Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,386 episodes available.
March 01, 2024Monitor 1 Maart 2024Die soektog na die vermiste Joslin Smith van Saldanha duur onverpoosd voort. Reaksie op Transnet se nuwe leierskap. Die Wetsontwerp op Skuldverligting aan Eskom is na die president verwys om dit te onderteken....more47minPlay
February 29, 2024Monitor 29 Februarie 2024Politieke skaakstukke val in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap, en dalk ook vandag in Ekurhuleni in Gauteng. Die polisie se hoofkantoor in Pretoria word gesluit omdat dit nie aan die vereistes van beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen nie. Vyf verdagtes in die hof in verband met die moord op die rap-kunstenaar, Kienan 'AKA' Forbes, en sy vriend, Tebello 'Tibs' Motsoane....more50minPlay
February 28, 2024Monitor 28 Februarie 2024Ses in hegtenis geneem vir die moord op AKA, maar hoe verloop die strafregproses nou? Action SA wys Angela Sobey as sy premierskandidaat vir die Wes-Kaap aan. Kommer oor die groot aantal renosters wat in KwaZulu-Natal gestroop word....more51minPlay
February 27, 2024Monitor 27 Februarie 2024Die verkiesingskommissie verwerp sommige politieke partye se klagtes dat daar te min tyd is om registrasieprosse af te handel. Die soektog in Saldanha in die Wes-Kaap na die vermiste sesjarige Joslin Smith gaan voort. Die Amerikaanse president, Joe Biden, hoop dat 'n tydelike skietstaking in die Gazastrook teen Maandag bereik sal word....more49minPlay
February 26, 2024Monitor 26 Februarie 2024Pro-Palestynse aktiviste betoog landwyd vir 'n einde aan die oorlog tussen Israel en Hamas. Ons bespreek die verskil in beleid tussen die drie grootste politieke partye. Oudpresident Donald Trump stewig op koers na nóg 'n presidentsbenoeming....more51minPlay
February 23, 2024Monitor 23 Februarie 2024Gemeenskapsforums in die Noord-Kaap stig 'n nuwe politieke party. Die Tesourie ken R1,4 miljard toe aan Nasionale Gesondheidsversekering. Statistieke Suid-Afrika sê minder toeriste het in gastehuise tuisgegaan in Desember verlede jaar....more47minPlay
February 22, 2024Monitor 22 Februarie 2024Die parlement stem ten gunste daarvan om twee regters te skors. 'n Video van 'n Suid-Afrikaner wat sy lot in Ierland bekla, ontketen 'n debat op sosiale media. Honderde veteraanmotors, presies soos die dag toe hulle vervaardig is, word onder 'n dik laag stof in 'n skuur ontdek....more49minPlay
February 21, 2024Monitor 21 Februarie 2024Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei stembus toe. Meer as 60 beweerde aanhitsers van die 2021-onluste van terrorisme aangekla. Sal ons meer inkomstebelasting betaal, of sal daar aan dienste besnoei word?...more49minPlay
February 20, 2024Monitor 20 Februarie 2024Kommer dat skuld dalk in Finansminister Enoch Godongwana se begroting sal toeneem. Roger Jardine se nuwe party, Change Starts Now, sal 'n welvaartsbelasting inspan om die land reg te ruk. 'n Afvaardiging van omgewingsaktiviste en regeringsamptenare besoek Munsieville aan die Wes-Rand om waterbesoedeling te ondersoek....more49minPlay
February 19, 2024Monitor 19 Februarie 2024Die DA-leier sê sy party werp alles in die stryd vir die verkiesing. Varkpes breek wéér uit in die Wes-Kaap. Honderde Russe in hegtenis geneem ná die dood van die opposisiepolitikus Alexei Nawalni....more41minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,386 episodes available.