksnetwerk. Die opdraggewende redakteur van Tafelberg uitgewers, Maryna Lamprecht, het aan Metzi van der Merwe gese^ die aantygings teen Malan en die ander is ontstellend.
    5 min
  • Monitor
    Internasionale borsvoedingsweek begin vandag, met die tema "Borsvoeding as Fondament van Lewe". Verskeie organisasies, insluitend die Wêreld Gesondheidsorganisasie en UNICEF, is deel van die veldtog. Die doel van die week is om bewusmaking te skep dat borsvoeding 'n groot rol speel in voeding, voedselsekerheid en die verligting van armoede. Marlinee Fouche berig dat baie Suid-Afrikaanse vroue toenemend hierdie metode verkies. Hoewel dit heelwat gesondheidsvoordele vir beide ma en kind inhou, is dit egter iets wat nog nie geredelik in die samelewing aanvaar word nie.
    6 min
  • Monitor
    Wat presies gebeur met 'n lyk wat vir mediese navorsing en opleiding geskenk word? Baie mense het in die vraag belanggestel na Monitor verlede week berig het oor alternatiewe tot tradisionele begrafnisse en verassings. Monitor het Maandagoggend verduidelik HOE iemand kan verseker dat hulle wel geskenk word. Vandag berig Hanri Wondergem oor wat met die lyk gebeur sodra dit by die universiteit aankom....
    5 min
  • Monitor
    'n Grondberaad met 'n verskil. So beloof een van die sameroepers van 'n byeenkoms wat volgende woensdag in die kasteel in Kaapstad gehou word. Die beraad sal verskeie verteenwoordigende groepe van die sogenaamde Eerste Nasie onder een dak byeen bring. Hoofregter Mogoeng Mogoeng sal ook saam met kerk- en politieke leiers en die boeregemeenskap insette lewer oor hoe die grond- en identiteits kwessie aangepak moet word. Anita Visser lei die gesprek.
    18 min
  • Monitor
    Die Raad van Onderwysministers - dit is nou provinsiale onderwysministers plus die minister van Basiese Onderwys - het die departement van Basiese Onderwys se beleid oor tuisonderrig goedgekeur. Daar word verwag dat die minister, Angie Motshekga, dit binnekort sal bekragtig. Dit volg na byna vier jaar van raadpleging met verskeie belanghebbendes. Anita Visser het met die departement sowel as een van die belangehebbende instansies, die Pestalozzi Trust, gepraat.
    15 min
  • Monitor
    Ons het verlede week op Monitor berig oor alternatiewe tot tradisionele begrafnisse en verassings. Van die luisteraars het voorgestel dat lyke vir mediese navorsing geskenk word. Ons is toe gevra hoe om te werk te gaan om dit te doen - en Monitor het die antwoord. Hanri Wondergem berig dat dit 'n eenvoudige proses is.
    3 min
  • Monitor
    'n Toename in organiese eetgewoontes in Europa, verhoog die behoefte aan organiese produsente, veral in Nederland. Marriam Fabri van BioNext in Holland sê die bedryf kan nie voorbly met die vraag en aanbod nie. Malixole Gwatyu is een van die joernaliste wat deur die Nederlandse Ambassade in Suid-Afrika na die 2018 Wêreldkongres vir Landboujoernaliste in Nederland genooi is. Hy het die verslag saamgestel....
    5 min
  • Monitor
    Om kwart voor tien - Maandag oggend, 4 Desember 2017, open die hoof van Steinhoff se ouditkomitee, Steve Booysen, 'n epos wat sy vermoede bevestig, daar was fout met Steinhoff se boeke. In een week verloor die groep 200 milrand rand se waarde en een van die land se rykstes, Christo Wiese is 37 miljard rand kwyt. G.T Ferreira verloor effektief meer as 'n miljard rand in die debakel. Hy beskryf sy gevoelens as: "Skok, ongeloof. Jy is kwaad vir jouself. " Wiese sê eenvoudig: "Die krisis het ons soos n weerligstraal uit die bloute getref." Oor die einste aandele Dood-Spiraal, het James-Brent Styan nou n boek geskryf. Steinhoff en die Stellenbosse boys - hy is dan ook vanoggend die ateljeegas....
    10 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners