Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Ons benodig 21 miljard rand om ons skuld af te betaal en om gelyk te breek - dis die pleidooi van S.A.L. se nuwe baas, Vuyani Jarana Maar durf ons nasionale lugredery dit eers waag om bakhand te staan, gegewe sy powere rekord van wanbestuur en grootskaalse bedrog? Flippie Vermeulen het vir 42 jaar lank vir S.A.L. gevlieg, waarna hy sy eie lugvaatmaatskappy, SPRINGBOK CLASSIC AIR, gestig het. Vermeulen sê dis nie net korrupsie en wanbestuur wat S.A.L. gebring het tot waar hy nou is nie. Hy glo daar is 'n groter konteks, geskoei op 'n gebrek aan langtermyn-strategieë...
    15 min
  • Monitor
    'n Bloemfonteinse skrywer van misdaadromans glo sy nuwe boek oor die selfmoord van een van die wereld se beroemdste skilders, Vincent van Gogh, sal die kunswereld skud. Nick van der Leek, die skrywer van meer as 70 topverkopers, sê sy nuutste boek "The Murder of Vincent van Gogh" kan dalk lig werp op die vreemde omstandighede van die kunstenaar se dood in 1890. Metzi van der Merwe doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    Die Australiese mynmaatskappy, West Wits Mining Limited, wil mynregte en permitte bekom vir mynbouaktiwiteite in Roodepoort in Gauteng. Die mynmaatskappy wil goud, uraan en silwer ontgin. Die myn het reeds prospekteeregte vir die gebied. Jean Esterhuizen berig.
    5 min
  • Monitor
    Volgens die nuutste statistiek word 'n saak van 'n vermiste kind elke nege ure by 'n Suid-Afrikaanse polisiestasie aangemeld. Hoewel meeste van hierdie kinders weer teruggevind word, is daar baie wat die slagoffers van misdaad word. Hoewel dit kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika is, voel die inwoners van Eldorado Park in Johannesburg dat kinders se veiligheid elke dag van die jaar voorrang behoort te geniet. Skole in die buurt neem aan 'n veldtog deel om alle inligting oor kinders onder ses jaar, selfs hulle vingerafdrukke, op rekord te plaas indien hulle vermis raak. Jamaine Krige berig dat daar soortgelyke veldtogte in ander woonbuurte is.
    5 min
  • Monitor
    Dis 'n vraag wat al dekades lank by mediese wetenskaplikes spook: hoekom is die MIV-epidemie soveel erger in Suid-Afrika as ander plekke in die wereld? Die Verenigde Nasies sê daar's minstens sewe miljoen mense in die land wat met die virus leef. Nou, danksy 'n unieke studie in KwaZulu-Natal, sê sommige van Suid-Afrika se voorste MIV-navorsers hulle het uiteindelik bewys dat verhoudinge tussen jong vroue en ouer mans grootliks verantwoordelik is vir die wereld se grootste MIV epidemie. Vir die eerste keer in Afrika het die wetenskaplikes nuwe genetiese tegnologie gebruik om individue te koppel in sogenaamde "groepe van transmissie" om bevindings te maak. Darren Taylor doen verslag.
    9 min
  • Monitor
    Suid-Afrika se paroolstelsel moet hersien word, en veranderinge moet gemaak word. So sê die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha. Masutha sê oortreders daag dikwels die parloostelsel in die howe uit. 'n Twee-dae lange seminaar vind tans in Kaapstad plaas, om veranderinge binne die parool stelsel te bespreek.
    2 min
  • Monitor
    Die taxi-verenigings Cata en Codeta vra dat die voortslepende taxigeweld op die Kaapse Vlakte moet stop. Minstens tien mense meestal taxi bestuurders, is die naweek dood in taxigeweld. Die geweld gaan glo oor taxiroetes tussen Wynberg en Delft. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant sê hy oorweeg dit om twee taxiroetes in Delft te sluit weens die voortslepende geweld. J
    3 min
  • Monitor
    Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het op 'n vraag van die DA vroeër die maand, gesê dat bykans 2700 moorde op kinders tussen 2014 en 2017 gepleeg is. Meer as 42% van kinders is die slagoffers in verkragtingsake wat in dieselfde tyd plaasgevind het.
    4 min
  • Monitor
    Is Pluto 'n planeet of is dit 'n komeet? Navorsers het in 'n nuwe studie by die Southwest Research Institute in Amerika data geneem van die New Horisons satteliet-missie, wat verby Pluto gevaar het en dit vergelyk met data wat hulle opgeneem het vanaf komeet - 67P. Navorsers stel voor dat Pluto 'n agglomerasie van komete is. Dr Pieter Kotze van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap sê die uitslae is pas bekendgemaak.
    5 min
  • Monitor
    'n Rubriekskrywer van Die Burger, Johann Maarmann, sê dit is die regte tyd om die Springbok nou te slag. Dit is nou die embleem van Suid-Afrikaanse rugby. Maarmann sê die embleem verdeel meer as wat dit versoen, anders as in 1994 toe Oud-President Nelson Mandela voorgestel het, dat die Springbokembleem behou word en dat alle groepe betrek word.
    4 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners