Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Minstens sewe persent van Venezuela se bevolking het sedert 2014 uit die land migreer om van die vernietigende ekonomiese- en humanitêre krisis te ontsnap. Hoewel migrante onlangs in Brasilië met geweld begroet is, stroom mense steeds land-uit. Heelwat jong musikante en musiekgroepe het die waarskuwingsliggies egter lank gelede sien flikker, en het die land verlaat om hulle musikale loopbaan van voor af in ander lande te bou. Marlinee Fouche berig dat musiekgroepe wat stadions volgemaak het, nou in parkies en by bierfeeste speel om te oorleef...
    7 min
  • Monitor
    Vroue verkies sorg-gerigte loopbane eerder as beroepe soos ingenieurswese. Dis een van die uitlatings wat die Hoof van die Suid-Afrikaanse Siviele Ingenieurs Instituut, Manglin Pillay, onlangs in die spervuur gehad het. Die uitlatings het tot oproepe vir Pillay se bedanking gelei. Anita Visser het die kwessie ondersoek.
    21 min
  • Monitor
    Fair Play sê dat slegs plaaslike vervaardige hoender van BTW vrygestel moet word. Fair Play se woordvoerder, Lionel Adendorf, sê hulle sal die parlement nader oor die saak.
    3 min
  • Monitor
    'n Omvattende Amerikaanse studie wat in die Britse vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is, toon dat te min koolhidrate jou lewe met vier jaar kan verkort. Lae koolhidraat-diete soos byvoorbeeld die Atkins-dieet het oor dekades gewild geraak as 'n soort vinnige oplossing om van oortollige vet ontslae te raak. Anita Visser berig....
    10 min
  • Monitor
    Met die viering van Nasionale Vrouemaand is dit ook die tyd om vroue te gedenk wat agter die skerms 'n groot rol in die geskiedenis gespeel het. Dit is die woorde van Antoinette Louw, wat die rol van "Susanna Johanna" oftewel Molly Fischer in die rolprent "An Act of Defiance" uitbeeld. Die rolprent, wat veral op die lewens van Bram en Molly Fischer fokus, het binnekort sy rooitapyt-premiere by die Silwerskermfees. Louw het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat sy dit veral geniet het om die rol van 'n Afrikaanse vrou te vertolk wat betrokke was in die vryheidstryd.....
    5 min
  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hy teleurgesteld dat hoender nie op die Woolard-paneel se lys van voorgestelde BTW-vrystellings is nie. Die paneel kon nie konsensus bereik oor watter individuele gevriesde hoenderporsies BTW vry moet wees nie. 'n Raadslid van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging en die uitvoerende hoof van Country Bird Holdings, Marthinus Stander, sê lae inkomste huishoudings sal ekonomies baat by BTW-vrye hoenderporsies.
    3 min
  • Monitor
    'n Gesin van sewe sal in Augustus gemiddeld meer as drie duisend rand per maand aan voedsel bestee. Dis volgens die jongste Huishoudelike Voedselmandje van die Pietermaritzburgse organisasie, die Economic Justice & Dignity Group. Die groep sê huishoudings bestee die meeste van hulle inkomste aan kos. Jean Esterhuizen berig dat die groep wil hê 'n wye reeks kossoorte moet van BTW vrygestel word.
    5 min
  • Monitor
    Met die viering van Nasionale Vrouemaand is dit ook die tyd om vroue te gedenk wat agter die skerms 'n groot rol in die geskiedenis gespeel het. Dit is die woorde van Antoinette Louw, wat die rol van "Susanna Johanna" oftewel Molly Fischer in die rolprent "An Act of Defiance" uitbeeld. Die rolprent, wat veral op die lewens van Bram en Molly Fischer fokus, het binnekort sy rooitapyt-premiere by die Silwerskermfees. Louw het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat sy dit veral geniet het om die rol van 'n Afrikaanse vrou te vertolk wat betrokke was in die vryheidstryd.....
    5 min
  • Monitor
    Vier-en-twintig jaar ná die dood van die teoloog en moderator van die N.G. Kerk, Johan Heyns, dink die rolprentmaker Adam Heyns terug aan die rol wat sy oupa gespeel het in die beëindiging van Apartheid. Die resultaat: 'n onafhanklik vervaardigde dokumentêre film genaamd: "Johan Adam Heyns: the exorcist of Apartheid". Anna-Marie Jansen van Vuuren doen verslag.
    8 min
  • Monitor
    Die departement van omgewingsake en die Vrystaatse Staatsdepartement vir die ontwikkeling van klein sakeondernemings, toerisme en omgewingsake, het oorlog verklaar teen 'n indringerspesie varswater kreef. Die indringerspesie, wat uit Amerika afkomstig is, versprei glo vinnig en is 'n bedreiging vir inheemse spesies.
    Joan-Marie Verhoeg het meer...
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,689 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,624 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,761 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,377 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners