Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

Monitor episodes

  • Monitor
    Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag nie verder deurdringende reën wat oorstromings kan veroorsaak nie. Verskeie dele van die land het die afgelope week en naweek erge oorstromings ervaar. Die waarnemende uitvoerende hoof van weer en klimaatdienste by die Weerdiens, Tshepo Ngobeni, sê die erge reën vir die tyd van die jaar is normaal. Liela Magnus doen verslag.
    2 min
  • Monitor
    Georganiseerde landbou is intussen dankbaar oor die reën. Die voorsitter van TLU SA, Louis Meinjies, het aan Metzi van der Merwe gesê dit is veral nodig om die ondergrondse water aan te vul.
    5 min
  • Monitor
    Wat maak mense gelukkig? Ons wetenskapkorrespondent George Claassen sê sosiale wetenskaplikes en medici op die terrein van psigiatrie doen al dekades lank navorsing hieroor, en kom tot interessante gevolgtrekkings...
    7 min
  • Monitor
    Die ambassadeurs van Duitsland, Nederland, Switserland en Amerika asook die Hoë Kommissaris van Brittanje ontken dat hulle 'n voorskriftelike brief oor korrupsie in SA aan president Cyril Ramaphosa gestuur het. Dit volg na 'n berig in Sunday Times hoe die lande glo regstreeks aan Ramaphosa voorskryf hoe hy korrupsie in SA moet hanteer. Die departement van buitelandse sake en die ANC het skerp hierop gereageer. Die lande het in 'n gesamentlike verklaring aangedui dat die dokument ter sprake 'n besprekingsagenda was tydens 'n beleggingsvergadering met Ramaphosa. Izak du Plessis praat daaroor met die oudambassadeur Dawie Jacobs en die politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood
    10 min
  • Monitor
    Onderrig van Graad 11 en 12 leerlinge by die Hoërskool Driehoek in Vanderbiljpark word die week hervat. Drie leerlinge is Vrydag dood toe 'n loopvlak by die skool ineengestort het. 'n Vierde kind het die naweek in die hospitaal gesterf. Negentien van die beseerde leerlinge word steeds in die hoësorg-eenheid behandel. Marlinee Fouche doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Die gemeenskap in Vanderbijlpark is steeds geskok na die ineenstorting van 'n loopvlak by Hoërskool Driehoek, wat vier leerlinge se lewens geëis het. Daar is vroeër berig oor drie leerlinge wat in die voorval dood is. 'n Vierde leerling is gisteroggend in 'n hoësorg-eenheid oorlede na hy saam met meer as twintig ander leerlinge hospitaal toe geneem is. Annari du Plessis van die "Go Purple"-stigting, sê die stigting en sy traumasentrum in Vanderbijlpark help met emosionele berading aan diegene wat deur die voorval geraak is. Annelu le Roux doen verslag.
    4 min
  • Monitor
    Die Congress of the People sê die party gaan 'n klagte van haatspraak teen lede van Black First Land First indien. Dit volg na aanmerkings wat glo deur die woordvoerder van BLF, Lindsay Maasdorp, gemaak is na vier kinders gesterf het toe 'n loopvlak Vrydag by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het. Annelu le Roux doen verslag.
    7 min
  • Monitor
    Izak du Plessis praat met Bun Booyens, George Claassen en Francois Redelinghuys oor die geloofwaardigheid van die media.
    22 min
  • Monitor
    Politieke partye vry kliphard na die steun van bruin kiesers in die Wes-Kaap. Die provinsie word die afgelope jaar of twee gekenmerk deur politieke woelinge wat kiesers na die een of ander rigting toe kan beïnvloed, volgens politieke ontleders. Om duidelikheid hieroor te kry praat Izak du Plessis met drie politieke kommentators. Heindrich Wyngaard, Christo van der Rheede en Christian Martin.
    23 min
  • Monitor
    Verskeie lande reageer op Venezuela se opposisie leier, Juan Guaidó, wat hom as tussentydse president verklaar het. Landburgers betoog teen President Nicolas Maduro se regering en vra dat 'n verkiesing gehou moet word. Maduro is op 10 Januarie as president ingehuldig. Johannes Myburg, 'n joernalis by die nuusagentskap, Agence France Presse in Sao Paulo in Brasilië, het aan Jean Esterhuizen gesê die situasie in Venezuela is gespanne.
    5 min

About Monitor

From the publisher's feed

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

More shows like Monitor

Planet Money by NPR

Planet Money

30,692 Listeners

Global News Podcast by BBC World Service

Global News Podcast

7,623 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

9 Listeners

Dan Snow's History Hit by History Hit

Dan Snow's History Hit

4,762 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

33 Listeners

The Ancients by History Hit

The Ancients

3,379 Listeners

Spektrum by RSG

Spektrum

1 Listeners

Naweekaktueel by RSG

Naweekaktueel

0 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

0 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners