Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Augustus het oor die afgelope paar jaar sinoniem met vroue-stories geword. Alhoewel die media allerlei aspekte rakend vroue belig, is daar een sek-or van die samelewing wat min aandag kry - die vroue in ons tronke. Tans sit 4174 vroue in die land agter tralies. Drie vroue in die Bethal -maksimum gevangenis in Mpumalanga het hulle stories met Anita Visser gedeel.
    6 min
  • Monitor
    Die koue oorlog tussen die direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, Arthur Fraser, en die inspekteur-generaal van Intelligensie, Dr Sethlumamaru Dintwe, sal dringend deur President Cyril Ramaphosa ondersoek moet word. Die is die mening van die DA en die burgerregte-organisasie, Right2Know, wat vra dat Ramaphosa vir Fraser in die pad moet steek. Dit volg na bewerings deur Dintwe dat Fraser hom intimideer en dreig in die uitvoer van sy werk, wat 'n ondersoek teen Fraser behels. Malixole Gwatyu berig…
    4 min
  • Monitor
    Ons het in die afgelope week breedvoerig berig oor die patentereg-wetgewing, met 'n spesifieke fokus op medikasie. Die verandering van die bestaande wetgewing is in die laaste fase van goedkeuring, maar hoewel dit toegang tot generiese produkte kan aanhelp, glo veral farmaseutiese rolspelers nie dit gaan die probleem oplos nie. Marlinee Fouche berig dat kommunikasie tussen die verskeie rolspelers te kort skiet, en dat die regering in heelwat gevalle eers op maatskappye reageer as hulle met regsaksie gedreig word.
    3 min
  • Monitor
    Vroeër die week het ons op Monitor berig oor die soms onbekostigbare pryse van lewensnoodsaaklike medikasie. Ons het byvoorbeeld berig oor 'n vrou wat nou R75 000 vir haar kankermedikasie moet opdok. Aktiviste glo dis onmoontlik dat medikasie SO duur kan wees, en sê maatskappye maak onbehoorlike winste. Verder sê hulle die 20-jaar patentereg op medikasie moet eerder verminder word na tien jaar, sodat ander maatskappye die mark kan betree om kompetisie te bevorder. Marlinee Fouche berig egter dit neem ongeveer 12 jaar voordat 'n konsep 'n goedgekeurde produk word.
    7 min
  • Monitor
    'n Wynboer en voormalige Hoogeregshofregter wie in 1995 grond aan sy arbeiders gegee het, bemiddel nou met die partye om die mislukte saak te red. Alan Nelson, eienaar van die plaas Nelson's Creek naby die Paarl in die Wes-Kaap, sê hulp is nodig vir die projek waarin 14 hektaar grond aan plaaswerkers oorgedra is. Sestien families het elk 10 persent van die grond gekry.
    3 min
  • Monitor
    Die Change the Patent Laws veldtog is reeds die afgelope sewe jaar in 'n stryd gewikkel om toegang tot lewens-noodsaaklike medikasie in Suid-Afrika 'n realiteit te maak. Volgens die veldtog, veroorsaak huidige patentewetgewing dat farmaseutiese maatskappye 'n monopolie het oor lewensnoodsaaklike medikasie. Dit kan byvoorbeeld beteken dat pasiënte wat voorheen R4 500,00 per maand aan medikasie spandeer het, nou R75 000,00 moet opdok. Pasiënte sit met hulle hande in hulle hare, en aktiviste stry onverpoos voort, want die kwessie gaan nie verander as wetgewing nie verander nie.
    5 min
  • Monitor
    Suid-Afrika is een van die lande wêreldwyd met die strengste toepassing van internasionale patentereg wetgewing. Dit word bepaal deur die TRIPS ooreenkoms, oftewel die ooreenkoms op handelverwante aspekte van intellektuele eiendom. Die ooreenkoms behels egter voorsorgmaatreëls wat meer buigbaarheid aan die ooreenkoms verleen, en toegang tot generiese produkte glo kan verbeter. Dit kanonder meer beteken dat kriteria om patente te bekom moeiliker is, of dat maatskappye onder sekere omstandighede gedwing kan word om intellektuele eiendom te deel. Op hierdie stadium kan dit nie gedoen word nie.
    5 min
  • Monitor
    Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie toon dat onderwysers mondelings en fisies deur leerlinge geteister word. Die onderwysers voel ook uitgelewer aan leerlinge se uitdagende en geweldadige gedrag. Meer as drieduisend lede van die onderwysersunie het aan 'n meningspeiling oor dissipline by skole deelgeneem. 'n Raadgewer by die SAOU se professionele ontwikkelingsdiens, Marietjie Le Roux, sê daar is onderwysers wat bedank weens leerlinge se gedrag....
    5 min
  • Monitor
    Heelwat Suid-Afrikaners het nie toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie nie, omdat dit eenvoudig te duur is. Volgens die Stop the Patent Laws veldtog, is die hoof oorsaak hiervan die land se streng patentreg wetgewing. In verskeie gevalle word generiese produkte verbied, en is die oorspronklike medikasie of onbekostigbaar, of nie beskikbaar nie. Ons begin die reeks met Sue Johnson, 'n kanker pasiënt, wat weens die huidige wetgewing R75 000,00 per maand moet betaal vir haar voorgeskrewe medikasie. Johnson het onlangs aan Marlinee Fouche gesê sy moes noodgedwonge die gebruik van haar kanker medikasie staak. Sy ly aan veelvoudige miëloom kanker....
    6 min
  • Monitor
    Heelwat Suid-Afrikaners het nie toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie nie, omdat dit eenvoudig te duur is. Volgens die Stop the Patent Laws veldtog, is die hoof oorsaak hiervan die land se streng patentereg wetgewing. In verskeie gevalle word generiese produkte verbied, en is die oorspronklike medikasie of onbekostigbaar, of nie beskikbaar nie. Ons begin die reeks met Sue Johnson, 'n kanker pasiënt, wat weens die huidige wetgewing R75 000,00 per maand moet betaal vir haar voorgeskrewe medikasie. Johnson het onlangs aan Marlinee Fouche gesê sy moes noodgedwonge die gebruik van haar kanker medikasie staak. Sy ly aan veelvoudige miëloom kanker....
    7 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners