Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Oos-Kaapse wetgewer hou die week openbare sittings oor die Tradisionele en Khoisan-leierskap Konseptwetgewing. 'n Lid van die Oos-Kaapse Wetgewer, Christian Martin, sê die wetgewing gee Khoisan-leiers dieselfde regte en voorregte as Nguni-leiers.
    5 min
  • Monitor
    Die bestuur van die Noordwes Universiteit gaan die politieke wetenskaplike Theo Venter ondersoek, na sy uitlating en ontleding oor oud-president Jacob Zuma. Venter en Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto WeSize Militêre Veterane, was verlede Dinsdag deel van 'n bespreking op ons susterprogram, Praat Saam. Die bespreking het gegaan oor wat behoort die staat, en veral die ANC, se verantwoordelikheid teenoor oud-president Zuma te wees? Niehaus het tydens die bespreking vir Venter daarvan beskuldig dat hy rassistiese oortuigings teenoor Zuma het. In lig hiervan praat Anita Visser met die politieke wetenskaplike, Professor Anthoni van Nieuwkerk van WITS en Professor Jonathan Jansen, 'n onderwyskundige verbonde aan die Universiteit Stellenbosch oor vryheid van spraak...
    4 min
  • Monitor
    Eskom volstaan by sy nul persent loon-aanbod vir werkers ten spyte van 'n dreigement van vakbonde vir 'n nasionale kragstaking eerskomende Donderdag. Vakbonde het verelde week die onderhandelingstafel met Eskom verlaat weens beweerde intimidasie en 'n gebrek aan respek.Vir die impak van so 'n staking, praat Anita met die ekonoom, Mike Schussler van Economists punt C O punt Z A, en die onafhanklike energie spesialis en aktivis, Ted Blom van die maatskappy Mining and Energy Advisors
    18 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse polisiediens het met 'n werwingsveldtog begin om veral jong Afrikaanssprekendes indiens te neem. Die polisiediens sê daar is min jong Afrikaanssprekendes wat by die polisiediens aansluit. Anita Visser praat met die Suid-Afrikaanse polisiediens se bevelvoerder vir Werwing en Personeelvoorsiening, Kolonel Therseus Olivier.
    9 min
  • Monitor
    Die Wetenskap- en Nywerheidsnavorsingsraad stel later vandag navorsing bekend oor kubermisdaad. Dit fokus op die manier hoe sosiale media en ander platforms gebruik word om verbruikers in te lig oor aanlynbedrog en -misdaad. Marlinee Fouche berig dat daar heelwat wanpersepsies oor kuberveiligheid is. Byvoorbeeld: Het jy geweet gekompliseerde wagwoorde kan blitsvinnig ontsyfer word, of dat jou vriend jou Facebook rekening kan oorneem? Verder is daar diegene wat glo niks het om weg te steek nie. So hoekom die groot gewag oor persoonlike inligting...?
    5 min
  • Monitor
    Die oud-Springbok, Rudi Visagie of onder baie Suid-Afrikaners bekend as Vleis Visagie, reageer op die jongste voorval die week waarin 'n Pa van Ennerdale sy 16-jarige seun glo as 'n motorkaper aangesien en doodgeskiet het. Dit herinner sterk aan die voorval in 2004 toe Rudi sy 19-jarige dogter ook as 'n rower aangesien en per ongeluk doodgeskiet het. Suzanne Paxton praat met Visagie, 14 jaar na die hartseer voorval....
    7 min
  • Monitor
    'n Melkfabriek in Mosselbaai gebruik water wat van koeimelk onttrek word, om van sy melkprodukte te vervaardig. Die droogte wat die kusdorp op die tuinroete ervaar, het Nestle genoop om innoverende watertegnologie te vind, wat sy fabriek minder afhanklik van munisipale water sal maak.
    3 min
  • Monitor
    'n Wewenaar in Elspark in Germiston, Johan Brody, het sy drie volwasse kinders doodgeskiet voor hy homself doodgeskiet het. Die polisie sê die motief vir die moorde en sy selfmoord is nog onbekend. Anita Visser praat met 'n psigiater, Dr Rykie Liebenberg, oor die saak.
    4 min
  • Monitor
    'n Deel van die R23-miljoen waarvoor 'n dinosourus-fossiel opgeveil in Frankryk, Parys, opgeveil is word aan 'n Suid-Afrikaanse bewaringsorganisasie geskenk. Die Anne van Dyk-jagluiperd-sentrum in De Wildt, naby die Hartebeespoort-dam in Noordwes, is een van twee internasionale begunstigdes van die opbrengs van die veiling. Anita Visser praat met Marilyn Hull, wat verantwoordelik is vir onderrig en opleiding van diere by die sentrum.
    4 min
  • Monitor
    Die Verenigde Nasies vra dat regerings die verkoop van plastiek wat net een keer gebruik kan word moet verban of belas. In Suid-Afrika wil die kettingwinkel Woolworths teen 2020 nie meer enkel gebruik-plastiek soos sakke en eetgerei in sy winkels verkoop nie. Teen 2022 wil die maatskappy hê dat al sy plastiek verpakkings herwin en herbruik moet kan word.
    3 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners