Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    'n Hoof van 'n bekende hoërskool in Johannesburg, wat anoniem wil bly, sê daar is eindelose probleme met die merk van vanjaar se matriekvraestelle. Anita Visser het by haar gaan uitvind wat die ergste frustrasies is.
    4 min
  • Monitor
    Tydens '16 Dae van Aktivisme teen geweld teen Vroue en Kinders', het Monitor berig oor die noodsaaklikheid daarvan om seuns en dogters wat slagoffers is van geweld, emosioneel en fisies, by te staan. Maar hoe doen mens dit? Ons het 'n draai gemaak by 'n paar tieners wat toegang het tot gereëlde berading en 'n veilige blyplek, om te hoor watter impak die regte hulp kan hê...
    11 min
  • Monitor
    Hoewel voorvalle van kindermishandeling nie in die media aan die groot klok gehang word nie, is dit 'n daaglikse realiteit. Die wet vereis dat enigeen wat kennis neem van so 'n voorval moet ingryp. Jy kan egter nie net by iemand se huis instorm, en 'n kind van sy ouers of voog wegneem nie. Marlinee Fouche berig verder dat daar veral omgesien moet word na kinders se geestelike welstand na 'n traumatiese voorval.
    4 min
  • Monitor
    Kenners waarsku dat die emosionele gevolge van geweld dikwels misgekyk word en langer neem om te verwerk, as liggaamlike wonde. Marlinee Fouche berig dat die samelewing se houding jeens die probleem, óók kan veroorsaak dat vroue in die tipe verhoudings bly.
    5 min
  • Monitor
    Om weg te breek van emosionele geweld, is makliker gesê as gedaan. Slagoffers word dikwels daarmee gedreig dat hulle alleen op straat gaan beland sonder kind of kraai. Marlinee Fouche berig egter dat die 'n taktiek is om slagoffers vas te keer. As jy die regte hulp kry kán jy wegbreek - kinders en al.
    5 min
  • Monitor
    Nagenoeg vyf kinder-voetgangers en drie kinder-passasiers sterf elke dag op Suid-Afrika se paaie. Dis volgens padveiligheids aktiviste wat sê dat die daaglikse voorkombare dood van agt kinders kommerwekkend is. Hulle voeg by dat die gebrek aan veilige skolier-vervoer 'n skending is van kinders se grondwetlike reg tot onderrig. In die eerste bydrae van 'n reeks oor veilige skoliervervoer, kyk ons verslaggewer, Jamaine Krige en die negejarige Gale Selebi saam na die statistieke rakende kinders en padgebruik in Suid-Afrika....
    7 min
  • Monitor
    Die volgende bydrae kan sensitiewe luisteraars ontstel. Die seksuele misdrywe wat hier beskryf word, is grafies van aard.
    Emosionele mishandeling word dikwels deur fisiese geweld oorskadu. Heelwat sielkundiges, beraders en aktiviste waarsku dat die impak van emosionele geweld, oor die lang termyn, baie meer skade aanrig as fisiese geweld. Ons het met twee vroue gepraat wat blootgestel was aan beide fisiese- en emosionele geweld. Hulle is betrokke by plekke van veiligheid waar hulle gehelp word om die trauma te verwerk. Een van die vroue, het aan Marlinee Fouche gesê dat emosionele geweld, erger is as fisiese geweld. Ons waarsku weer dat die inhoud van die bydrae, sensitiewe luisteraars kan ontstel.
    9 min
  • Monitor
    Die volgende bydrae kan sensitiewe luisteraars ontstel. Die seksuele misdrywe wat hier beskryf word, is grafies van aard.
    Emosionele mishandeling word dikwels deur fisiese geweld oorskadu. Heelwat sielkundiges, beraders en aktiviste waarsku dat die impak van emosionele geweld, oor die lang termyn, baie meer skade aanrig as fisiese geweld. Ons het met twee vroue gepraat wat blootgestel was aan beide fisiese- en emosionele geweld. Hulle is betrokke by plekke van veiligheid waar hulle gehelp word om die trauma te verwerk. Een van die vroue, het aan Marlinee Fouche gesê dat emosionele geweld, erger is as fisiese geweld. Ons waarsku weer dat die inhoud van die bydrae, sensitiewe luisteraars kan ontstel.
    10 min
  • Monitor
    Die dokumentêr STROOP, oor die stroping van renosters, het al tien internasionale pryse gewen, onder meer Beste dokumentêr by die San Diego International Film Festival, Beste nuweling by die Rotterdam Natuurlewe Rolprentfees, asook Beste dokumentêr by die Glendale Filmfees in Kalifornië, berig Anita Visser..
    21 min
  • Monitor
    Die Pa van 'n meisie wat deur 'n ouderling in een van die land se kerke gemolesteer is, vra nou reeds twee jaar lank tevergeefs dat die kerk meer beslissend optree. Die man wat die meisie gemolesteer het, is intussen skuldig bevind aan seksuele misdrywe en is onder huis arres geplaas. Die pa beweer sy dogter is nie die enigste slagoffer nie, en dat die kerk 'n blinde oog gooi op versoeke om die bewering te rapporteer.
    6 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners