Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,540 episodes available.
March 02, 2018MonitorOm daai wen-gevoel terug te kry... Dit is die korttermyn doelwit wat die nuwe Springbokafrigter vir sy span het. Die slegste geheimhouding ooit - so word daar geskerts oor die aanstelling van Rassie Erasmus. Maar die aap is gister amptelik uit die mou gelaat: Erasmus sal die Springbokke afrig tot aan die einde van die 2023 Rugby Wêreld beker....more3minPlay
March 01, 2018MonitorVir meer as twee dekades het Suid-Afrika wetgewing wat veronderstel is om aborsies wettig en veilig te maak. So hoekom word daar steeds duisende onwettige, onveilige agterstraataborsies gedoen in een van die min lande wat vroue se voortplantingsregte beskerm? Mail and Guardian se Sentrum vir Gesondheidsjoernalistiek, Bhekisisa, het die vraagstuk by 'n werkswinkel in Johannesburg gepak. Hanri Wondergem was daar....more9minPlay
March 01, 2018MonitorDie Instituut vir Rasseverhoudinge s^e daar is wydverspreide verwarring oor die fynere besonderhede van die ANC se planne om die grondwet te verander sodat grond sonder vergoeding van eienaars geneem kan word. Die Nasionale Vergadering het 'n mosie oor grondonteiening van die EFF aanvaar. Die beleidsgenoot by die Instituut wat grondkwessies bestudeer, Terrence Corrigan, s^e artikel 25 van die grondwet het nie net betrekking op landbougrond nie. Metzi van der Merwe doen verslag....more5minPlay
February 28, 2018MonitorVerskeie nuwe kabinetslede is Dinsdag (27.02.18) , deur hoofregter Mogoeng Mogoeng in die Parlement ingehuldig....more4minPlay
February 28, 2018MonitorBheki Cele se terugkeer na die polisie as Minister van Polisie, is wyd en ook met gemengde reaksie verwelkom. Dit is veral in die lig van 'n huurooreenkoms skandaal vir polisiekantore, waaroor hy in 2011 afgedank is. 'n Misdaadkenner, Dr Johan Burger, beskryf Cele egter as een van die beste polisiehoofde sedert 1994 en wys daarop dat Cele nooit skuldig bevind is aan korrupsie nie....more4minPlay
February 27, 2018MonitorPresident Cyril Ramaphosa het gisteraand sowat twee-derdes van die Jacob Zuma-kabinet met sy eie aanstellings verander. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Melanie Verwoerd, 'n onafhanklike politieke ontleder....more10minPlay

February 27, 2018MonitorDie negentien kositems wat van 'n BTW-toename vrygestel word, is glo nie genoeg nie. Verbruikers trek blykbaar ook nie honderd persent voordeel uit die vergunning nie. So sê Dr Tracy Ledger, van die Universiteit van die Witwatersrand, wat 'n groot deel van die probleem voor die deur van Suid-Afrikaanse kleinhandelaars plaas. Malixole Gwatyu berig......more4minPlay

February 26, 2018Monitor'n Suid-Afrikaanse neuro-wetenskaplike, doktor Toni-Lee Sterley, verbonde aan die Universiteit van Calgary in Kanada, het pas deur middel van navorsing met muise bewys dat stres van een brein na 'n ander oorgedra kan word. Dis als weens feromene wat vrygestel word wanneer mens aan stres blootgestel word....more5minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,540 episodes available.