Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Onlangse verslag deur die Cancer Alliance, dui aan dat sekere lewensnoodsaaklike kankermedikasie nie in die land beskikbaar is nie, omdat dit onbekostigbaar is in beide die openbare- en privaat sektore. Monitor het verneem dat dokters selfs in uitsonderlike gevalle, nie hulle pasiënte inlig oor behandeling wat in ander lande beskikbaar is nie, omdat pasiënte dit nooit in die hande sal kry nie. Die alliansie se projekbestuurder, Salome Meyer, sê hulle skryf buitensporige pryse toe aan onder meer die huidige patentereg wetgewing.
    6 min
  • Monitor
    Die lys van 19 kossoorte wat vrygestel is van belasting op toegevoegde waarde in die land is hopeloos te min. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ondersoek tans die lys om te kyk wat hierby gevoeg kan word. Ekonome het uiteenlopende standpunte oor die belasting op voedselprodukte wat gemik is op armes. Malixole Gwatyu doen verslag.
    5 min
  • Monitor
    Een van die hoofdoelwitte wat die nuwe Suid-Afrikaanse Inkomstediens wil hersien is om sy eens groot maatskappyesentrum, wat deur die voormalige SARS-hoof, Tom Monyane gesluit is, weer op die been te bring. 'n Afname in belastingbetaling weens wantroue onder Suid-Afrikaners gaan ook dringend herstel moet word. So se^ Randall Carolissen van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens...
    4 min
  • Monitor
    Die SAUK sê hy wag vir 'n volledige verslag oor 'n voorval Vrydag, waartydens 'n radio-aanbieder op SAFM, Sakina Kamwendo, halfpad deur haar uurlange Forum At Eight program van die lug verwyder is. Dit was Kamwendo se laaste program tussen ses uur en nege uur die oggend. Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die besluit deur die openbare uitsaaier om Kamwendo te verwyder, kom neer op sensuur. Jean Esterhuizen berig.
    4 min
  • Monitor
    Twaalf Britse toeriste is op die N17 tussen Warburton en Chrissismeer in Mpumalanga beroof. Die groep is deel van 'n televisieproduksiespan uit Londen, en was op pad om 'n kinderprogram in Swaliland te verfilm. Anita Visser praat met 'n verteenwoordiger van die Kamer van Handel en Toerisme in Ermelo, Athol Stark, oor die voorval.
    9 min
  • Monitor
    Plaas uitsettings in die Wes-Kaap is onder die vergroot glas geplaas deur die Suid-Afrikaanse Menseregte kommissie tydens 'n spesiale indaba hiervoor, wat in die provinsie gehou is. Plaas werkers organisasies beweer al 'n geruime tyd dat plaas uitsettings in die provinsie hoogty vier en onverpoos voortgaan. Chris Nissen is die Wes-Kaapse menseregte kommissaris.
    8 min
  • Monitor
    Groot onsekerheid heers oor wat die uitslag van vandag se mosie van wantroue teen die DA-burgemeester in die Nelson Mandela baai metro, Athol Trollip, gaan wees. Die EFF gaan die mosie teen Trollip bring, om die DA te "straf" omdat die party nie die EFF se mosie vir grond onteiening sonder vergoeding gesteun het nie. Professor Erwin Schwella van die Universiteit van Stellenbosch gee sy indrukke
    8 min
  • Monitor
    Verskeie organisasies met belange in die landboubedryf sê die nasionale forum vir dialoog se grondonteieningsberaad is 'n eensydige affêre wat niks goeds vir die land inhou nie. Die geleentheid wat vandag en more plaasvind, word deur die In Transformation Initiative gereël. Volgens berigte sou president Cyril Ramaphosa die openingsrede gelewer het, iets wat Afrisake ook kritiseer. Izak du Plessis het aan die direkteur van die In Transformation Initiative, Ivor Jenkins, gevra waaroor die beraad gaan.
    3 min
  • Monitor
    Die Xhosa rolprent Inxeba, oftwel The Wound het skoon skip gemaak by die glansryke Suid-Afrikaanse Film en Televisie toekennings, SAFTAS, wat die naweek by Sun City gehou is. Crystal-Donna Roberts is bekroon as beste aktrise in 'n rolprent, vir haar ROL in die fliek "Krotoa" wat die storie van 'n Khoi-slaaf met dieselfde naam vertel. Monitor praat met Roberts hieroor.
    3 min
  • Monitor
    Mense wat deur vorige regeringsbeleid met betrekking tot grondbesit benadeel is, glo vrese vir die ekonomie as so 'n beleid nou weer ingestel word, is net gedeeltelik waar. Norman Makhutle wat deesdae in Noordwes bly, sê sy mense is na 1913 stelselmatig verarm en van hulle grond onteien. Dat regstelling hiervoor moet gebeur deur grond sonder vergoeding te onteien, is vir hom 'n uitgemaakte saak. Metzi van der Merwe doen verslag.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners