Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Merino skaapboer van Smithfield in die Vrystaat, Eddie Prinsloo, sê hy het besluit om een van sy plase aan die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming te verkoop, wat dit vir die plaaswerkers gekoop het. Prinsloo het 'n vennootskap met nege van sy plaaswerkers begin in die eerste landelike ontwikkeling projek in die provinsie waar plaaswerkers volle titelaktes sal ontvang. Vincent Mofokeng doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Die plaaslike rolprent Meerkat Maantuig is deur drie internasionale kritici aangewys as een van die beste flieks van 2018. Dit is reeds wêreldwyd by veertien rolprentfeeste, van Noord-Amerika tot Suid-Korea, vertoon. Meerkat Maantuig se regisseur en draaiboekskrywer, Hanneke Schutte, het aan ANNA-MARIE JANSEN VAN VUUREN gesê dat verbeelding die sleuteldoepa in haar towerpot was.
    4 min
  • Monitor
    Gautengers hoef voortaan nie meer in lang rye by klinieke te staan om chroniese medisyne te kry nie. Hulle kan dit nou by 'n outomatiese masjien kry. Die Gautengse Departement van Gesondheid in samewerking met die nie-winsgewende organisasie, Right To Life, het 'n E-apteek in ALEXANDRA, noord van Johannesburg geopen. Dit werk soos 'n outomatiese tellermasjien.
    4 min
  • Monitor
    Vroue wat in hulle middeljare fiks en aktief is, se kans om demensie in later jare te ontwikkel is 90 persent laer as vroue wat minder aktief en onaktief is. Dit is volgens 'n studie van Sweedse wetenskaplikes, wat aanlyn in die vaktydskrif, Neorology van die Amerikaanse Neorologiese Vereniging gepubliseer is. Vir meer hieroor praat ons nou met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.
    4 min
  • Monitor
    Stephen Hawking wat gister op 76 in Cambridge dood is aan motorneuron-siekte, is al in 1963 met die toestand gediagnoseer. Maar wat behels motorneuron-siekte? Vir meer inligting hieroor, praat ons nou met die neuroloog, dr Etienne van der Walt:
    9 min
  • Monitor
    Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye slyp sy tande teen sindikate in die vissersbedryf. Amptenare in bestuursposisies van die departement se Vissery-tak, moet nou veiligheidsklaring kry. Dit volg na die inhegtenisname van nege amptenare wat verbind word met onwettige perlemoenhandel. Marlinee Fouche berig die departement het hom na staatsintelligensie gewend om amptenare se agtergronde te ondersoek...
    2 min
  • Monitor
    Intussen berig Marlinee verder dat bedrog by Vissery-departemente glad nie 'n nuwe ding is nie....
    2 min
  • Monitor
    Die bekende Britse fisikus, Stephen Hawking, is op die ouderdom van 76 oorlede. 'n Professor in fisika by Stellenbosch universiteit, Kristian Muller-Nedebock, sê Hawking is veral bekend vir sy werk oor swart gate in die ruimte....
    2 min
  • Monitor
    Ons het gisteroggend met die registrateur van die Noordwes Universiteit, professor Marlene Verhoef, gepraat oor 'n konsep-taalbeleid wat aan die Universiteit se konvokasielede gestuur is, waarvolgens fakulteite, en nie die onderskeie kampusse nie, sal kan besluit in watter taal klas gegee moet word. Boonop doen 'n dokument die rondte wat voorstel dat die Pukke teen 2022 slegs Engels as voertaal gebruik. Ons praat nou met dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit. Hy's ook 'n oud SR-voorsitter, 'n raadslid, en die uittredende vise-president van die universiteit....
    6 min
  • Monitor
    Die gewilde sanger John Legend, het groot opgewondenheid veroorsaak toe hy die Stellenbosch Universiteitskoor op Twitter komplimenteer het met hulle weergawe van sy liedjie All of Me. Die koor se dirigent, Andre van der Merwe, het die treffer na aca-pella verwerk. 'n Video is op Youtube gelaai, en die legende self het hierop gereageer met een, kragtige woord: BEAUTIFUL...
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners