Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Suid-Afrika is een van die lande wêreldwyd wat die grootste persentasie van die land se BBP bestee aan die mediese sektor. In Suid-Afrika is vier en tagtig persent van die land se inwoners van die staat afhanklik vir mediese hulp, terwyl slegs 16 persent van die landsburgers toegang het tot privaatsorg en mediese fondse. Tog word die BBP gelyk-op verdeel tussen die twee groepe. Dit beteken dat 84 persent van die bevolking, net toegang het tot 50 persent van die BBP.
    6 min
  • Monitor
    'n 13-jarige meisie van George in die Suid-Kaap is gekies om Suid-Afrika by die 9de Downsindroom Wêreld Swem-kampioenskap in Kanada te verteenwoordig. Minke Janse van Rensburg is een van nege swemmers, wat deur die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuel Gestremdes gekies is, nadat sy vier goud en twee silwer medaljes, by die onlangse nasionale kampioenskappe verower het. Tanya Krause doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Die regering werk aan planne om Saldanha-baai in die Wes-Kaap, die grootste akwakultuur-hub in Suid-Afrika te maak. Beleggings van nagenoeg 400 miljoen rand word vir die gebied beoog, wat tot sowat 3 000 werksgeleenthede kan lei. Die planne vorm deel van die regering se Operasie Phakisa, wat op geleenthede in die see-ekonomie fokus.
    4 min
  • Monitor
    Die Wêreld Gesondheids Organisasie se konsep dat alle burgers van 'n land toegang tot gesondheidsorg moet hê, word universeel aanvaar. Die W.G.O se voorskrifte in die verband, is bekostigbare gesondheidsorg maar nie gratis sorg nie. In Suid-Afrika, sê burgerlike aktiviste soos Mark Heywood van Section 27 dat korrupsie in die gesondheid sektor die land jaarliks tot 30 miljard rand kos en dat die gesondheid stelsel eers reggeruk moet word, voordat enige nasionale gesondheids versekerings plan hoegenaamd kan werk. Maar wat dink medici? Anita Visser het met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se adjunk voorsitter, Professor Mark Sonderrup daaror gepraat.
    13 min
  • Monitor
    Klank opnames van 'n privaat vlieenier se ontmoeting met 'n vreemde vlieënde voorwerp is die week vrygestel. Die voorval het sowat 'n maand gelede in die lugruim bo Huntsville in die amerikaanse deel staat Alabama afgespeel. Dit is egter een van talle sulke vreemde verskynsels wat onlangs deur die Amerikaanse regering bekend gemaak is.
    5 min
  • Monitor
    Klankopnames van 'n privaatvlieenier se ontmoeting met 'n vreemde vlieende voorwerp is die week vrygestel. Die voorval het sowat 'n maand gelede in die lugruim bo Huntsville in die Amerikaanse deelstaat Alabama afgespeel. Dit is egter een van talle sulke vreemde verskynsels wat onlangs deur die Amerikaanse regering bekend gemaak is, berig Justin Kennerley.
    5 min
  • Monitor
    Die verengelsing van die land se howe is een van die redes hoekom daar gevra word dat Suid-Afrika 'n handves van taalregte opstel. Hoewel die grondwet voorsiening maak vir die gelyke status van al 11 amptelike landstale, is 'n dekreet uitgevaardig dat die amptelike hof-taal Engels moet wees. Volgens Hoofregter Mogoeng Mogoeng, sal dit demokrasie bevorder. Marlinee Fouche berig intussen dat meer as die helfte van Suid-Afrikaners wat die staat om regshulp nader, nie Engels verstaan nie...
    4 min
  • Monitor
    Die Liberty-groep se bestuur sê dit blyk nie of enige kliënte geld verloor het toe kuberkrakers sy rekenaarstelsel binnegedring en 'n afpersingsfooi geëis het nie. Liberty sê alle kliente se data, polisse en kontrakte steeds veilig is. Die finansiele dienste maatskappy sê hy is in volle beheer van sy rekenaar stelsel. Volgens die maatskappy het kubekrakers hoofsaaklik toegang tot eposse verkry. Die beskerming van kliente se inligting is geprioritiseer en owerhede is Donderdag in kennis gestel dat daar onwettige toegang verkry is tot die maatskappy se rekenaarstelsel.
    12 min
  • Monitor
    Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans beplan regstappe om hoofregter Mogoeng Mogoeng se dekreet te skrap, dat die amptelike taal in die land se howe Engels moet wees. Volgens Mogoeng, sal demokrasie in die land juis versterk word deur die verengelsing van die howe. Tog berig Marlinee Fouche dat die dekreet kritiek vanuit die land se taal- en regsgeledere lok, wat die verengelsing van die land se howe verbind met kolonialisering en diskriminasie...
    4 min
  • Monitor
    Die Moslem-gemeenskap in Malmesbury is steeds geskok na gister se aanval in die vroeë oggendure by 'n moskee in die Swartlandse dorp. Twee moskeegangers is met 'n mes doodgesteek, en die aanvaller is deur die polisie doodgeskiet. Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie. Carmel Loggenberg Roberts doen verslag.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners