Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,391 episodes available.
January 26, 2024Monitor 26 Januarie 2024Die Internasionale Geregshof lewer later vandag uitspraak in die Suid-Afrikaanse regering se volksmoord-saak teen Israel. Die stryd teen die brand in die Wolseley-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Die Reserwebank laat die rentekoers vir die vierde keer onveranderd op 8,25%....more50minPlay
January 25, 2024Monitor 25 Januarie 2024Drankmisbruik is die hoofoorsaak van padsterftes oor die feestyd. Die Veelparty Handves onderneem om eiendomsreg te beskerm. Ekonome verwag nie dat rentekoerse vandag sal daal nie....more49minPlay
January 24, 2024Monitor 24 Januarie 2024Politieke partye kritiseer die premier van Noordwes, Bushy Maape, nadat hy na Thailand reis om mediese behandeling te ontvang. Donald Trump word voorspel om die Amerikaanse deelstaat, New Hampshire, se Republikeinse voorverkiesing te wen. Die rand begin effens versterk teen die Amerikaanse dollar....more50minPlay
January 23, 2024Monitor 23 Januarie 2024Daar is verskeie opsies vir matriekleerlinge wat gedruip het - ons praat met 'n onderwyskenner. Opposisiepartye bevraagteken weermagvlugte na ANC-bedrywighede. Die MK-party werk saam met ander linkse partye - 'n politieke ontleder bespreek die moontlikheid van 'n linkse koalisie....more49minPlay
January 22, 2024Monitor 22 Januarie 2023Die regering gaan voort met sy plan om 'n onderwys-sertifikaat vir graad nege leerlinge in te stel. Die redakteursforum, SANEF, en Media Monitoring Africa vra die parlement om die SAUK-wetsontwerp terug te trek. Die politieke party, Rise Mzansi, wil wanfunksionele munisipaliteite onder administrasie plaas, indien hy aan bewind sou kom....more49minPlay
January 19, 2024Monitor 19 Januarie 2024Onderwyskenners ontleed die matrie-uitslae. Pakistan loods teenaanvalle op Iran en kommer oor hongersnood en dodelike siektes in Gaza....more50minPlay
January 18, 2024Monitor 18 Januarie 2024Die Onafhanklike Eksamenraad se matriek slaagsyfer is hoër as verlede jaar. 'n Styging in die brandstofprys word vir Februarie verwag en twee gevalle van Cholera is in Limpopo aangemeld....more47minPlay
January 17, 2024Monitor 17 Januarie 2024Die land se skole begin vandag....maar plek-plek is daar probleme. Nóg ontwrigtende reën vir KwaZulu-Natal en die Wonderboom-lughawe in Pretoria gaan privaat bestuur word....more48minPlay
January 16, 2024Monitor 16 Januarie 2024Kan Suid-Afrika se regsoptrede teen Israel Westerse beleggers afskrik? Die gemeenskap van Lethabo-park in Kimberley in the Noord-Kaap trek saam om leerlinge skoolgereed te kry. Die Kaapse Metro word van die selektiewe toepassing van munisipale regulasies beskuldig na die toeverf van 'n Palestynse vlag in die Bo-Kaap en die DA soek antwoorde, na Krieket Suid-Afrika se besluit om David Teeger van sy onder-19-kapteinskap te onthef....more51minPlay
January 15, 2024Monitor 15 Januarie 2024Meer as 16-duisend misdadigers is verlede jaar saam met oud-president Zuma vrygelaat.. Sterrekundiges is opgewonde oor die sogenaamde Groot Ring wat ondek is en die sanger Koos du Plessis is vandag 40 jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,391 episodes available.