Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,391 episodes available.
March 22, 2024Monitor 22 Maart 2024Die voormalige bestuurshoof van Steinhoff, Markus Jooste, neem sy eie lewe 'n dag nadat hy 'n boete van R475-miljoen opgelê is. Die Nasionale Vergadering vra dat die Spesiale Ondersoekeenheid die SAL-Takatso-transaksie ondersoek. Johannesburg-huishoudings oorskry daagliks die gemiddelde toelaatbare waterverbruik. 'n Splinternuwe erfenissentrum in die Wes-Kaap word gebou ter bevordering van die Khoi- en San-gemeenskappe....more50minPlay
March 21, 2024Monitor 21 Maart 2024Daar is groot teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake. Kleinhandelverkope het in Januarie met 2,1% op 'n jaargrondslag gedaal. Negentien kandidate ding mee om Senegal se volgende president te word. Ons fokus op die vordering wat gemaak is om Suid-Afrikaners se menseregte te bevorder....more49minPlay
March 20, 2024Monitor 20 Maart 2024Politieke partye eis die kop van die Speaker in die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die hoogeregshof staan 'n eis van R93 miljoen toe teen polisieminister Bheki Cele, weens misdadige polisiebeamptes. Zimbabwe en Suid-Afrika sluit 'n waterooreenkoms....more49minPlay
March 19, 2024Monitor 19 Maart 2024Private operateurs sal binnekort Transnet se spoorlyne kan gebruik. Goeie nuus wink vir dieselverbruikers by die vulstasie in April. Die DA wil hê die weermag moet help met die waterkrisis in Gauteng....more50minPlay
March 18, 2024Monitor 18 Maart 2024Spanning tussen die IVP en ANC tydens 'n tradisionele geleentheid in Nongoma, KwaZulu-Natal. Rusland gaan na die stembus, maar die verwagting is dat Wladimir Poetin weer met 'n groot meerderheid sal wen. Inwoners van Tshwane en Johannesburg word gemaan om water spaarsamig te gebruik....more48minPlay
March 15, 2024Monitor 15 Maart 2024Dreigemente teen die Verkiesingskommissie sal nié geduld word nie, waarsku die Minister in die Presidensie. Dit gons steeds oor 'n besluit om die Takatso/SAL-transaksie te kanselleer. Dis vandag Wêreld Slaapdag. Ons praat met 'n kenner oor die belangrikheid van wondersoete slaap....more49minPlay
March 14, 2024Monitor 14 Maart 2024Bykans tweemiljoen strafsake kon die afgelope sewe jaar nie afgehandel word nie weens gebrekkige dossiere. Die Takatso/SAL-transaksie is van die baan. Landbou is bekommerd oor die uitermate hitte en min reën....more46minPlay
March 13, 2024Monitor 13 Maart 2024Sivuyile Ngodwana behou, vir nou, sy posisie as burgemeester van Ekurhuleni nadat 'n tweede mosie van wantroue teen hom uitgestel word. Ons vind meer uit oor die stand van watersake in Johannesburg met die voortslepende watertekort in groot dele van die metro. 'n Werknemer van die Verkiesingskommissie kry die trekpas nadat kandidaatlyste uitlek - ons praat met 'n ontleder oor die OVK se beslissende optrede. Gauteng se moordsyfer styg met byna vier persent in die derde kwartaal van verlede jaar....more46minPlay
March 12, 2024Monitor 12 Maart 2024'n Meningsopname plaas Jacob Zuma se MK Party algeheel derde - en eerste in KwaZuluNatal, voor die verkiesing. Ramadaan begin amptelik vir Moslems in Suid-Afrika. 'n Rolprentmaker van Oekraïne palm 'n Oscar in....more47minPlay
March 11, 2024Monitor 11 Maart 2024Die IVP sê poste wat min of geen vaardighede vereis, moet vir Suid-Afrikaners gereserveer word. Die ACDP wil nuwe Bybelse wetgewing ter tafel lê. Al Jama-ah sê hy gaan die onwettige uitvloei van geld uit Suid-Afrika beveg. Die rolprent, Oppenheimer, is die groot wenner by vanjaar se Oscar-toekennings....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,391 episodes available.