Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,488 episodes available.
August 20, 2024Monitor 20 Augustus 2024Die ANC gaan nie sy provinsiale uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal ontbind nie. Die Tshwane Metro sê eiendomskaping is aan die toeneem. Ons fokus op die Amerikaanse Demokratiese Party se Nasionale Konvensie....more48minPlay
August 19, 2024Monitor 19 Augustus 2024Die ANC se leier in Gauteng, Panyaza Lesufi, waarsku lede teen leedvermaak oor Floyd Shivambo se uittog uit die EFF. Inwoners van Riverlands in die Swartland is bekommerd nadat 'n vierde dam oorstroom. Sommige politieke partye is ongelukkig oor die Koalisiewetsontwerp. Die 95 Libiërs wat militêre opleiding in Suid-Afrika ontvang het, word gedeporteer....more48minPlay
August 16, 2024Monitor 16 Augustus 2024EFF-leier Julius Malema verwag dat talle lede die party sal verlaat nadat Floyd Shivambo na die MK-party oorgeloop het. Skoolveiligheid kom onder die loep ná 'n skietvoorval by 'n skool in Eldoradopark in Johannesburg. Rusland mobiliseer om Oekraïne se inval teen te staan....more51minPlay
August 15, 2024Monitor 15 Augustus 2024Verbruikers het in Junie vanjaar meer klere en skoene gekoop as 'n jaar gelede. Die SAUK-wetsontwerp is terug na die parlement gestuur. Israel gaan voort met aanvalle teen Hamas in die Gasastrook, ure voor beplande vredesamesprekings....more50minPlay
August 14, 2024Monitor 14 Augustus 2024Een uit drie volwassenes in Suid-Afrika is werkloos. Johannesburg maak gereed vir 'n nuwe burgemeester. 'n Einde aan diskriminasie teen linkshandiges word bepleit. Namibië beoog om 'n radioteleskoop te bou wat in die millimetergolflengte-spektrum sal kan waarneem - dit sal die eerste van sy soort in Afrika wees. Die parlement se justisiekomitee wil hê 'n nuwe adjunk openbare beskermer moet teen die einde van November aangestel wees....more47minPlay
August 13, 2024Monitor 13 Augustus 2024Ace Magashule se voormalige assistent, Moroadi Cholota, sê die staat se saak teen haar is swak. OUTA vra die parlement om in te gryp om die SA Maritieme Veiligheidsowerheid reg te ruk. Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê werkloosheid is wêreldwyd aan die afneem onder jongmense....more48minPlay
August 12, 2024Monitor 12 Augustus 2024Twee-derdes van alle misdaadsake bly onopgelos. Die MK-party wankel onder interne toutrekkery. Opruimingswerk gaan voort in Riverlands in die Wes-Kaap waar twee damwalle verlede week meegegee het. Genadiglik het dit daar opgehou reën....more48minPlay
August 09, 2024Monitor 9 Augustus 2024Inwoners van Riverlands buite Malmesbury vertel van hulle nagmerrie-ondervinding nadat plaasdamwalle breek. Vrouedag word vandag gevier. Zola Budd praat oor dáái voorval, 50 jaar gelede, by die Olimpiese Spele in Los Angeles. 'n Groot tekort aan ambulanse in die Oos-Kaap. Ons praat met oud-Bok Johan Muller oor môre se toets teen die Wallabies....more51minPlay
August 08, 2024Monitor 8 Augustus 2024Binnelandse Sake het die burgerskap van die Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Ade-tshina, ondersoek en bevind dat daar moontlik identiteitsbedrog gepleeg is. Die Vereniging van Staatsamptenare sê werknemers by die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur moet weens ondersoek word vir die verval by die polisie se hoofkwartier in Pretoria. Superkerninflasie sal voortaan ingespan word om rentekoerse te bepaal....more49minPlay
August 07, 2024Monitor 7 Augustus 2024ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party en sy alliansievennote begin uiteindelik mekaar vind wat betref die grondwet van die regering van nasionale eenheid. Die veelbesproke Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting is terug op die sewende administrasie se agenda. Ons praat met 'n ontleder oor Tim Walz, die Demokrate se keuse vir visepresident in Amerika....more47minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,488 episodes available.