Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    MONITOR se kollegas in Kaapstad berig al vir maande lank oor die geweld op die Kaapse Vlakte. Vrydag het ons die nuus gedra dat die Minister van POLISIE, BHEKI CELE, gesê het dat die weermag beslis nie op die vlakte ontplooi gaan word nie, ten spyte van opposisie politici wat glo die weermag is die antwoord op die voortslepende bende en dwelm-verwante geweld, wat maandeliks nuwe lewens eis. Maar wat is die ROL van die weermag en wat DOEN soldate nou eintlik as hul nie op vredes sendings ontplooi word nie? Is dit nie n praktiese idee om hulle dan juis te ontplooi op die VLAKTE waar die polisie klaarblyklik nie in beheer is van die situasie nie? Ons steek vanoggend kers op by Professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit KRYGSKUNDE aan die Universiteit van Stellenbosch:
    11 min
  • Monitor
    Vanoggend is ons tema leierskap na aanleiding van die 100-jarige herdenking van die geboorte van Nelson Mandela, wat sy filosofie daaroor so gedefinieer het: "Lead from the back - and let others believe they are in front." Anita Visser praat met professor Piet Naude van die Universiteit van Stellenbosch se sakeskool.
    13 min
  • Monitor
    Wanneer jy die naam "Koos van der Merwe" hoor, dink jy dalk aan 'n Vrystaatse boer in kakhi-klere. Maar...daar's 'n "Koos van der Merwe" in Hong Kong, met 'n winkel in die hart van Tsim Sha Tsui in Kowloon. Sy regte naam is PC Cheng. Hoewel hy 'n gebore Chinees is, is hy in sy hart 'n Suid-Afrikaner, en het hy oor die 40 jaar van sy winkel se bestaan deel geword van die uitgebreide Suid-Afrikaanse Lugdiens-familie. Sy bynaam "Koos van der Merwe" het hy jare gelede by 'n Suid-Afrikaanse vrou gekry, wat glo sy meisie was. Liela Magnus het by hom in sy winkel gaan kuier....
    6 min
  • Monitor
    As jy 'n voorliefde vir motors het, wag daar 'n skatkis op jou in die Karoo... Karre en vragmotors wat oor die laaste eeeu vervaardig is, word in Loxton uitgestal. Reginald Witbooi het gaan ondersoek instel en uitgevind dat al die motors nog in 'n werkende toestand is.
    3 min
  • Monitor
    Gee ons kunswerke terug OF stal dit uit! So roep die openbare program koordineerder by Iziko Museums, Wandile Kasibe, luidkeels uit. Hy is nie al een met die mening nie. 'n Kultuurhistorikus by New York Universiteit, Nicholas Mirzoeff, is ook van mening dat museums in hoofsaaklik Westerse lande, Afrika kunswerke in die argief wegsteek, eerder as om Afrikane die geleentheid te bied om hulle kulturele skatte te besigtig. Kasibe en Mirzoeff het by die Nasionale konferensie van die Suid-Afrikaanse Visuele Kuns-historici in Stellenbosch met Anna-Marie Jansen van Vuuren gepraat.
    5 min
  • Monitor
    'n Groep boere en ander inwoners van die gebied tussen Mahikeng en Zeerust in Noordwes voer 'n verbete stryd teen 'n mynmaatskappy wie se bedrywighede die omgewing kan skaad. Dit volg nadat die maatskappy Viturtrax planne bekend gemaak het om drie mynaanlegte in die omgewing te bedryf. Die gemeenskap sê die die bedrywighede gaan 'n sensitiewe vleilandgebied vernietig. Izak du Plessis berig.
    10 min
  • Monitor
    WAARSKUWING: Inhoud is seksueel van aard. Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys stel voor dat omvattende vseksoorligting deel vorm van die nasionanle kurrikulum. Tans fokus die Nasionale Beleid oor seksvoorligting op aborsies en voorbehoedmiddels. Daar is 'n openbare deelname-proses in hierdie verband aan die gang en Joan-Marie Verhoef berig dat rolspelers gemengde gevoelens hieroor het.
    6 min
  • Monitor
    INTRO:: Duduzane Zuma, die seun van oud-president Jacob Zuma het vanoggend in die handelshof in Johannesburg verskyn op 'n aanklag van korrupsie. Dit hou verband met sy rol in 'n beweerde poging deur die Gupta-broers om die voormalige adjunk-minister van finansies, Mcebisi Jonas met R600 miljoen om te koop. Luidens naweek-koerantberigte het Duduzane en sy prokureur, Rudi Krause Donderdag saam uit Dubai in Suid-Afrika aangekom. Die Valke is glo ontbied en Duduzane is vir 'n wyle op die OR Tambo-lughawe aangehou. Zuma verskyn ook later die week in die Randburgse landdroshof op klagtes van strafbare mansslag wat verband hou met 'n motorongeluk in 2014. Die politieke ontleder, Dr Piet Croucamp en Llewellyn Curlewis, 'n strafregkenner praat met Suzanne Paxton...
    9 min
  • Monitor
    Die onwettige handel in sigarette loop hand aan hand met staatskaping. So glo die Tabak instituut, Tisa, na gesamentlike navorsing met Ipsos. Die instituut beskuldig drie kleiner tabak maatskappye daarvan dat hulle aksyns belasting van minstens sewe miljard rand ontduik het. Volgens Tisa, is die ongeruimthede moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Inkomste diens se doelbewuste besluit om inspeksies by tabak fabrieke te stop. Die besluit is onder leiding van die nou geskorste SAID-kommissaris Tom Moyanê gemaak. Metzi van der Merwe berigdat die 2018 Nasionale Tabak Mark Studie toon dat byna 80 % van onwettige sigarette in die informele sektor verkoop word.
    4 min
  • Monitor
    Project Leopard Conservation sê hy is geskok dat die Sjinese regering enige permitte sou uitreik vir die jag van luiperds sodat die bene in tradisionele medisyne gebruik kan word. Die permit is reeds op 16 Junie uitgereik aan 'n individu om meer as een komma twee ton luiperd- bene aan 'n farmaseutiese maatskappy te voorsien. Die maatskappy is bekend vir hulle sogenaamde Tiger Water waarvan die hoofbestandeel, luiperd-bene in rys-asyn geweek is. Fred Berranger die direkteur van Project leopard Conservation sê in ag genome dat Sjina nie 'n groot luiperd bevolking het nie en dat die luiperd as hoogsbedreig gelys is, is die bene heelwaarskynlik onwettig verkry uit ander lande
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners