Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die burgerregte organisasie Afriforum, het onlangs heelwat aandag getrek met hulle besoek aan Amerika oor plaasmoorde, asook oor uitlatings wat gemaak is dat Aparthied nie 'n misdaad teen die mensdom was nie. Ons het by van die land se jong Afrikaanssprekendes gaan hoor hoe hulle voel oor die organisasie...
    4 min
  • Monitor
    Israel het op 14 Mei 2018 70 jaar oud geword. Anita Visser het hierdie verslag saamgestel.
    20 min
  • Monitor
    Die afsnydatum vir die openbare verhore van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee, wat die onteiening van grond sonder vergoeding moet oorweeg, gaan heel moontlik uitgestel word. Die komitee het reeds meer as 'n 100-duisend skriftelike voorleggings ontvang. Die afsnydatum vir die skriftelike voorleggings is einde Mei, terwyl die openbare verhore se Augustus afsnydatum dalk tot September verskuif moet word. Vincent Smith, ANC-LP en medevoorsitter van die komitee, se^ al die vergaderplekke wat deur die komiteelede in die proses besoek gaan word, sal vandag (DONDERDAG) aangekondig word. Hy het met Malixole Gwatyu gepraat...
    5 min
  • Monitor
    Afriforum sê president Cyril Ramaphosa se kritiek dui aan dat die ANC nie in voeling is met minderheidsgroepe in Suid-Afrika nie. Die burgerregte-organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het so gereageer na Ramaphosa Kriel en Ernst Roets se toer na Amerika in die parlement gekritiseer het. Izak du Plessis berig.
    4 min
  • Monitor
    Terwyl geskiedkundiges meen dat politici geskiedenis dikwels manipuleer en inspan om hulle eie posisie te versterk, sê argeoloë die aarde vertel nie leuens nie. Marlinee Fouche berig dat argeologie juis kan help om van die leë spasies in ons geskiedenis in te vul. Vondse uit veral die ystertydpek, toon dat hier wel mense in Suider-Afrika voor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652 gewoon het.
    8 min
  • Monitor
    Geskiedenis word tot 'n groot mate deur die maghebbers bepaal. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis AANLYN blad - SA History Online - het 'n artikel gepubliseer oor die sogenaamde leë land-teorie. Daarin verduidelik die skrywers hoe die Britse Ryk en later die Nasionale Party aangevoer het dat die land leeg was en dat swart mense vanuit die noorde en wit mense van die suide deur die land getrek het. Die artikel wys daarop dat die teorie nie histories of antropologies bewys kon word nie. Nou is die vraag of die geskiedenis die politiek van die dag dien of andersom. Metzi van der Merwe doen verslag.
    8 min
  • Monitor
    Suid-Afrika behoort aan die Khoe en San en daarom is die regering se konsultasieproses oor die onteiening van grond sonder vergoeding 'n bedrogspul en nie werkbaar nie. So se^ Anthony Phillip Williams, leier van die Inheemse Eerste Nasie-beweging van Suid-Afrika. Dit volg na 'n Khoe- en San-grondberaad in Johannesburg waaraan verskeie belangegroepe waaronder Afriforum, Black First Land First en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie deelgeneem het. Williams se^ die huidige debat oor grondbesit in Suid-Afrika is oneties as dit sonder die stem of deelname van die Khoe San, die eintlike grondbesitter van die hele Suid-Afrika, plaasvind. Volgens hom moet Suid-Afrika eers simbolies aan die Khoe en San teruggee word, alvorens daar oor enige grondverdeling gepraat kan word. Malixole Gwatyu het met hom gepraat.
    9 min
  • Monitor
    Terwyl geskiedkundiges meen dat politici geskiedenis dikwels manipuleer en inspan om hulle eie posisie te versterk, sê argeloë die aarde vertel nie leuens nie. Marlinee Fouche berig dat die argeologie juis kan help om van die leë spasies in ons geskiedenis in te vul. Vondse uit veral die ystertydpek, toon dat hier wel mense in Suider-Afrika geleef het voor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652...
    5 min
  • Monitor
    As mens aan boelies dink, dink jy gewoonlik aan die skoolterrein. Marlinee Fouche berig egter boeliegedrag kom ook gereeld in die werkplek voor. Hoewel dit post-traumatiese spanning in slagoffers veroorsaak, word dit oor die algemeen nie amptelik erken as 'n probleem nie, en daarom ook nie by die horings gepak nie. Verder toon navorsing dat strukture in die werkplek hierdie gedrag as't ware aanmoedig.
    4 min
  • Monitor
    Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika, OKOSA, het gister sy amptelike wysigings aan die huidige eind-verbruiker en intekenaardienshandves bekend gemaak. OKOSA het verlede jaar ondersoek begin instel na van die kwessies rakende netwerk-verskaffers se reëls en regulasies oor verbruikers se data-bondels. Joan-Marie Verhoef het die besonderhede.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners