Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,386 episodes available.
April 12, 2024Monitor 12 April 2024Maart was wéér, vir die tiende agtereenvolgende maand, die warmste maand op rekord. Plantgebaseerde alternatiewe produkte vir vleis sal nou permanent op winkelrakke beskikbaar wees. Twee brandweermanne durf die Twee Oseane-halfmarathon met hulle volledige uitrustings aan - vir 'n goeie doel....more51minPlay
April 11, 2024Monitor 11 April 2024Die stadsraad van Ekurhuleni in Gauteng kies na alle verwagting vandag ’n burgemeester. E-tol kom tot ’n einde, maar jy sal steeds jou agterstallige tolgeld moet betaal. Outisme-diagnoses neem toe....more49minPlay
April 10, 2024Monitor 10 April 2024Oudpresident Jacob Zuma mag as kandidaat in die verkiesing staan. Die Hooggeregshof gevra om Zuma se private vervolging van Billy Downer en Karyn Maughan te skrap. Die Persombud tik Rapport en Media 24 oor die vingers....more51minPlay
April 09, 2024Monitor 9 April 2024Uitspraak word vandag verwag in die hofsaak om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma op die stembrief sal verskyn. Nuwe riglyne word bekendgestel, wat beurtkrag tot op vlak 16 moontlik maak. Hoe voel jy oor 'n ANC/EFF-koalisieregering? Ons vind uit of dit kan gebeur....more49minPlay
April 08, 2024Monitor 8 April 2024Skole is in drie distrikte van die Wes-Kaap gesluit weens stormweer. Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het 'n paar brande suksesvol bekamp. Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die ANC beplan om die DA in die Wes-Kaap te onttroon. Ons praat met die Cheetahs oor die groot vraag: Moet die Curriebeker voortgaan soos geskeduleer?...more50minPlay
April 05, 2024Monitor 5 April 2024Politieke partye beloof om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig. Die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal weer op 4 Junie in die hof verskyn. NAVO vier sy 75ste bestaansjaar - wat hou die toekoms in vir dié verdagsorganisasie?...more51minPlay
April 04, 2024Monitor 4 April 2024Die EFF open 'n saak van crimen injuria by die polisie teen die DA-raadslid in Knysna, Sharon Sabbagh. Politieke partye is verlig oor die bedanking van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as Speaker van die Nasionale Vergadering. Vier nasionale parke gaan vergroot word....more51minPlay
April 03, 2024Monitor 3 April 2024Dit is onduidelik wanneer Nosiviwe Mapisa-Nqakula haarself aan die polisie sal oorgee, of in hegtenis geneem word. Die Inkomstediens het meer geld ingevorder as verwag. Die tweepot-stelsel vir aftreegeld is een tree nader daaraan om in werking gestel te word....more48minPlay
April 02, 2024Monitor 2 April 2024Die renosterbedryf reageer op die regering se plan om die teel-in-aanhouding van renosters en ander wilde diere te stop. Ons praat oor fopnuus wat weer kop uitsteek. 'n Boek oor 'n Suid-Afrikaanse Mossad-agent sien die lig....more50minPlay
April 01, 2024Monitor 1 April 2024Eskom se regstreekse kliënte sal van vandag af duurder betaal vir krag. Daar word voorgestel dat leefstyloudits op senior parlementariërs gedoen word. 'n Aantal senior ANC-lede in Noordwes verskyn nie op die party se provinsiale kandidaatlys nie....more52minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,386 episodes available.