Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,532 episodes available.
August 26, 2024Monitor 26 Augustus 2024Nóg 'n brandende gebou in Johannesburg eis lewens. 'n Nuwe inisiatief om vroue en kinders wat erg getraumatiseer is deur geslagsgebaseerde geweld, by te staan. 'n 72-jarige Suid-Afrikaner stel sy eerste rolprent as regisseur vry....more52minPlay
August 23, 2024Monitor 23 Augustus 2024Floyd Shivambu organiseer nou die MK-Party. R67 miljoen vir sportontwikkeling bewillig. 'n Nuwe veldtog om kinders wat skool toe stap, te beveilig....more47minPlay
August 22, 2024Monitor 22 Augustrus 2024Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gaan nie die presidensiële gesondheidsverdrag onderteken nie. Ons fokus op die uittredende hoofregter Raymond Zondo se invloed op die bevordering van demokrasie en die politiek. Tim Walz aanvaar amptelik sy benoeming as die Demokratiese Party se visepresidentskandidaat....more47minPlay
August 21, 2024Monitor 21 Augustus 2024Vrae oor bewerings dat bendelede die topvlakke van die polisie in die Wes-Kaap geïnfiltreer het. Die Minister van Binnelandse Sake sê die departement se werkswyse is 'n bedreiging vir nasionale veiligheid. Kommer oor 'n brand by 'n skool in Eldorado Park, waar daar 'n voorval van messtekery onder leerlinge was. Die Universiteit van Pretoria teken 'n ooreenkoms om malaria in die SADEK-streek te beveg....more48minPlay
August 20, 2024Monitor 20 Augustus 2024Die ANC gaan nie sy provinsiale uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal ontbind nie. Die Tshwane Metro sê eiendomskaping is aan die toeneem. Ons fokus op die Amerikaanse Demokratiese Party se Nasionale Konvensie....more48minPlay
August 19, 2024Monitor 19 Augustus 2024Die ANC se leier in Gauteng, Panyaza Lesufi, waarsku lede teen leedvermaak oor Floyd Shivambo se uittog uit die EFF. Inwoners van Riverlands in die Swartland is bekommerd nadat 'n vierde dam oorstroom. Sommige politieke partye is ongelukkig oor die Koalisiewetsontwerp. Die 95 Libiërs wat militêre opleiding in Suid-Afrika ontvang het, word gedeporteer....more48minPlay
August 16, 2024Monitor 16 Augustus 2024EFF-leier Julius Malema verwag dat talle lede die party sal verlaat nadat Floyd Shivambo na die MK-party oorgeloop het. Skoolveiligheid kom onder die loep ná 'n skietvoorval by 'n skool in Eldoradopark in Johannesburg. Rusland mobiliseer om Oekraïne se inval teen te staan....more51minPlay
August 15, 2024Monitor 15 Augustus 2024Verbruikers het in Junie vanjaar meer klere en skoene gekoop as 'n jaar gelede. Die SAUK-wetsontwerp is terug na die parlement gestuur. Israel gaan voort met aanvalle teen Hamas in die Gasastrook, ure voor beplande vredesamesprekings....more50minPlay
August 14, 2024Monitor 14 Augustus 2024Een uit drie volwassenes in Suid-Afrika is werkloos. Johannesburg maak gereed vir 'n nuwe burgemeester. 'n Einde aan diskriminasie teen linkshandiges word bepleit. Namibië beoog om 'n radioteleskoop te bou wat in die millimetergolflengte-spektrum sal kan waarneem - dit sal die eerste van sy soort in Afrika wees. Die parlement se justisiekomitee wil hê 'n nuwe adjunk openbare beskermer moet teen die einde van November aangestel wees....more47minPlay
August 13, 2024Monitor 13 Augustus 2024Ace Magashule se voormalige assistent, Moroadi Cholota, sê die staat se saak teen haar is swak. OUTA vra die parlement om in te gryp om die SA Maritieme Veiligheidsowerheid reg te ruk. Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê werkloosheid is wêreldwyd aan die afneem onder jongmense....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,532 episodes available.