Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,488 episodes available.
July 09, 2024Monitor 9 Julie 2024Nóg ontwrigtende reën, sterk wind en moontlike oorstromings in dele van die land. Openbare skole open vandag - ons praat met die nuwe Minister van Basiese Onderwys oor die uitdagings....more48minPlay
July 08, 2024Monitor 8 Julie 2024Portugese Suid-Afrikaners leef in vrees te midde van 'n reeks ontvoerings. Navorsing wys dat jong kinders in Krugersdorp die gas van uraan, arseen en kwik in asem, wat afkomstig is van ou myne. 'n Simulasie van 'n sending na Mars kom ná 'n jaar tot 'n einde. Die linkse Nuwe Populêre Front neem die voortou in die Franse parlemenêre verkiesing....more48minPlay
July 05, 2024Monitor 5 Julie 2024Druk laai op téén oudregter John Hlophe se nominasie as lid van die Regterlike Dienskommissie. Die magsbalans verskuif in Beaufort-Wes ná 'n DA-oorwinning. Vroeë aanduidings dat Brittanje 'n nuwe Eerste Minister sal hê....more45minPlay
July 04, 2024Monitor 4 Julie 2024Gauteng se premier Panyaza Lesufi kondig laatnag sy nuwe kabinet aan nadat onderhandelinge met die DA om 'n eenheidsregering te vorm vir die laaste keer skipbreuk gely het. Die raad bestaan nou uit sewe ANC--lede en drie lede uit die IVP, Rise Mzanzi en Patriotic Alliance. Intussen is die adjunkpresident en 75 ministers en adjunkministers beëdig - ons vra: Hoe verbonde voel hulle aan daardie eed wat hulle so plegtig afgelê het? eThekwini hoop op 'n stewige toerismemeevaller met die naweek se Durban July-perdewedrenbyeenkoms....more45minPlay
July 03, 2024Monitor 3 Julie 2024Wéér geen ooreenkoms tussen die DA en ANC in Gauteng nie. Die VN bevind dat die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee onwettig is. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?...more46minPlay
July 02, 2024Monitor 2 Julie 2024Onderhandelinge vir 'n nuwe provinsiale uitvoerende raad in Gauteng bereik 'n dooiepunt. Daar is intussen steeds baie reaksie op die nuwe kabinet wat Sondagaand aangekondig is. Kabeldiefstal in Ventersdorp in Noordwes is 'n ernstige probleem vir sakeondernemings en boere....more49minPlay
July 01, 2024Monitor 1 Julie 2024Ons fokus ons op die nuwe kabinet, en praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Monitor is vandag 50 jaar oud....more47minPlay
June 28, 2024Monitor 28 Junie 2024Verskeie stigtings stel 'n nasionale dialoog voor om die land te red, maar nie almal stem saam dat dit nodig is nie. Werkers wat die ineenstorting van 'n gebou in Mei oorleef het, sê dit gaan nou sleg met hulle. Solidariteit verskerp sy stryd teen afleggings by Media24....more50minPlay
June 27, 2024Monitor 27 Junie 2024Instansies betreur die inhuldiging van parlementslede wat strafregtelik aangekla word. 'n Duidelike swaai na regs in Europese verkiesings. 'n Projek op die Kaapse Vlakte om die polisie te help om vermiste kinders te soek....more47minPlay
June 26, 2024Monitor 26 Junie 2024Voormalige regter John Hlophe, wat weens beskuldigings van korrupsie van die regbank verwyder is, word as 'n MK-parlementslid ingehuldig. Onderhandelinge tussen die ANC en die DA is gister voortgesit, maar sal dit vandag lei tot die aankondiging van ‘n kabinet? Die Chinese bring maanrotse terug wat vir die eerste keer van die donker kant van die maan versamel is. Werkloosheid neem toe....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,488 episodes available.