Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    In Suid-Afrika word leeus gestroop vir verskillende liggaamsdele en nie vir hulle gebeentes nie. So sê 'n Senior Handelsbeampte, by die Natuurlewe en Handelsprogram van die Endangered Wildlife Trust, Dr Kelly Marniwicke. Dit volg nadat ses leeus die afgelope naweek in die De Rust omgewing in Limpopo vergiftig is.
    4 min
  • Monitor
    Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement gaan negentig nuwe verpleërs oplei, om die kroniese tekort aan gesondheidspersoneel in die provinsie te verminder. Die studente sal verpleegdiplomas ontvang, nà die voltooing van hulle kursus by die Henrietta Stockdale-verpleegkollege in Kimberley. Na hul kwalifisering sal hulle posisies vul wat verloskunde, gemeenskaps en psigiatriese gesondheidsverpleeg insluit. Reginald Witbooi het hierdie verslag saamgestel.
    3 min
  • Monitor
    Grahamstad in die Oos-Kaap se naam word na Makhanda verander. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mtetwa, het die naamsverandering in die staatskoerant gepubliseer, na 'n openbare deelname proses. Makhanda was 'n Xhosa vegter, wat sy nasie verenig het in hul stryd teen die Britse Ryk.
    4 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moedig belastingbetalers aan om hul opgawes op die internet in te dien om die aantal mense by Jan Taks se kantore te verminder. Die belasting seisoen het amptelik op 1 Julie begin.
    4 min
  • Monitor
    Die hoof van Tegniese Afdeling by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting beroepslui, Piet Nel, het met Anita Visser gesels oor die belastingseisoen wat begin het. Hy gee ook praktiese raad vir belastingbelaters wat hul opgawes gaan indien.
    16 min
  • Monitor
    Kinders behoort beskerm te word teen protes optogte by skole. So sê advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront plus. Die party het 'n kennisgewing gepubliseer, dat die publiek nou 30 dae tyd het om te reageer op 'n privaatlid wetsontwerp, wat protesoptogte by plekke van onderrig sal verbied.
    4 min
  • Monitor
    Gesondheids praktisyns in Noordwes sê die Nasionale Gesondheids versekering skema se loodsprojek in die provinsie het reeds misluk. Die Vereniging vir Landelike Dokters in Suid-Afrika, Rudasa, sê meeste dokters wat by het projek betrokke was, is nie betaal nie en het daarom ophou werk. Maar as die loodsprojek van die Nasionale Gesondheids Versekerings plan, al in een provinsie misluk het, watter kans staan dit om landwyd sukses te behaal. Anita Visser praat met 'n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse ginekologie vereniging, dr Johannes van Waart.
    10 min
  • Monitor
    Die Hooggeregshof in Delhi het 'n projek om meer as 16 duisend bome af te kap, tydelik gestop. Indië se regering wil behuisingseenhede vir regerings amptenare in die gebied bou.
    2 min
  • Monitor
    Meer as een miljoen mense is afhanklik vir inkomste van die suiker bedryf in Suid-Afrika, wat nou by n kruispad is. So sê Suresh Naidoo, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging. Verskeie rolspelers in die bedryf het na die Department van Handel en Nywerheid se kantoor opgeruk, om 'n aansoek vir 'n tariefverhoging op invoere by die internasionale handelsadministrasie kommissie in te dien.
    5 min
  • Monitor
    Gemeenskappe uit voorstede wes van Johannesburg, neem 'n multi-nasionale myn maatskappy hof toe om sy bedrywighede hier te stop. Die inwoners van Creswell Park, Fleurhof, Hamburg, Florida en GEORGINA naby Roodepoort, dagvaar die Australiese West Wits Mining Limited maatskappy
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners