Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Byna een miljoen Suid-Afrikaners se persoonlike inligting, insluitend Id-nommers is weens 'n sekuriteits-breuk by die maatskappy View Fines, aanlyn gelek. Dis 'n maatskappy waar Suid-Afrikaners aanlyn verkeersboetes kan betaal. Joan-Marie Verhoef het die besonderhede...
    3 min
  • Monitor
    President Cyril Ramaphosa sê boere moenie bang wees nie, maar moet met die regering saamwerk om 'n oplossing vir grondhervorming te vind. Ramaphosa het gisteraand tydens 'n besoek aan die SAUK in Auckland Park gesê boere het talle idees om die grondprobleem aan te pak. Izak du Plessis het met Ramaphosa gepraat....
    6 min
  • Monitor
    Die Valke het 'n nuwe hoof: Generaal Godfrey Lebeya. Hy was voorheen hoof van die speurdiens. Die misdaadverslaggewer Mandy Wiener het as deel van haar navorsing vir die boek, Ministry of Crime, 'n deurtastende onderhoud met Lebeya gevoer. Sy se^ hy het 'n goeie indruk op haar gemaak. Sy waarsku egter dat dit lank sal neem om die kultuur in die polisie te verander, wat oor die afgelope tien jaar agteruitgegaan het weens toenemende korrupsie. Metzi van der Merwe doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Anita Visser het met die adjunk minister vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Andries Nel, gepraat om antwoorde te kry oor die ouditeur-generaal se jongste verslag oor plaaslike regerings.
    14 min
  • Monitor
    Die herrie rondom die voormalige Sprinkbokvleuel Ashwin Willemse het wye reaksie uitgelok. Willemse wat Saterdagaand tydens 'n regstreekse uitsending uit die Supersport-ateljee gestap het na 'n oenskynlike bekgeveg met sy medeaanbieders, Nick Mallet en Naas Botha, is grootliks in bruin en swart geledere, verwelkom. Die vraag is, wat het veral bruinmense aanklank laat vind by Willemse se optrede? Is die onderliggende kwessies: Transformasie, erkenning en respek in rugby of die werkplek of vervreemding op grond van Suid-Afrika se rasse-geskiedenis? Heinrich Wyngaard, joernalis en medeskrywer van Ashwin Willemse se outobiografie, Rugby Changed My World: The Ashwin Willemse Story, Echbert Boezak, adjunk-nuusredakteur van eNuus en Bettina Wyngaard, 'n skrywer en sosiale kommentator is op die paneel...
    33 min
  • Monitor
    Die teorie oor hoe die heelaal ontstaan het, het onlangs 'n bietjie eenvoudiger geword. Die bekende teoretiese fisikus, wyle Stephen Hawking, se laaste teorie hieroor is onlangs bekend gemaak. Hy het saam met sy kollega, Thomas Hertog daaraan gewerk.
    5 min
  • Monitor
    Het jy geweet daar is toilette wat nie van water gebruik maak om ontslae te raak van menslike ontlasting nie? Dit word dan as kompos in tuine gebruik. Periodes van droogte en waterbeperkings, veral in die Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal, het sommige mense se siening oor hierdie onkonvensionele waterbesparings-metode verander. Darren Taylor doen verslag.
    7 min
  • Monitor
    Twee 12 jarige seuns het op 6 Januarie 2018 in die oë van Suid-Afrikaners in helde verander nadat hulle mense uit 'n brandende trein wrak gered het. Die trein het teen 'n vragmotor gebots naby Kroonstad in die noord Vrystaat. Mokoni Chaka en Evert du Preez het self hulle storie aan ons kom vertel by die Nampo oesdag 2018.
    7 min
  • Monitor
    'n Onlangse verslag oor die finansiële realiteit van huishulpe in Suid-Afrika, toon dat 84% van huishulpe se salarisse die enigste bron van inkomste in hulle huise is. Opnames toon dat huishulpe soms meer as die voorgestelde minimum loon verdien, en dat baie van hulle hul finansiële toekoms beplan. Maar is dit volhoubaar gegewe die stygende lewens kostes, wil Joan-Marie Vehoef weet?
    4 min
  • Monitor
    Die Afrikaanse burgerregte groep, Afriforum, het die afgelope week onder skerp kritiek deur geloop na hul terugkeer uit Amerika om die aandag te vestig op plaas moorde en grondgryoe sonder vergoeding. Die Mail and Guardian se Mashadi Kekana skryf die week: "Die vraag of Afriforum 'n fasistiese groep is, het nou 'n besprekings punt geword." Monitor het met Afriforum se hoof, Kallie Kriel en die Hoofredakteur van die Huffington Post in Suid-Afrika, met Pieter Du Toit daaroor gesels.
    25 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners