Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Sowat 1300 mense is steeds vermis na veldbrande tien dae gelede in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië ontstaan het. Die plaaslike owerheid sê 76 mense is dood in die dodelikste en mees vernietigende brand in Kalifornië se geskiedenis. Justin Kennerley het met Hendrik van Niekerk in Sanoma in Kalifornië gepraat...
    3 min
  • Monitor
    Vandag, presies 30 jaar gelede, het Barend Strydom agt swart mense in Pretoria koelbloedig doodgeskiet. Die sogenaamde Wit Wolf het in 1988 met 'n vuurwapen - op Strydom Plein in die Pretoriase middestad - op mense losgebrand. Strydom was 21 jaar oud ten tye van die voorval. Hy is later ter dood veroordeel, maar daar is in 1990 'n moratorium op die doodstraf geplaas en Strydom is in 1994 vrygelaat - tesame met 150 ander politieke gevangenes. Bradley Steyn was 'n 17-jarige skoolseun in 1988. Hy was 'n ooggetuie van die skietvoorval en het met Gillian de Gouveia gesels, oor wat presies hy gesien het en hoe dit sy lewe beinvloed het. Hy begin sy storie by Strijdom Plein, die dag van die skietery….
    6 min
  • Monitor
    Verskeie families in Westbury, 'n woonbuurt aan Gauteng se Wesrand sukkel steeds om die dood van hulle geliefdes te verwerk. Lede van die gemeenskap het onlangs betogings gehou teen bendegeweld en misdaad in die gebied. Die SAUK se verslaggewer, Jamaine Krige het met 'n groep vroue gepraat wat kinders in bendegeweld verloor het en wat saam die pyn moet verwerk.....
    7 min
  • Monitor
    Kenners is dit eens dat die vredesverdrag van Versailles wat die Eerste Wereldoorlog 'n honderd jaar gelede beeindig het, ook die oorsaak van die Tweede Wereldoorlog was. Die einde van die Eerste Wereldoorlog word Sondag in Parys herdenk. Metzi van der Merwe doen verslag.
    8 min
  • Monitor
    Een van die vakbonde wat SAUK-werknemers verteenwoordig, BEMAWU,het gister met sy lede vergader om 'n mandaat te kry vir 'n hofaansoek om die uitsaaier in sake-redding te plaas. Dit volg nadat 'n memorandum aan die SAUK SE Groepshoof van Menslike Hulpbronne, Johanthan Thiekiso, gestuur is om te vra dat die korporasie moet bevestig of werknemers wel vir die volgende drie maande betaal gaan word. Bemawu se woordvoerder, Hannes du Buisson sê hulle het tot nou geen reaksie van die Thiekeiso gekry nie. Ons ateljeegaste is die SAUK se finansiële bestuurshoof, Yolande van Biljon en Hannes du Buisson van BEMAWU...
    14 min
  • Monitor
    Anita Visser sit die gesprek voort oor beplande afleggings by die SAUK....Hier is Deel 2.
    8 min
  • Monitor
    Die toekoms van Westbury is in die hande van die jeug. Dit is volgens gemeenskapsleiers en regeringsdepartemente, wat met jong mense in die bende- en dwelm geteisterde woonbuurt werk. Inwoners het meer as 'n maand gelede betoog en vir die regering gevra om in te gryp. Sedertdien het die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid 'n jeugkamp opgerig, om lewensvaardighede vir hoërskool leerlinge aan te leer.
    6 min
  • Monitor
    Tientalle mense is die afgelope twee jaar in 'n bende-oorlog in Westbury aan die Wesrand vermoor. Die buurt, wat aan Sophiatown grens, is deur bendegeweld, hoë vlakke van werkloosheid, dwelmmisbruik en huishoudelike geweld verwoes. Inwoners het onlangs op straat geëis dat die regering moet ingryp. Die dertien-en-'n-half duisend inwoners, oorwegend bruin, word in 'n gebied van net meer as een vierkante kilometer ingeperk. Die sosio-ekonomiese probleme maak misdaad 'n winsgewende besigheid. Jamaine Krige kyk na die geskiedenis van bendes in Westbury, wat reeds in die 1950's ontstaan het...
    8 min
  • Monitor
    Kwaksalwery kan kankerpasiënte nie net baie geld kos nie, maar soms ook hulle lewens. Volgens Quackwatch, 'n webwerf wat wêreldwye kwaksalwery ontbloot, word miljarde rand per jaar op sogenaamde alternatiewe kankergeneesmiddels bestee. In sommige gevalle, is mense dood as gevolg van twyfelagtige terapieë. Gillian de Gouveia doen verslag..
    6 min
  • Monitor
    Die voorsitter van die direksie van Agri-All-Africa, Theo de Jager, sê hy weet dat 18 boere uit Suid-Afrika vertrek het om landbou-geleenthede in Rusland te ondersoek. Dit volg na berigte in September vanjaar dat Rusland glo Suid-Afrikaanse boere probeer lok met die belofte van goeie grond, betreklike veiligheid en 'n land wat tradisonele Christelike waardes handhaaf. Metzi van der Merwe het meer besonderhede.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners